Jump to content

Sommer net nonsense op 9 April 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 9 April 2007

Die langnaweek is besig om ten einde te kom. Besig gewees. Jare gelede was ek en my gesin amper in ‘n ongeluk betrokke gewees op paasnaweek. Ek het toe besluit om sovêr moontlik, in die dae van die vêr paaie af te bly. Die naweek was geen uitsondering nie, behalwe dat ons met ‘n bus na ‘n plattelandse perde wederen byeenkoms was. Clare is die dorpie se naam en is so 130km vanaf Adelaide.

Die Renshaw gesin gaan al vir die afgelope 32 jaar na die byeenkoms. Drie jaar gelede het ons Travis se Bachelors, hier noem hulle dit ‘n “Buck party” daar gevier. Dit was ook ons eerste besoek aan Oz op daai stadium. Op daai stadium het ek die wenners van die eerste twee wedlope uit ‘n koerant gepick. Die manne het aanvanklik met respekte na my gekyk. Die res van die dag het ek net verloor en dit was as “beginners luck” beskryf.

Saterdag was dit weer so. Net die keer was daar geen beginners luck nie. Toe ek by die derde wederen kom en my perde nog steeds hol, besluit ek wyslik om net na die perde en mooi mense te kyk. Man, braai ek toe nie lekker nie. Met vriend Bachus en ‘n braaitang in die hand, geniet ek toe die res van die dag se verigtinge. Clare is ook wyn en koring wêreld en ‘n mens kan jou maklik verbeel jy is in die Swartland. Met ‘n bus om jou huis toe te vat, geld in jou sak, mooi mense net waar jy kyk, wat wil jy nou meer hê?

Moet sê, dit is goed om jou vrou ook by jou te hê, om jou nie laat laat afdwaal nie. Darem goed om te weet daar is iemand wat na jou sal kyk. Dit help natuurlik ook as sy ‘n sak vol medikasie saamry. Net vir die wis en onwis, sien.

Die wysheid en gerief van ‘n bus word daai aand net weer beklemtoon toe ons deur twee blaas orkeste gaan. Die Ozzies vat nie nonsense van drink en bestuur nie en die mense gehoorsaam die reëls.

Gisteraand is ons toe na ‘n Italiaanse ete ter ere van die Pase. Ek dink daar was 10 verskillende soorte pastas. Die gasvrou se tradisie is dat sy self inskep. Omdat ek stewig van aansien is, moes julle berge pasta sien wat ek noodwendig moes verorber. Die gasheer maak ook sy eie wyn en elkeen het sy eie bottel gekry wat jy moes klaarmaak om die perd nie in die gesig te vat nie. “Moral of the story” ek het seker weer 5 kilos die naweek opgetel. Moet sê ek hou van die Italiaanse tradisie dat die vrou nog vir haar man opskep. Die Ozzies doen dit mos nie en my vrou het ook in die slegte gewoonte verval. As sy my los, ek bid elke aand dat sy dit nooit sal doen nie, kry ek vir my Italiaanse tannie wat my aan my hart sal laat doodgaan. Die Italiaanse motto is is juis dat “food and sex is where life begins” Die perde het ‘n punt daar beet.

Krieket. Man, vandat ek my lojaliteite uitgesort het, kyk ek lekker krieket. Ek weet ek het gesê ek wed nie weer op krieket nie, ek moet nog my skuld betaal, maar ek sal nou enige dag my geld op die Ozzies sit. Julle span Palookas kan maar huis toe gaan.

My Footy span, “Port Power” hol ook oor hulle oponente. Ek dink ons vat die “Adelaide Crows” volgende week aan. Gaan ‘n stryd soos min wees. Sal ook ‘n aanduiding wees van my span se pogings vir die res van die seisoen.

Annette sê agter my aan “Power, Power, Power”

Hulle is ook nog vry van beskuldigings dat hulle boom rook. Gepraat van boom. Die perde in Adelaide is baie presies as dit by boom kom. Hulle groei dit in spesiale “hot houses” Daar word al gespot met die rykes wat “hot houses” kan bekostig.

Gelukkig gaan die kort week my alie goed doen. Ja ek jaag nog voort. Moet “Pokie” money verdien, sien. Groete.

Link to comment
Share on other sites

Goeie een, Jan!!! ;)

Jaaa, dis nogal waar hoe 'n mens party dinge kan oorkom. Ek het die naweek agtergekom ek lyk blykbaar nie meer soos 'n "spring chicken" nie. (Die jare begin vir my weghardloop, newwermaaind inhaal!)

Hierdie naweek was ons mos heeltyd daar by die Adelaide 7's Rugby gewees. My seun vra die Suid-Afrikaanse span se handtekeneinge en terwyl ons so staan merk ek op aan van die 7's Bokke: "Julle ouens het darem wragtig goed gespeel in daai wedstryd teen Kenia!"

Een van die Bokke kyk na my en se: "Haai, dankie oom!" B):):P

Groete,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Die i.tai ete klink na 'n wen wat meer wil 'n mens hê as lekker geselskap, goeie kos en 'n bottel wyn. Ek stem nogal saam met jou oor ons krieketspa, hulle wen teen die blinde skool dan dink hulle, hulle is goed ! Wanneer ons eers in ons nuwe land is sal jy ons moet leer van Footy.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...