Jump to content

Lourisa: hallo almal.


Lourisa

Recommended Posts

Hallo, ek en my man, Christo, het drie weke gelede finaal besluit om te emigreeer na oz. Die eerste week na ons besluit was maar rof. Dit het gevoel of ons oor niks rakende die emigrasie saam gestem het nie, elkeen wou die proses verskillend hanteer en ons het baie baklei. Later het ek besef ons reaksie op die hele storie is baie soos reaksies in die rouproses. Ons wil nie weg gaan en ons mense hier los, maar sien geen ander uitweg meer nie, ons twee seuns moet ons prioriteit wees. Nou, na die aanvanklike skok en woede, werk ons goed saam en ondersteun mekaar. Ons het al die dokumente van binnelandsesake aangevra, Christo is besig met sy ACS en ons skryf in Jnie die IELTS - moet ons stres daaroor?

Dankie vir hierdie waardevolle forum, reeds baie geleer.

Sterkte vir julle almal.

Edited by Lourisa
Link to comment
Share on other sites

Hi Lourisa & Christo

Geluk met julle besluit, ek hoop dat alles vir julle seepglad sal afloop!

Waar in Aus dink julle aan om te bly?

Link to comment
Share on other sites

Hallo julle, :) welkom by die forum.

Weet hoe julle voel :blink: , ons het ook nie uitweg gehad om maar oorsee te kom bly en werk nie, finansieel en andersins.

Ons is ou Potch'ers, daar geskool, geswot en trou!

Hoop als verloop vlot vir julle... :thumbdown:

Bianca

Link to comment
Share on other sites

Hi

Ai die emosies wat so wipplank kan speel - ek voel ook partydae vuur en vlam en dan begin die twyfel weer.. Dis seker maar normaal, is dit nie.

Maar my verstand se daar is nie rerig 'n ander uitweg nie!

Sterkte - ons is van Pta en ook oppad

Link to comment
Share on other sites

Hi Lourisa & Christo

Geluk met julle besluit, ek hoop dat alles vir julle seepglad sal afloop!

Waar in Aus dink julle aan om te bly?

Hallo Mara. Op hierdie stadium gee ons nie regtig om waar ons gaan bly nie - waar ookal ons kan werk kry. My man is 'n programmeerder en ek 'n kleuterskool onderwyseres. Een van ons sal aanvanklik by die huis bly om die seuns te help aanpas.

Dankie vir jou belangstelling. Enige raad is welkom.

Groete :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...