Jump to content

Die Dronkie


OnYellowBrickRd

Recommended Posts

'n Man en sy vrou word wakker gemaak 3:00 uur in die oggend deur 'n harde
geklop aan die deur.

Die man staan op en gaan maak die deur oop waar 'n dronkie in die gietende
rëen staan.

Die ou dronkie sê hy het iemand nodig om hom te help stoot.

"Dit sal die dag wees,daar is nie 'n manier nie." Sê die man.

"Dit is drie uur in die oggend." En hy slaan die deur toe en gaan terug bed
toe.

"Wie was dit?" vra sy vrou.

"Net 'n vreeslike dronk man wat iemand soek om hom te help stoot." Antwoord
hy.

"Het jy hom gehelp?" vra sy.

"Nee, dit is drie uur, en dit sous daar buite!"

Wel jy het 'n baie kort geheue," sê sy...

"Onthou jy drie maande terug toe ons kar gebreek het en daai twee ouens ons
gehelp het? Ek dink jy moet hierdie ou ook help en jy behoort jou te skaam."

Die man besef sy vrou is seker reg en trek toe maar aan.

Hy gaan uit in die gietende rëen en roep uit,

"Hallo, is jy nog daar?"

"Ja." kom die antwoord terug.

"Het jy nog iemand nodig om jou te stoot?" vra hy.

"Ja, asseblief." Kom die antwoord uit die donkerte.

"Waar is jy?" vra die man.

"Hier op die swing." antwoord die dronkie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...