Jump to content

Sommer net nonsense op 2 April 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 2 April 2007

Ek het spesiaal gewag tot die 2 de want hierdie skrywe is nie ‘n “April fools joke” nie.

Ek en Annatjie gaan toe mos vir ‘n vinnige besoekie na Sydney om vir haar suster te gaan kuier wat saam met ‘n skool netbal groep vir ‘n twee weeklikse besoek in Ozzie is. Wat ‘n belewenis. Hoe groot Sydney nou eintlik in RSA terme is, is moeilik vir my om te sê. Ek DINK, hy is so twee maal groter as Johannesburg.

Ons klim toe Saterdag oggend vroeg in Adelaide op een van Richard Branson se Virgin Blue 737s. Sal nie weer met hulle vlieg nie. My dik diff het nie lekker op hulle sitplekkies gepas nie. Moet sê, die een waarmee ons terug gekom het, was so ‘n kwart duim groter. Ewenwel, land toe ‘n uur en ‘n half later op Kingston Lughawe. Jy loop seker so ‘n kilo of wat om uiteindelik jou tasse in jou hand te hê. O ja, amper vergeet ek. Die inboek proses doen jy self. Jy scan jou kaarjie in, en siedaar, jy kry jou “boarding pass” Dit was ‘n ligpuntjie. Het omtrent 2 minute gevat om die formaliteite af te handel. Op Jan Smuts het my Afrika vriend nog laas my siel twee keer hel toe gesleep voordat ons kon klim.

Kry toe die kar wat ons vooraf bespreek het. ‘n Hyundai 1600, dink ek. Outomaties natuurlik, want ek het “gearrive” en ry nie meer met “manuals” nie. My bakkie laat sak sy kop in skaamte as hy dit hoor. Dit sal hom darem troos as hy hoor dat ek die kar onmiddellik doop as “Hoender” Ons klim toe vir Hoender en ek skakel my TomTom kat aan. Daar is net daar waar die bollie begin. Sy sê vir my dit sal my 16 uur se non-stop driving kos om in Sydney CBD te kom. Ek het geweet Sydney is groot, maar nie so groot nie. Sy dag toe ons is nog in Adelaide en werk toe vir my ‘n roete uit, daar van daan. Sy wil om de dood nie kalibreer om ons huidige posisie, as Sydney lughawe, te aanvaar nie. Ek vloek vir haar met my gebruiklike rympie, maar sy wil niks weet nie. Na 15 minute gee ek toe op en begin stad se kant toe te ry op die instruksie van die verhurings maatskappy se ontvangsdame. Ek volg die borde wat sê “City” Gaan goed, totdat ek een van hulle “flyovers” slaat. Ek is in die verkeerde baan. In Adelaide, as jy jou flikkerlig aansit, gee hulle vir jou plek. Nie in Sydney nie, jy moet vir jou ‘n plek oopwurm deur saam te “merge” Gedagtig aan die $1000 bybetaling, ry ek toe maar aan. Ons kom toe agter dat ons niks kan doen aan die feit dat ons nou weg van die stad af ry nie. Ek kom toe eindelik weer in die regte rigting, ‘n half uur later, net om weer in ‘n ander rigting gegooi te word deur ‘n ongeluk êrens voorentoe. “Moral of the story” Ek verdwaal in my moer in. Ek stop toe eindelik by ‘n klein kafeetjie om rigting te vra. Ek sê nogal vir Annatjie, ek hoop nie dit is ‘n Asiatiese kafee nie. Die lotte praat maar swak Ingels. Julle het reg geraai, dit is toe so. Die vrou is vreeslik hulpvaardig toe sy hoor ons was Mandela se kinders, maar ai daai Ingels. Die man praat toe darem beter Ingels, maar hy bevestig net my vermoede dat ek in my moer in is. Ons is myle van koers af maar ons ek met die pad aanhou, sal ek een of ander tyd in die stad uit kom. Annatjie koop toe coke en muffins by hulle. Hulle wil nie die geld vat nie want hulle kry ons jammer. Dit bevestig toe net weer my vermoede dat ons nog lank gaan ry om in die stad uit te kom en die man reken ek gaan petrol geld nodig hê. Die vrou laaik weer vir “Mandela se kinders” Ons betaal toe maar liewer. Wil nie julle SAners ‘n slegte naam gee nie, sien.

Toe ek die Hoender weer aanskakel, kry ek ‘n verassing. “Jane, my TomTom kat” begin weer met my praat en ek kan nou sien sy aanvaar nou Sydney as haar geboorte stad. Maar dit help my niks. Sy soek ‘n voorstad en straat name om vir my ‘n roete uit te werk.

Vele oproepe later kon ek darem so ‘n soort van bestemming in haar programeer kry. ‘n Half uur later stop ons by ons bestemming. Ons ry daai 10 kilos van die lughawe na die middestad, in ‘n uur en ‘n half. Ek het deur vele tolhekke gegaan en ek het net kort kort die e-tag hoor complain. Sal nog die rekening kry. Gelukkig het Johnny ‘n bietjie van sy naam genoot, Johnny Walker Black Label, in die kamer om my siel weer uit die hel uit terug te kry. ‘n Halfuur later is ek weer vrolik en reg om “Manly Beach” aan te vat.

Met die lot kinders in die bus voor en Johnny, Issi en Annatjie is ek agterna. Ons worry nie eers om ‘n bestemming in te probeer programeer in “Jane” nie. Ek kan mos dryf en geen bus sal vir my en Hoender weg kan ry nie. Groot fout. Daai bus drywer het seker besluit, vandag wys ek die ex SAner hoe ‘n mens in Sydney moet dryf. Binne 5 kilometer moes ek twee rooi robotte, askuus, “traffic lights” skip, om agter hom te bly. Toe die 3de een vir my flits, toe gooi ek maar handoek in. Daai boete sal ook nog kom. Wonder hoeveel “demerit points” het ek die naweek opgetel. Terug na die drawing board. Ons kry toe vir Jane so op ‘n manier ingestel om ons by Manly Beach te bring. Kort kort lui die selfoon soos Johnny se kinders na ons soek. Ons ry ‘n uur lank om 28 kilometer af te lê. Ons ry die hele tyd aan die verkeerde kant van ‘n bult en sien net nooit die see nie. Toe ons by die kinders stop, is ons almal uitgeput. Ons soek toe onmiddellik ‘n coffee shop om ons senuwees te kalmeer. Koffie drink se voet. Ek en Johhny vat toe dadelik weer van daai “Black Label” Twee dubbels kos $48, oftewel, R288. Gelukkig is Johnny geld se baas en ons vertoef toe ‘n hele paar ure daar. Die vrouens vat die pad en ek en Johnny tel 10 maande se drade op. ‘n Hele paar $48’s later kom kry die vrouens ons toe weer daar. Teen daai prys drink jy maar stadig en pace jouself mooi.

Manly Beach lyk soos Kampsbaai. Iemand het gecopycat. Jy sit in die coffee shops (lees drinkplekke) en kyk die mooi mense wat daar verby stap. Gelukkig is ek oud en gelukkig getroud. Dit help ook om dikkerig te wees. Hulle los jou uit en sukkel nie met jou nie. Daar is ‘n paar wat wonder of ons dalk geld het. Dan loer hulle na ons pense en besluit, neewat, kom ons gaan verby. Dankie tog. Julle ken die storie van die hond wat die kar jaag en die bande probeer byt. As hy nie sy dinges sien nie en hy vang die band dan weet hy nie wat om met hom te maak nie. Soos ‘n maat van my altyd gesê het, “kom ons loop boys, hulle gaan ons dood maak”

Toe die vrouens weer by ons kom, het Annatjie ‘n straatgids van Sydney by haar. Ons gebruik toe die gids om vir “Jane” die regte inligting te gee, en ons is binne 15 minute by die huis. Ons gaan eet toe by ‘n “Hungry Jacks” wat net langs ‘n hool gelee is. Wat ek daar gesien het, kan ek nie in hierdie skoon brief vertel nie. Al wat ek wel kan sê is, Sodom en Gemorra sou moes uithaal om die spul gemors te beat. Daai skool groep gaan stories terug by die huis vertel en niemand gaan hulle glo nie. As hulle besluit om nie ook so te wees soos daai lot nie, het hulle pa’s hul geld goed spandeer. Dit is om van te kots kameraad.

Ek en Annatjie is toe terug na ons hotel toe. Met Jane se aanwysings is ons binne 10 minute by die huis.

Die volgende dag is die skool kinders Bondi Beach toe en ons groupie is na Sydney se weergawe van die waterfront. Kaapstad se waterfront kan maar gaan slaap. Sydney sin is baie groter met baie verskillende dinge om te doen. Die vrouens vat toe weer die pad na besienswaardighede en ek en Johnny doen toe weer aan by ‘n paar coffee shops. Dit is by een van die shops wat my volgende paragraaf hom afspeel.

Die kelner, ‘n Italiaanse agtermekaar perd, raai ons toe aan om ‘n Tasmaniese bier te drink. Na die tweede een kon ons lekker ontspan en kyk wat om ons aangaan. Daar is ‘n brug wat oor die baai loop met ‘n mono rail wat weer boo or hom loop. In die middel draai daar ‘n skyf van so 30 meter uit om hoë seiljagte deur te laat. ‘n Vernuftige stukkie ingenieurs werk. Daar is ook ‘n hele lot veerbote wat kom en gaan met honderde passasiers. Daar is natuurlik ook nog die gebruiklike mooi mense wat doelloos rondloop.

So 10 meter van ons af was daar ‘n klomp kwaad katte wat besig was om ‘n “henns party” te hou. Lekker vuilbek die lot. Ek kan natuurlik nie hoor wat hulle sê nie want ek is mos hardhorend. Johnny vertel met smaak alles wat hulle sê en ons weet hier gaan dit nog lekker word. Skielik vlieg een van die katte op en kom op ons afgestorm. Johnny sê nog “f.. Jan, hier kom dit” ek weet nou sal ons vir ons wickets moet keer en begin al byvoorbaat my bene styf toe te knyp. Maar watwou, sy hou by ons verby en storm ‘n ander perd wat daar verby loop. Sy gryp hom aan die hand en sleep hom na hulle tafel toe. Die volgende oomblik is al 15 vroumense op hom en ek hoor hoe skrou hy benoud daar onder. Maar ek ken daai skrou, dit is nie van pyn en lyding nie, maar heel iets anders. Julle sal weet waarvan ek praat. Toe drink ek en Johnny eers. Baie verlig dat dit nie ons is wat nou die lyding moet deurmaak nie. Ek sien toe daar is so een dikketjie wat onderlangs na ons kant toe loer. Ek sê toe vir Johnny, “Swaer laat ons loop, hulle gaan ons hier doodmaak” Die vrouens kon nie glo toe ons ewe rustig in ‘n restaurant sit en chips eet nie. Hulle wou ons ook nie glo dat ons by die dood omgedraai het nie.

Daai aand eet ons in ons hotel vir oulaas. Ons sou Maandag oggend 6 uur terug Adelaide toe vlieg. Die rekening draai toe by die R1500 vir 7 mense. Duur plek die Sydney. Sal ons weer gaan? Nie gou nie. Sal ‘n jaar moet werk om weer so ‘n party te kan bekostig.

Dankie aan die Pretoriusse vir hul gasvryheid.

Link to comment
Share on other sites

Jan ! Weereens wat 'n wonderlike storie ! Jy vertel alles so in detail. Sien uit na jou volgende ondervinding en hou duim vas vir nie te veel boetes nie. Maar moet Annetjie 'n compliment gee die kaart wat sy gekoop het, ja wat sal 'n man sonder 'n vrou doen !!! Baie Groete

Link to comment
Share on other sites

Ai nog `n pragtige storie, welgedaan.

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan.

Dankie weer lekker gegiggle hier hoor. :ilikeit: EK wil net nooit hê jy en my man moet mekaar ontmoet nie. :ilikeit: Julle klink te veel dieselfde. Pense en biere. Dit klink na moeilikheid. :ilikeit:

Kan nie wag vir die volgende storie nie.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Jan,

Dis was n fees om dit te lees! Dis die eerste een wat ek lees en nou gaan ek baie van my tyd hier spandeer om die wedervaringe van Jan Spook op te lees, want ek sien daar is nog baie.

Die Ausies in die kantoor het my sou skeef aangeloer omdat ek skielik begin grinik en later sommer begin lag eht en toe vra hul ek moet die grap aanstuur. Ek het nie!

Lekker dag

Jaen

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...