Jump to content

Lindie: Nuwe lede - Willem & Lindie


Lindie

Recommended Posts

Hi Almal,

My naam is Lindie. Ek en my man, Willem, en ons 2 seuns Ian (11) en Wihan (5) is van Centurion.

Ons praat al 'n tydjie lank oor Aus toe gaan, maar het die afgelope naweek finaal besluit dat dit is wat ons wil doen en om so gou as moontlik die proses aan die gang te kry. Nodeloos om te sê het ons sedertdien die internet flou ge-surf, op soek na so veel as moontlik inligting. Ek is so bly ons het op hierdie forum afgekom, want hier het ek al soveel inligting gekry oor die laaste twee dae. :D

Ons sien uit daarna om op hierdie forum te kuier, baie nuwe vriende te maak en kan nie wag om almal by die Pretorianer braai te ontmoet nie.

Groete

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Hi Lindie welkom by die form.Jul sal nie n dag spyt wees om daai besluit te neem nie.Sterkte en laat waai met al jul vra.Almal is gewillig om te help waar hul kan. :D Ursula

Link to comment
Share on other sites

Hi daar,

Baie welkom by die forum. Wat julle ookal wil weet sal julle hier kry, en wat julle nie kry nie kan julle vra. Daar's altyd iemand wat die antwoord het. :blink:

Sterkte met julle aansoek. Dis die regte besluit indien julle sou twyfel.

Hou ons op hoogte van alle julle verwikkelinge.

Groete

Schoemies

Link to comment
Share on other sites

:D WELKOM by die forum! :blink:

en sterkte met al die reelings en ups en downs wat voorle.

Hou aan met pos hier op die forum, en jul kop is deur! :D

Bianca

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom!

Hoop alles verloop goed vir julle met die groot besluit en stappe verder.

Cheers Riaan

Link to comment
Share on other sites

Hello

Ons het twee weke gelede in Perth geland. Desember het ons nog lekker in Knysna gesit, met ons tone in die sand geboor en gewonder hoe dit sal wees. Drie maande later sit ons hier met ons tone in die sand.

So, dit gebeur vinning. Begin solank om al julle ou lafletters en frilly troukaartjies van ou varsitypelle weg te gooi, maak soveel rekeninge moontlik toe, klets al jou gratis minute klaar en begin nou al jou laaste kuiers kuier tensy julle blase omtrent 89 koppies tee/koffie per dag kan hanteer.

Kapitflou

Link to comment
Share on other sites

Dankie aan julle almal vir die verwelkoming. Dit help baie om te weet daar is soveel ondersteuning, in Australie en hier.

Mooi bly

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal,

My naam is Lindie. Ek en my man, Willem, en ons 2 seuns Ian (11) en Wihan (5) is van Centurion.

Ons praat al 'n tydjie lank oor Aus toe gaan, maar het die afgelope naweek finaal besluit dat dit is wat ons wil doen en om so gou as moontlik die proses aan die gang te kry. Nodeloos om te sê het ons sedertdien die internet flou ge-surf, op soek na so veel as moontlik inligting. Ek is so bly ons het op hierdie forum afgekom, want hier het ek al soveel inligting gekry oor die laaste twee dae. B)

Ons sien uit daarna om op hierdie forum te kuier, baie nuwe vriende te maak en kan nie wag om almal by die Pretorianer braai te ontmoet nie.

Groete

Lindie

Hallo da Lindie

Ek's bly om te sien jille is ook v centurion. Ek se net noudi dag vimy man dis unfair dat da soveel ouens is wat aansluit bydie forum om mens mee te deel dat hulle oor n maand of 2 al vlieg oz toe. :o

Hulle gee mens nie ees tyd om n relationship met hille op te bou nie. Maar eks bly jille is v daai ouens wat nou ees begin het metie proeses nes ons ons is ook in beginfase. Maar meer daaroor bydi braai ek skat ons sal da wees, so dan sa ek kom hallo se. :)

Moibly

Tomdoel

Link to comment
Share on other sites

Lindie, kyk onder coffee club daar is heelwat van ons wat bymekaar kom by die Voortrekker Monument Saterdag. Ek is seker daar gaan jy baie vrae beantwoord kry.

Link to comment
Share on other sites

Aangename kennis!

Ek en my verloofde bly op die oomblik in Centurion, Wierda Park. Ons het onlangs eers besluit om ook op die soustrein na Australië te klim.

Die grootste rede is, aangesien ek as onderwyser nie 'n behoorlike lewe in hierdie land van ons kan voer nie. Tweedens werk my verloofde by 'n groot bank hier in SA, maar is op die wankellysie; hy is 'n kontrakteur, wit, Afrikaans en 'n man. :)

Dankie vir al die vrae wat reeds beantwoord is! :) Ek wonder nou net of 'n agent regtig nodig is met soveel hulp wat mens vanaf die forum kry?

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal,

My naam is Lindie. Ek en my man, Willem, en ons 2 seuns Ian (11) en Wihan (5) is van Centurion.

Ons praat al 'n tydjie lank oor Aus toe gaan, maar het die afgelope naweek finaal besluit dat dit is wat ons wil doen en om so gou as moontlik die proses aan die gang te kry. Nodeloos om te sê het ons sedertdien die internet flou ge-surf, op soek na so veel as moontlik inligting. Ek is so bly ons het op hierdie forum afgekom, want hier het ek al soveel inligting gekry oor die laaste twee dae. :thumbdown:

Ons sien uit daarna om op hierdie forum te kuier, baie nuwe vriende te maak en kan nie wag om almal by die Pretorianer braai te ontmoet nie.

Groete

Lindie

Hi, Lindi. Ons gesin het drie weke gelede besluit om te emigreer na oz. Ons het ook twee seuns,9 en 4 jaar. Hoe hanteer jou kinders julle besluit of word hulle nie aktief betrek nie. Ek wonder nogal hieroor - is dit beter om die kinders aktief te betrek of hulle so normaal as moontlik te laat aangaan?

Baie serkte vir julle, groete, Lourisa

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...