Jump to content

Betsy: 3 maande hier


Blossom

Recommended Posts

Ek is 'n nuwe gebruiker van die forum, moet se ek was so bly om weer Afrikaans te sien/lees. Ons is nou al 3 maande hier in Adelaide en geniet dit vreeslik.

Alles was 'n groot aanpassing veral om verblyf te kry was 'n gesukkel. My man het 'n maand vooruit gekom omdat hy moes begin werk. Ons moes 'n gemeubeleerde plek kry terwyl ons gewag het vir die meubels om per skip hier aan te kom. Die eerste plekkie was in een van Adelaide se omliggende dorpies en was nie te sleg nie, maar toe moes ons ernstig begin soek na 'n groter en meer semi permanente plek om al ons meubels te huisves. Ons het uiteindelik hierdie lelik van buite maar mooi van binne plek in die Adelaide Hills ontdek. Ons was in die wolke, die huur is redelik, die uitsig wonderlik en die weer was nie so warm hier bo in die Hills nie.

Maar o wee....'n "landlord from Middle Earth"! Eers het ons kontrak met die eienaar self gesluit en alles volgens die boek gedoen, net jammer hy wou nie sy deel bring nie. Onder andere was die erf vol ou gedroogte takke en stompe, die huis was vuil en die vloere stukkend. Hy wil niks regmaak nie en het sommer begin skree op ons. Dis 'n vreeslike lang en lelike storie maar op die ou einde deel ons nou met 'n verhurings agent en dinge gaan nou goed.

My raad aan almal is om liewer met 'n agent te deel as om privaat by mense te huur.

Ek sal daarvan hou om met mede saffers te gesels, dinge raak maar bietjie eensaam.

Welkom aan almal wat die Groot Trek deur gemaak het. Dit was nie kinderspeletjies nie, ne? :blink:

Groete,

Betsy

Link to comment
Share on other sites

Hallo Betsy,

Welkom in Adelaide, jammer julle het so 'n ietwat stamperige begin gemaak. Ek hoop alles is nou so half aan die afskaal en kalmeer na 'n roetine toe. Laat weet as jy enige hulp nodig het of net bietjie wil chat.

Link to comment
Share on other sites

Marius en Bronwyn,dankie vir die terug kom na my toe. Dis eintlik wonderlik om hier te wees, die plek is goed vir 'n mens se siel. Ek kyk nie meer oor my skouer die heel tyd nie. Vanoggend op die stoep gestaan en koffie drink en kyk hoe kom die son op. Ek het nie woorde om die mooi en grootsheid van die wereld te beskryf nie! Die Hills is pragtig en rustig EN veilig.

Link to comment
Share on other sites

Betsy,

get your husband to give me a ring about you guys coming round our place for a barbie.

We live in the Hills, too, a few kms the other side of Mt. Barker near the summit, about 20 mins drive along the freeway for you guys.

041 255 3725

Bob North

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy, Ek hoop jy en jou gesin het nou al lekker "ingesettle" Hou ons so nou en dan op hoogte met julle doen en late, hoe ondervind julle die "day to day"

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal

Betsy ek wens ek is al daar. Dit klink vir my asof jy is waar ons graag wil wees. Ek het nou op die net gekyk na die Hills omgewing en dit lyk pragtig. Is daar dorpies naby genoeg aan Adelaide indien mens daar moet werk?

Wat kan julle aanbeveel vir my? My kinders is in Universiteit, Megatroniese Ingenieurswese 2de jaar tans, matriek en gr 8. So ek sal graag na skole ook wil kyk. Ons was nou die vakansie in Hazyview en is mal oor die natuur, lyk vir my asof die Hills so iets is, so ek weet my man sal gelukkig kan wees.

Wat is die huispryse, ens in die omgewing. Ek sal enige verdere inligting en fotos werklik baie waardeer.

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Hallo Rocky,

Ons het eers onder in Adelaide gebly en dit was nie sleg nie, net warm. Toe ontdek ons die Hills! Dis koeler hier bo, ek het nie eers die 40 grade van nou die dag gevoel nie. Ek is veral mal oor die villages hier, dis so 'n rustige atmosfeer en die mense is so vriendelik. Dit is regtig mooi hier tussen die groot bome en die kronkel paadjies. Waar ons bly is dit so 20 kilos van Adelaide af, glad nie ver nie. My man gebruik die (goeie) busdiens en dit vat hom so 35 minute werk toe. Al die universiteite, skole ens. is in Adeliade en maklik bereikbaar.

Ek sal later vir jou 'n paar fotos attach sodat jy kan sien waarvan ek praat.

Adelaide bo!

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy,

Ek is nou in dieselfde botjie waarin julle was: Het eers alleen oorgekom om te settle en met my werk te begin, en my vrou en die kinders kom eers einde Mei oor wanneer die meubels arriveer (hopelik). Ek het vir ons 'n huurhuis in Newton (Noord-Oostelike area) gekry, grotendeels omdat daar nie regtig tyd was vir veel rondsoek nie, en omdat ek ingelig is dat huurhuise BAIE skaars is in Adelaide. Gelukkig het ek darem 'n heel ok pleekie gekry met genoeg ruimte vir my groot gesin. Sal graag 'n paar ex-Suid Afrikaners wil ontmoet een of ander tyd, so laat my weet wat julle kontak details is.

Groete,

Lourens

Link to comment
Share on other sites

Hi Lourens,

Wonder net hoe dit met jou gaan, ek weet dis nie lekker om so alleen te wees nie. Is jy al gesettle en het jy al 'n ryding? Jy kan seker nie meer wag vir jou gesin om by mekaar te wees nie.

My man het ook alleen oor gekom en ons het daar agter gebly, dit het gevoel of ek een van my ledemate verloor het. Maar jy moenie worry nie, voor jy jou oe uitvee is jy en jou gesin in 'n roetine en alles is (amper) back to normal.

Jy kan my pm as jy wil vir 'n geselsie of gesels met die mense op die forum. Hier is rerig great mense wat jou hope raad kan gee.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Betsy,

Ek sien vandag vir Lourens, ek woon ook hier in Newton waar hy gaan woon. Ek sal hom ook aan 'n paar ander Saffers voorstel.Moenie worry nie, ons sal vir hom uitkyk terwyl sy gesin nie hier is nie.

Link to comment
Share on other sites

Lourens was vandag hier gewees, alles gaan OK met hom. Hy pas sover goed aan en is gelukkig. Wag net vir sy familie en container dan kan hy settle en wortel skiet. :)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...