Jump to content

Ons is nog hier & geniet ons gate uit!


Aneldari

Recommended Posts

Hi julle almal!!! :D

Baie jammer dat ek nou eers van my laat hoor :) . Hene, die tyd vlieg, ons is nou al ‘n maand en ‘n half hier. Ek moet eerlik sê ek en Johan pas wonderlik aan :ilikeit: . Ons voel al soos Ozzies. Alhoewel ons harte nog bietjie verskeur is by die sport SA of OZ??!?! Ons het al vir Ozzies geskree die dag toe hul teen NZ gespeel het (die dag nadat ons hier aangeland het). Maar ai, hart was darem seer toe SA nou die dag die krieket teen OZ verloor het :( .

Ons het nog nie internet by die huis nie, dis daaroor dat ek nie veel active kon wees die afgelope tyd nie. Ons bly nou in ‘n plekkie in Crystal Brook, maar ons gaan middel April in ‘n huurhuis in Port Pirie self intrek. Ons gaan ‘n 6maande kontrak teken. So, ons sal definitief dan vir ons ADSL en al die lekker dinge laat installeer. Die huis wat ons gaan huur is so 600m van Johan se werk af (Mid North Christian College). Dus is dit ideaal.

Oor Internet, by die openbare biblioteke kan mens vir 1 uur per dag gratis die internet gebruik. So, dis waar ek so nou en dan bietjie kan kommunikeer.

Ons geniet dit baie hierso. Soos ek geskryf het, pas ons eintlik baie goed aan. Baie van die natuurskoon lyk maar baie soos in RSA. Daar’s dele wat soos die karoo lyk, ander soos transvaal, dan weer ook soos natal. Natuurlik die paaie en borde lyk ook baie dieselfde, al net hierdie paaie is in ‘n baie beter toestand. Ja, jy kry ‘n slaggat hier en daar, maar is glad nie vergelykbaar nie.

Ons het bietjie gesukkel om finansiering vir ons kar te kry. Die rede was ons kontantvloei wat nie juis gevloei het nie. Ons het nie regtig baie kontant gehad om oor te bring nie. Voor ek verder vertel wil ek net sê ons het eventually geld geleen gekry en het toe vir ons ‘n Hyundai Accent 1.6 2-deur hatchback gekoop. Ek’s mal oor die kar, dis so lekker ‘sexy’ ene. Ons sal later vir ons so ‘n nice 4wd koop. Vir nou is daai een net reg. Omdat ons temporary residents is, wou die finansiering maatskappye almal $3000 deposito hê, wat ons nie gehad het nie. Ons het toe by BankSA en ANZ (ons het by albei rekeninge oopgemaak het), aansoek gedoen vir ‘n persoonlike lening en krediet kaarte. Maar hul wou niks weet nie. Ons het toe na Commonwealth Bank gegaan. Hul wou nie vir ons persoonlike lening gee nie, maar ons het ‘n kredietkaart gekry!

Konklusie: As jy as ‘n temp resident oorkom, voorsien maar vir genoeg kontant vir ‘n deposito of nog beter genoeg om kar kontant te koop.

Mens moet ook kyk of jy genoeg kontant het om ‘n deposito neer te kan sit vir ‘n huurhuis. Ons moet die dag as ons in die huis intrek 4 weke se huur as dep + 2 weke se huur vooruit betaal. Dit raak nogal ‘n aardige bedraggie.

Betreffende lewenskoste: Goedkoop!! Hier in die plattelandse dorpies is dit baie laer as in stede selfs as in Adelaide. Natuurlik jou duurste uitgawe sal jou behuising wees. Ons gaan nou $200 pw betaal. Nog redelik billik. Dan is dit natuurlik jou kar. Vir die Hyundai is dit $230 fortnightly. Dus ons kar en behuising pm is $1260. Johan het ‘n redelike goeie salaris pakket gekry en ons sal op sy salaris kan leef. Maar natuurlik gaan ek ook werk soek. My eie registrasie as onderwyser behoort nog hierdie week afgehandel te word, dan sal ek kan begin met TRT (temporary relief teaching). Woolworths is hier soos Pick’nPay in RSA. Dan is hier ook Coles (ook so tipe winkel). Dan een van my favourite plekke: Kmart, wat soos Game in RSA is, maar net baie beter.

Ons hou baie van kamp, dus het ons nou al heelwat kamptoerusting gekoop :lol: . Ons het eintlik lekker gescore, want ons hou ons oë steeds oop vir specials. Ons het bv ‘n groot 6 man tent gekoop wat op ‘n clearance sale was. Dit was die laaste een van die vorige reeks en die winkeleienaar wou maar net van die stock ontslae raak. Die prys was aanvanklik $430, ons het dit gekry vir $120! Dis die moeite werd om eers bietjie rond te shop, as om net dadelik te koop. Wat so wonderlik is van die kampery, mens kan amper enige plek stop en jou tent opslaan en jy sal veilig wees.

Oor veiligheid: Ek sluit maar steeds my kar se deur en huis se deure in die aand, maar dis nie regtig nodig nie. Ek glo nie ek het al een huis gesien met diefwering aan die venters nie. Ek het gehoor in die stede, selfs in Adelaide, moet mens maar baie meer versigtig en op jou hoede wees. Maar obviously is dit nie naastenby soos RSA nie.

Vir interessantheid: Hier in die kleiner dorpies is daar omtrent glad nie straatrobots of stoptekens nie. As ek nou reg dink is daar net 1 robot in Pirie en dis in die hoofstraat. Verder net sirkels, sirkels en nog sirkels. I.p.v. stoptekens is dit ‘give way’ tekens. En dit werk nogal. Ek het verlede naweek vir die 1ste keer self petrol ingegooi en, as ‘n vrou, was ek nogal heel trots op myself. Is darem glad nie erg nie. Ek kan nie glo dat die stelsel so kan werk nie. Jy stop, gooi petrol in en gaan betaal binne in die winkeltjie. Wow, dink net watter chaos dit in RSA sal afgee! Hier ry ook baie treine (soms baie oor die paaie) so ek is maar altyd baie versigtig by die treinkruisings, alhoewel hul goeie borde en ligte en soms van daardie beams wat die pad afsper gebruik. Die Ozzies hou ook van hulle roadtrains. Dis vragmotors wat ipv net een ‘wa’, sommer 2 of meer sleep. Die spoedlimiet op die groter paaie is 110km/h. En in meeste dele van die dorpe 50km/h. Dit kan soms frustrerend wees, want dit vat jou eeue om van een plek tot die vlg te kom. Maar eintlik is dit fantasties, maak die kans vir ongelukke drasties minder. So ek kla nie regtig daaroor nie.

Natuurlik verlang ons verskriklik baie na ons mense in RSA :( . Maar wat wonderlik is, is dat hul almal so ondersteunend is Dit maak ‘n groot verskil as jou familie by jou staan :) . Ons einddoel is om al ons familie (ten minste ons naaste) ook hier in Oz te kry. My sus en haar man kom darem al vlg jaar. Hul is die afgelope jaar en paar maande in die Cayman Islands. Maar wil hul hier kom vestig. ‘n Ander teer sakie is ons honde :cry: (ons kinders). Ons verlang so ontsettend baie na hulle, het al baie lang trane oor hul gehuil. Ons wil hul ook oorbring. Ons wag net vir die geld wat ons gaan uitkry uit die verkoop van ons huis in RSA. Ek’s maar steeds skrikkerig vir die kwarentyn alhoewel baie mense ons al gerus gestel het daaroor.

Wel, ek dink dis nou genoeg leesstof vir eers...

Groete uit Oz :)

Aneldari

Link to comment
Share on other sites

Hi Aneldari!!! :D

So fantasties om van julle te hoor! Dankie vir al die detailed inligting - klink asof julle inderdaad baie goed aanpas! :ilikeit: Lekker om dit te hoor!

Baie geluk met julle sexy nuwe kar :( (En ook julle fabulous tent!) Julle ry seker die wêreld vol oor naweke en kamp net waar julle wil - wat 'n voorreg om daardie vryheid te hê! :(

My sussie-hulle het gister gevlieg op hulle LSD trip - hulle's eers in Sydney en dan gaan hulle Sondag Adelaide toe - julle behoort hulle te sien by Bob se bash. :) Klink my dit gaan 'n heerlike kuier wees - julle moet sommer ook ekstra lekker kuier vir my part seblief! :D:P:cry:

Ek sien saam met julle uit na Internet by julle huis...een van die dae!

Hoe is die mense daar sover? Vriendelik en behulpsaam?

Ek so bly om te hoor jou sussie-hulle gaan ook Oz toe - dit help om mens se familie by jou te hê. En mens wil ook vir hulle eie veiligheid hulle in Oz hê, nê?

Sterkte met die mis van julle 'kinders'...ek kan ongelooflik goed relate...my Yorkie is soos my eie kind! :) Blykbaar is die kwarentyn nie so erg nie - en veral as mens se honde nog jonk is, dink ek mens kan maar die moeite doen om hulle ook te laat immigreer! :)

Ek hoop jou registrasie gaan sommer blitsvinnig deur en dat jy self ook baie lekker begin werk. Hou ons asb op hoogte van alles, groete vir Johan en good luck met die trek na julle nuwe huis in Port Pirie middel April!

Praat vinnig weer.

Groete uit 'n bewolkte Pretoria! :lol:

Edited by kangaroo
Link to comment
Share on other sites

Hi Aneldari, sommer net 'n vinnige hallo sê - dankie vir die lang pos en baie inligting! :ilikeit:

Baie lekker om te lees van alles. Ons hou ook van kamp, so sal jou tips gebruik (en dalk later nog vra!). Ons is in 2 om SOz of WA toe te gaan, maar sal dalk eers kom loer as ons dit teen volg jaar kan bekostig -en sal dan ook seker kamp :lol:

Sterkte met die trek and al die nuwe dinge.

Groete

Bianca

Link to comment
Share on other sites

Hi Aneldari!

Dit was heeerlik om van jou te hoor! Julle klink al lekker in-gesettle! Hoe gaan dit met Johan by die nuwe werk? Hoe ervaar hy die Ozzie-kindertjies?

Julle moet lekker kamp en hou die blink kant bo!!! :lol:

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Hi Aneldari, baie dankie vir die volledige inligting. Stuur maar gerus weer sulke e-mails. Ek dink dit help baie van ons wat onseker is oor hoe vergelyk winkels en ander dinge met mekaar. Thanks,

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hi Aneldari

Wil net 'n vragie vra oor jou onderwys kwalifikasie.

Ek het 'n BSc (4 Jaar) en het toe by Unisa my nagraadse Diploma in onderwys gedoen (PGCE). Ek het 3 jaar se onderwys ondervinding (Hotelhouding en Spyseniering en Lewensorientering).

Wat moet mens doen om daar as 'n onderwyser te kan werk? Wat het jy nodig om jou kwalifikasie te laat goedkeur.

Sal enige hulp waardeer.

Groete

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...