Jump to content

Wat ons geleer het...


MandC

Recommended Posts

WAT KINDERS GELEER HET:

1. Wanneer jou Ma kwaad is vir jou Pa, moenie dat sy jou hare kam nie.

2. As jou suster jou slaan, moenie terug slaan nie, hulle vang altyd die tweede persoon.
3. Jy kan nie honde vertrou om jou kos op te pas nie.
4. Moenie nies terwyl iemand jou hare sny nie.
5. Jy kan nie ’n stukkie blomkool in jou glas melk wegsteek nie.
6. Die beste plek wanneer jy hartseer is, is op Ouma of Oupa se skoot.
7. Maak nie saak hoe jy die koeldrank meet nie, maar jou broer het altyd meer koeldrank as jy.
8. As daar lekker nagereg is, moenie laaste by die bak uitkom nie.
9. Lekkergoed is geneig om jou eetlus weg te neem en jou boude te laat brand.
10. Honde en katte hou ook nie van ertjies nie.

:jester:

WAT VOLWASSENES GELEER HET:

1. Om ’n tiener groot te maak is soos om jellie aan ’n boom vas te kap met ‘n spyker.

2. Jou ouers was reg toe hulle altyd gesê het, “Wag maar, jy sal verstaan as jy die dag kinders het”.
3. Middeljare is wanneer jy jou ontbytgraan kies vir die vesel en nie die plesier nie.
4. Jy kry jou kinders uit die huis maar nie uit jou sak nie.
5. Geduld is toe nie net ‘n woord nie, dis inspanning.
6. Kinders grootmaak is nie vir sussies nie.
7. Selektiewe doofheid is nie ’n fisiologiese gebrek nie maar ’n verdedigingsmeganisme.
8. Mens wonder hoekom jou kinders jou ander helfte se humeur en geite geërf het.
9. Tieners beskryf die ouderdom tussen tien en geduld.
10. Ouers word “dommer” met elke generasie.

:jester:

WAT DIE OUDERDOM ONS LEER:

1. Om oud te word is verpligtend, om groot te word is opsioneel.
2. Vergeet die gesondheidskosse; ek het al die preserveermiddels nodig wat ek kan inkry !
3. Wanneer jy Val, wonder jy wat jy nog alles kan doen terwyl jy daar onder lê, sodat dit minstens die moeite werd was.
4. Jy weet jy word ouer wanneer ’n skommelstoel jou dieselfde sensasie verskaf as wat ‘n “roller coaster” gedoen het jare gelede.
5. Dit is frustrerend wanneer jy al die antwoorde ken, maar niemand doen die moeite om jou te vra nie.
6. Tyd mag miskien ’n wonderlike geneser wees, maar dis ’n patetiese skoonheidskundige.
7. Wysheid is veronderstel om te kom met die grysheid, maar somtyds kom net die grysheid.
8. Jou sig verbeter met die ouderdom want jy hou die boek al verder weg van jou oë af.
9. Die enigste een wat jou gereeld wil sien is jou dokter.
10. Plooie maak nie seer nie

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

adorable! veral die eerste nr 1 - het eerstehandse ondervinding daarvan :)

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit: Baie goed.

Link to comment
Share on other sites

Ek kan getuig van Nr 2 - en laat ek jou vertel, as Isak n tiener was, sou Abraham gemaak het asof hy nie nie bok raakgesien het nie!

Edited by AnnieL
Link to comment
Share on other sites

Baie waar... 'n lag met 'n traan - PUIK MandC :ilikeit: :ilikeit: :ilikeit: :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

LMGA. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...