Jump to content

3 maande hier


Blossom

Recommended Posts

Ek is 'n nuwe gebruiker van die forum, moet se ek was so bly om weer Afrikaans te sien/lees. Ons is nou al 3 maande hier in Adelaide en geniet dit vreeslik.

Alles was 'n groot aanpassing veral om verblyf te kry was 'n gesukkel. My man het 'n maand vooruit gekom omdat hy moes begin werk. Ons moes 'n gemeubeleerde plek kry terwyl ons gewag het vir die meubels om per skip hier aan te kom. Die eerste plekkie was in een van Adelaide se omliggende dorpies en was nie te sleg nie, maar toe moes ons ernstig begin soek na 'n groter en meer semi permanente plek om al ons meubels te huisves. Ons het uiteindelik hierdie lelik van buite maar mooi van binne plek in die Adelaide Hills ontdek. Ons was in die wolke, die huur is redelik, die uitsig wonderlik en die weer was nie so warm hier bo in die Hills nie.

Maar o wee....'n "landlord from Middle Earth"! Eers het ons kontrak met die eienaar self gesluit en alles volgens die boek gedoen, net jammer hy wou nie sy deel bring nie. Onder andere was die erf vol ou gedroogte takke en stompe, die huis was vuil en die vloere stukkend. Hy wil niks regmaak nie en het sommer begin skree op ons. Dis 'n vreeslike lang en lelike storie maar op die ou einde deel ons nou met 'n verhurings agent en dinge gaan nou goed.

My raad aan almal is om liewer met 'n agent te deel as om privaat by mense te huur.

Ek sal daarvan hou om met mede saffers te gesels, dinge raak maar bietjie eensaam.

Welkom aan almal wat die Groot Trek deur gemaak het. Dit was nie kinderspeletjies nie, ne? ;)

Groete,

Betsy

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Hi Betsy en welkom in Adelaide. Nee man, julle moenie eensaam raak nie, daar is sommer baie van ons hier. Ons is vier maande al hier... ;)

Ek is jammer om te hoor van jou slegte ondervinding met julle landlord. Het julle getrek of in dieselfde huis toe gebly? Het jy kinders/werk al? Ek sal vir jou 'n Pm stuur dan drink ons 'n koffie saam.

Groete Bronwyn

PS. Ons landlord dink omdat ons 'buitelanders' is, is ons sommer stupid. Hy praat baie stadig met ons, and verduidelik dat hulle 'Recycle' hier, en ons moet nie die rubbish meng nie, en vertel dat hulle sulke goed hier het wat 'sprinkler systems' genoem word. Die ander amazing ding is dat hulle iets hier het wat hulle noem 'internet banking' Go figure. Ek wou vir die ou se dat hulle internet banking sommer honderde jare agter die van Suid Afrika is, maar wou nie ongeskik wees nie. B):):P Anyways.

Edited by Bronwyn
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...