Jump to content

Die Dooie Perd Teorie


Lynnie

Recommended Posts

Hierdie wysheid van 'n Noord-Amerikaanse Indiane-stam word van geslag tot geslag deurgegee.


"As jy ontdek dat jy op 'n dooie perd ry, is dit die beste om af te klim en 'n ander perd op te saal."


In Suid-Afrika se korporatiewe-, onderwys- en regeringsinstansies word meer gevorderde strategieë gebruik, soos:

"As jy ontdek dat jy op 'n dooie perd ry .....


1. Koop 'n sterker sweep.
2. Verander die ruiter.
3. Stel 'n komitee aan om die perd te bestudeer.
4. Stel 'n kommissie aan wat ander lande besoek om te kyk hoe hulle dooie perde ry.
5. Verlaag die standaarde sodat dit 'n dooie perd kan insluit.
6. Herklassifiseer die dooie perd as "lewend gestremd."
7. Stel kontrakteurs aan om die dooie perd te ry.
8. Span verskeie dooie perde saam in om die dooie perd se vertoning te verbeter.
9. Verskaf bykomende fondse en/of opleiding om die dooie perd se prestasie te verbeter.
10. Doen 'n produktiwiteitstudie om vas te stel of ligter ruiters die dooie perd se prestasie sal verbeter.
11. Verklaar dat aangesien die dooie perd nie gevoer hoef te word nie, dit goedkoper is, laer omsetkoste vereis en dus 'n aansienliker bydrae
lewer tot die eindresultaat van die ekonomie as wat met sommige ander
perde die geval is.
12. Hersien die verwagte prestasievereistes vir dooie perde.
13. Promoveer die dooie perd tot 'n toesighoudende posisie.
14.As niks van bostaande help nie, doen aansoek by die Grondwethof om die dooie perd se posisie as versoenbaar met die Grondwet en nog duideliker
te omskryf!

As jy dit alles verstaan, is jy beslis 'n Nuwe Suid-Afrikaner.

:ilikeit::jester::whome:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...