Jump to content

Rocky: Hi daar!!!


Rocky

Recommended Posts

Hi aan almal!

Baie dankie vir almal wat deelneem aan die forum. Ons het alreeds soveel inligting gekry, en sodra een vraag ontstaan soek ons verder en kry dan antwoorde. Dit is van onskatbare waarde.

'n Bietjie van myself: Vir die eerste keer in my lewe gebruik ek 'n skuilnaam :whome: Dit is regtig sleg om bang te wees iemand herken jou en kan dinge by die werk vir jou moeilik maak. Ek en my man het nou al geruime tyd gesels oor die moontlikheid van emmigrasie maar altyd gehuiwer en daarteen besluit. Dit is egter asof iets my die afgelope 2 maande jaag om te begin werk maak daarvan, en my man het nou ook erken dat dit moontlik die beste sal wees. So, ons moet nou begin met die hele proses.

Ons het drie pragtige kinders, 2 op skool en 1 in universiteit. Ons sal graag vir hulle 'n beter toekoms wil gee, en huidiglik lyk dit nie asof dit enigsens moontlik is hier in SA nie. (Hoor nou net petrol kan Woensdag met tot 72c/l opgaan :ilikeit: ) Daar is eenvoudig nie meer werksgeleenthede vir ons nie. Dink nou net daaraan - wat is die implikasies as ons oudste (student) saamgaan - sal dit deel van ons Visa wees? - is darem nog 'n afhanklike?

Ek kom dalk oor in Julie om 'n "paper te present" en sal dan bietjie rondkyk. Dit is moontlik in Adelaide. Kan iemand tussen dalk laat weet waar is goeie universiteite vir Ingenieurswese en waar 'n mens lekker kan bly. Ons wil graag afskaal, hierdie gejaagde lewe is nie vir ons nie. Die stress oor jou kinders en die misdaad en wat gaan volgende gebeur raak nou te veel.

Jammer vir die negatiwiteit maar dit word deel van ons lewens hier.

Tot volgende keer.

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Welkom.

Ek dink almal hier verstaan hoe jy voel. Hopelik gaan julle aansoek vinnig en sonder baie slaggate.

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Hi Rocky

I do not think you would have a problem with universities in Australia. For instance there are, I think, five in Melbourne. You would have to do a search on the internet to check which of the universities offer engineering, but I think most of them would do so. It may take a bit of hunting to find out what they would recognise of the courses your child has already done.

Our son was going into first year when we migrated to NZ, we listed him as a fulltime student and dependant on us, we had no problem. I do not know what Australia would do. If your child is over 21, I think it may be more difficult, but you would have to check with an agent or with the immigration department.

You would definitely lead a far less stressed life in Australia! That I can vouch for!

Link to comment
Share on other sites

WELKOM ROCKY!

Ek is ook n oud-Pretorianer met n seun wat eerstejaar is hier, en twee kinders op skool.

Gold Coast universiteit is lekker klein- om en by 5000 studente en n lekker kampus so 10 minute se ry van die see.

Dit bied Ingeniurswese aan:

www.griffith.edu.au

Julle sal moet spring met daai aansoek. Kinders oor 18 sal julle moet bewys is nog totaal afhanklik, en dan word hulle ingesluit op die visa.

Wees braaf-daai "iets wat jou jaag" gevoel ken ek goed-het dit ook beleef-en dit het my gefokus.

Link to comment
Share on other sites

Welkom.

Ek dink almal hier verstaan hoe jy voel. Hopelik gaan julle aansoek vinnig en sonder baie slaggate.

Groete

Johan

Hi Johan

Dankie vir die goeie wense. Alle ondersteuning is welkom. Julle laat 'n mens al klaar welkom voel. :cry:

Rocky

Hi Rocky

I do not think you would have a problem with universities in Australia. For instance there are, I think, five in Melbourne. You would have to do a search on the internet to check which of the universities offer engineering, but I think most of them would do so. It may take a bit of hunting to find out what they would recognise of the courses your child has already done.

Our son was going into first year when we migrated to NZ, we listed him as a fulltime student and dependant on us, we had no problem. I do not know what Australia would do. If your child is over 21, I think it may be more difficult, but you would have to check with an agent or with the immigration department.

You would definitely lead a far less stressed life in Australia! That I can vouch for!

Hi Mara

Thanks for the reply. Good to know about the universities. I'll check them out on the internet and make contact. My second child must start university next year so it should not be a problem. Hopefully they accept our matric!?? The eldest is luckily not yet 21 :ilikeit: , so please keep your fingers crossed that we don't encounter problems.

Kind regards

Rocky.

WELKOM ROCKY!

Ek is ook n oud-Pretorianer met n seun wat eerstejaar is hier, en twee kinders op skool.

Gold Coast universiteit is lekker klein- om en by 5000 studente en n lekker kampus so 10 minute se ry van die see.

Dit bied Ingeniurswese aan:

www.griffith.edu.au

Julle sal moet spring met daai aansoek. Kinders oor 18 sal julle moet bewys is nog totaal afhanklik, en dan word hulle ingesluit op die visa.

Wees braaf-daai "iets wat jou jaag" gevoel ken ek goed-het dit ook beleef-en dit het my gefokus.

Hi Queensland Girl

Jong, julle klomp is almal great. As ek dink hoe dit hier gaan, niemand is meer bereid om iemand anders te help nie. Dit is elke ou vir homself - letterlik 'n "fight for survival".

Die universiteit klink great, sal beslis ondersoek instel. Watter bewyse moet 'n mens hê vir kinders oor 18. Is studente bewys goed genoeg? :lol:

Ek dink ons sal definitief nou vinnig moet begin beplan. My tweede kind moet volgende jaar met universiteit begin, en kan dan net sowel daar begin. Weet egter nie of ons alles al hierdie jaar sal kan reël nie, hoop so!

Vanoggend op pad werk toe is daar weer 'n taxi staking. Julle sal nie glo watter gemors dit nou weer is nie. Ek het vir my dosente gesê hulle moet maar rustig wees, want daar gaan verseker weer seker 'n driekwart van die studente laat wees en dit is nie hulle skuld nie. :) Geduld is egter nou nie meer deel van die woordeskat hier nie, want almal is onseker oor die toekoms! Bid maar vir ons klomp hier.

Dankie vir almal. Waardeer dit regtig en julle gee weer vir ons 'n bietjie hoop. Nou hoef ons nie meer doelloos te dwaal en wonder "what next".

O ja, watter omgewing is die beste vir persone in die meganies rigting? Ek sal nou eers deeglik moet begin huiswerk doen voordat ons finaal kan besluit. Soek 'n omgewing met berge en mooi natuurskoon wat lekker rustig is.

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Hier is die website van die Universiteit van Melbourne se Ingenieurs Fakulteit: http://www.eng.unimelb.edu.au/

Professor Jannie van Deventer van Stellenbosch is die Dekaan van die Ingenieursfakulteit daar :

http://www.eng.unimelb.edu.au/about/dean_welcome.html

Hier is sy email adres: jannie(at)unimelb.edu.au

Link to comment
Share on other sites

Hi Swerwer

Baie dankie vir die inligting. Dit is great. Ek sal hom beslis kontak. Sien jy is ook nog hier. Wanneer gaan julle oor?

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Hi Rocky

Welkom by die forum. Vra maar jou vragies hier gaan jy baie antwoorde kry.

Sterkte met die groot stap en die aansoeke en die lang wag.

Ons het aansoek gedoen Sept 06 vir Permanente Verblyf Visa 136. Ons het nou 'n case officer gekry wat vir ons gevra het om vir medies te gaan en police clearance te kry. :ilikeit:

Ons het aansoek gedoen as familie 1 dogter 21 jaar oud en op universiteit ons het 'n brief saam gestuur dat sy voltyds studeer. Ander dogter 2o, besig met haar appyship as haarkapster. Ook bewys van haar werkgewer ingestuur dat sy nog afhanklik is van ons. Ek het niks gehoor sover dat ons nog enige bewyse moet lewer nie en ons het al 'n case officer. Ek het ook net heeltyd gehoop en gebid dat hulle saam op ons visa kan gaan. Sover lyk dit darem so.

Groete

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Sheila2Oz

Baie dankie vir die antwoord. Ek glo ons sal ook nie probleme het met ons kinders nie. Sterkte met julle reëlings verder. Ons is nou maar op die begin stadium.

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...