Jump to content

Afrikaanse Kerkdienste in Hallet Cove, Adelaide


Dax

Recommended Posts

Ek onthou iemand het iewerste iets in hierdie verband genoem.

Kan iemand my dalk nadere inligting gee? Is daar werklik Afrikaanse Dienste in die suide van Adelaide? Waar en watter tye?

Ek sal dankbaar wees. Ek en my vrou sal graag wil hoor van 'n denominasie wat nie TE charismaties is nie. :ilikeit:

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Hi Dax,

Ons was bietjie lanklaas daar, so ek is nie seker hoe dinge gaan met die Hallet Cove Dienste nie. Die Afr dienste in Campbelltown is die 4de Sondag van elke maand. Die Hallet cove dienste is altyd die tweede sondag (dink ek, maar ons het dit al verkeerd gehad). Dis 6 uur by die Halet Cove East Primary School se skoolsaal. Elke ou vat 'n bord eetgoed vir na die diens. Die ker se webblad is: http://www.adelaide-church.org/index.php. Jy kan luister na preke op die webblad ...

Annette

Link to comment
Share on other sites

Hi Dax,

Ons was bietjie lanklaas daar, so ek is nie seker hoe dinge gaan met die Hallet Cove Dienste nie. Die Afr dienste in Campbelltown is die 4de Sondag van elke maand. Die Hallet cove dienste is altyd die tweede sondag (dink ek, maar ons het dit al verkeerd gehad). Dis 6 uur by die Halet Cove East Primary School se skoolsaal. Elke ou vat 'n bord eetgoed vir na die diens. Die ker se webblad is: http://www.adelaide-church.org/index.php. Jy kan luister na preke op die webblad ...

Annette

Dankie Annette,

Ons sal dit probeer.

Ons was al by die Campelltown diens, was baie goed, maar Campelltown is 'n bietjie ver van Aberfoyle Park af.

Groete,

dax

Link to comment
Share on other sites

Dis reg ja,

Ons woon in Bellevue Heights, so net om die draai van julle af ... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hi Annette,

Ek het sopas in Adelaide geland. Nou 2 weke hier en hieride week begin werk. Ek het vir ons 'n huurhuis in Newton, naby Campbelltown, gekry. Kan jy vir my laat weet presies waar die Afr kerkdienste in Campbelltown gehou word?

Is daar enige opkomende social events vir ons saffers waarvan jy weet ?

Lourens

Link to comment
Share on other sites

Hallo Lourens.

Die dienste is by die Christian reformed church in Hill Street, Campbelltown. As jy uit Lower North East Road indraai in Hill Street, is die kerk 'n hele ent af in die straat aan die regterkant, in die gronde van die ouetehuis. Dit is 'n kleinerige agthoekige gebou in ligte baksteen. Dit lyk meer soos 'n saal as 'n kerk. Die volgende diens is hierdie komende Sondagaand om 6 uur. Bring 'n bordjie eetgoed vir na die tyd saam met die tee.

Sien jou daar! :ilikeit:

Daar is nie enige socials waarvan ek weet nie..

post-200-1176859669.gif

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir die info, sal jou hopelik daar sien.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Hallo Lourens,

Jy is welkom om my te kontak, ons bly ook in Newton. Ons kan julle ook meer vertel van die Afrikaanse dienste in Campbelltown.

Wynand behartig tans die Afrikaanse dienste in Hallet Cove en het ook begin met Engelse dienste. Die engelse dienste word tans elke Sondag oggend gehou behalwe die 2 de Sondag van die maand wanneer die gemeente Cambelltown toe gaan vir die nagmaal bediening.

Julle is meer as welkom om my te kontak indien julle telefoon nommers of addresse soek.

Groete

Karl

0437836567

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...