Jump to content

Sommer net nonsense op 25 Maart 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 25 Maart 2007

My vorige brief van 24 Maart moes eintlik 23 Maart gewees het. Soos iemand anders dit gestel het, ek was so opgewonde oor die komende stryd tussen die Ozzies en Bokke dat ek my datums deurmekruis gekry het.

Maar, nou is ek net so moerig jy kan met my toor. Daai perde het my ‘n R1000 gekos. Lekker, hoor ek iemand sê. Gaan bars. Dit het my een ding geleer. My verdeelde lojaliteite probleem is nou opgelos. Sal nooit weer geld op die Bokke verloor nie. Want ek is klaar met hulle. Ek skreeu van nou af vir die Ozzies. ‘n Ou sal seker altyd in jou hart ‘n Bok bly, maar jou verstand sê vir jou hulle is ‘n klomp losers. Ek is nie ‘n draadsitter nie. OZZIE OZZIE OI OI OI. ( moet nog uitvind wat dit beteken)

My Springbok trui wat my ex kollegas vir my gekoop het, sal nou diep onder in ‘n kas gebêre word. Gelukkig het ek nog nie my eie garage nie, anders was hy ‘n mechanic se werksklere. My Blou Bul trui sal ek ook nie meer so prominent vertoon nie. Ek sien hulle het darem weer gewen. O ja, daai gryskop ouman se naam is Anton Leonard.

FOOTY of AFL is van nou af my game. “Port Power” is my span. Hulle sukkel maar, maar ek laaik die underdog. Vinnige game die Footy. Jy hoef nie baie slim te wees om hom te speel nie. Jy moet net kan hol, spring en skop dan is jou kop deur. O ja dit help natuurlik as jy sokker gespeel het want dan ken jy al klaar die “acting” om seer te kry. Die nuutste skandaal is glo dat jy al moes kennis gemaak het met boom. As jy al die eienskappe het dan kan jy Footy speel. Daar is ook geen onkant en “knock” reëls nie.

Jy moet ook ‘n gesponserde 4WD ry. Jou vrou moet mooi wees en verkieslik ‘n celeb gewees het. As jy vir Leyton Hewett ken is jou kop deur en jy sal die hoogste sport bereik.

Na al die gal brakery voel ek ‘n bietjie beter. Hel man, ek het laas so gevoel toe Allan hom laat uit hardloop het. Laas keer het ek amper my Televisie stukkend gegooi. Die keer het ek so gevloek dat Annatjie vir my ‘n dop kom ingooi het om te kalmeer. Ses uur in die oggend. Ek het hom weggesluk en nog een gevra. Toe ek vir die derde een vra het

sy my oorreed om maar weer in die bed te gaan klim. Toe ek wakker word toe kom skryf ek hier. Dit gaan lank vat om van die gal ontslae te raak. Gaan netnou saam met my Footy pelle braai. Wyn suip en hoop ek vergeet.

Footy bo. Sokker ook bo.

‘n Galbitter groetnis.

Link to comment
Share on other sites

Meneer Stoof,

Toe ontdek ek nou jou "memoirs" vanoggend almal so in 'n ry tot doer onder en ek begin lees (van onder af - ek hou daarvan as 'n storie sinmaak.... :blink: ). Die gesig is nog nie ingekleur nie en die hare staan nog Wes - die intensie was net om gou te kom loer wat "aangaan op die forum" toe ek nou deur jou stories verlei word en hier sit ek nog steeds - sleg, lui huisvrou..... :ilikeit:

Nou ja toe ek by 15 Februarie kom en die einde van die storie nie in 3 "scroll downs" kan sien nie, toe besef ek, hier gaan ek myself vandag in 'n spierspasma in lees en vanaand moet manlief weer rugvryf! Daar is darem maar min dinge so wonderlik soos 'n "printer" - ek het sommer al jou stories uitgedruk, sodat manlief vanaand, as hy rug vryf, iets het om na te luister.... :blink: Ek kan nou nie wag om verder te lees nie, so ek groet eers en sal later terug rapporteer. Daar is 'n rusbank en beker koffie wat wag.... B)

Link to comment
Share on other sites

O nee, gaats, Jan. Kom ek help jou gou reg voor jy weer 'n groot fout maak - sê mooi stadig agter my aan: - Crows, Crows, Crows, Crows...... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan

Jammer oor die geld wat jy verloor het. :lol: Maar die proteas lyk so goed, maar wys jou net die Aussies is goed.

Die Aussies se krieket is kook water. Ek dink hulle gaan die koppie vat hoor.

Ek het al die Footy hier in SA op TV gesien, verstaan natuurlik niks van nie. Sal maar as ons in Oz is dit leer ken. Dit lyk lekker vet pret. JY kan maar solank vir ons die reels hier probeer verduidelik.

Skryf gou weer

Cheers vir eers

Sheila2oz

Link to comment
Share on other sites

Weet presies hoe jy voel oor gedeelde lojaliteit en nog nie eers in my nuwe land nie. Die proteas wen teen die kaaskoppe dan dink hulle, hulle is baas !!! Een van die dae is daar genoeg SAFFERS in Oz om ons eie Footy span te maak. Lekker braai

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...