Jump to content

DIS HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE .......


OnYellowBrickRd

Recommended Posts

Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag. Op die plaas aangekom sê hy vir liefie om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoofhek ontmoet.
So gesê, so gedaan. Hy het skaars tussen die bosse ingeloop toe hy drie skote kort opmekaar hoor klap.

Hy hardloop valval terug na waar die die stofwolk bo die doringbome hang. So deur die stof sien hy haar vaagweg en dit lyk op 'n afstand kompleet of sy haar eerste epileptiese aanval beleef. Toe die stof effens gaan lê kry hy haar vir die eerste keer mooi gesien. Sy loop-val-storm in 'n klein sirkel soos 'n rot wat te min gif ingekry het en sy praat onophoudelik op een van daai bloedstollende toonhoogtes wat uit paniekbevange desperaatheid gebore is. Tussen die gekraak van die takke deur kom hy agter sy is in 'n moerse argument met 'n ander man betrokke en die kragwoorde rol die een na die ander en sonder veel moeite tussen die twee lae stowwerige rooi lipstick deur.

"Meneer, dit is my Kudu die! Ek het hom eerste gesien. Jy kan die drie gate in sy kop meet. Dit was MY koeëls!" gil sy terwyl sy die 30-06 se loop roekeloos deur die tonnels in stomme dier se skedel druk om te
demonstreer.

"Goed mevrou, bedaar net!" sê die man vir die swaar gewapende en totaal histeriese vrouejagter. Ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan maar die KUDU vir jou. "Gee jy om om jou geweer op safety te sit terwyl ek my saal en toom van jou kudu afhaal?!?!?

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...