Jump to content

Sommer net nonsense op 24 Maart 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 24 Maart 2007

Die van julle wat ‘n bietjie meer jare om die lyf het, spesifiek om die middelrif, sal nog onthou dat ons vroeër jare Ingels met mekaar gepraat het as ons nie wou hê dat die kinders moes weet wat ons sê nie. Deesdae, met die koms van TV, weet die kinders al van jongs af wat jy op Engels vir mekaar sê. Dit is nog meer waar hier in Oz. Jy kan niks meer vir hulle wegsteek nie. Behalwe, en dit is nie meer lank nie, ons kan Afrikaans met mekaar praat. Hulle gaan ons nie verstaan as ons oues met mekaar Afrikaans praat nie. Selfs my dogter praat deesdae net Engels met my. Ek is natuurlik baie keer moedswillig en maak asof ek haar nie verstaan nie. Ek sê net my oor is nie “getune” vir haar Engels nie. Ek kan ook nie eers meer skinder oor die aangetroude familie nie, want sy antwoord my altyd in Engels terug. Het seker maar my moedswillige streep in haar. Maar “too add insult to injury” my vrou begin nou al Ingels met my praat. Ai ai.

Wonder net wanneer gaan die Ozzies ophou om vir my te vra “you South African? Nou met die wêreld beker weet ek nie of dit so ‘n goeie ding is nie. Almal voorspel natuurlik dat die bokke slae gaan kry Saterdag aand. Nou kyk, julle ken my, ek is ‘n bok vir sports en ‘n bok is ‘n bliksem. Ek het al klaar weer ‘n R1000 oppie bokke. As hulle my die keer drop, gaan ek wragtig vir hulle vloek en my mak toordokter op hule sit.

Sad van Bob Woolmer.

Alles is teen my, maar ek hoop maar. Het die geld nodig vir die bybetaling by die assuransie. ‘n Ander ou sê my nou die dag hy sal my “Russian odds” gee. Ek vra toe “watse odds? “I will give you 100 to 1 in Russian odds” Ek sien ‘n slang in die gras en is maar bra onwillig. Hy lag en sê “You give me $100. If you win I give you your $100 plus $1 back. If you lose I keep your $100, Comrade” Klink vir my toe te veel na die nuwe RSA en ek wys toe sy aanbod vriendelik van die hand. Ek ken ‘n Mamba as ek een sien. Van slange gepraat. Julle moet pasop as julle hier kom. Die gevaarlike “Brown snake” lyk vir my al te veel na die bruin huisslang in RSA. Maak dood kêrels, maak dood.

Hier in Oz lyk dinge elke dag beter. Kry toe nou die dag so ‘n soort van job offer. Ek gaan lewer toe mos ‘n klomp “cones” af waar ‘n konstruksie firma besig is met ‘n pad verbreding. Ek gesels toe nog so met die voorman oor konstruksie, toe dit begin reën. Hy ignore daai water en gaan aan asof niks besig om te gebeur nie. Seker nie geweet wat dit is nie. Ek sê toe “back in South Africa, we don’t work in the rain” want ek reën sopnat. Hy sê toe ja, hulle ook nie, maar hy stop nie die job nie. Dit is toe dat hy met die job offer kom. Hy sê toe, gewoontlik moet hy ekstra mense kry om nou die noodwendinge handewerk te doen. “You don’t want a real job, mate? Ek het sy maer lyfie so gekyk en geweet hier gaan ek dooi. My groot pens gaan nooit hier hou nie. Want sien, in RSA is manne van my postuur die voormanne. As die voorman hier ‘n maergat is, hoe word sy werkers nie gedryf nie. Die wat hy altyd mense soek, hulle vrek seker op strepe. Aikona, dan dryf ek maar liewers. Dit het my baie geld gekos om my pens te bring waar hy is en ‘n mens gooi nie sommer geld in die water nie. Ek verneem toe of hulle nie dalk ‘n office joppie het nie? “No mate, we have enough managers, we need workers” Ag nou ja, sal maar nog dryf.

Goeie nag gehad. Het klaar ingelog by die werk en sit nou hier agter die rekenaar en nonsense uit dink.

Gaan vanaand by ‘n ander SAner kuier. Die man ken ook vir Oom Koos Wye Voete. Ons gaan hom weer beter leer ken vanaand. Lanklaas ‘n tjop en ‘n dop in goeie geselskap gehad. Hopelik sal ons weer julle SAners se probleme vanaand kan oplos. Ek is seker die Blou Bulle gaan ook more beter speel as hulle ons raad sou volg. Julle moet darem wragtig desperaat wees om ou hande soos Bobby en kie weer terug te roep en in te span. Kon nie glo toe ek ‘n ou bekende gesig sien nie. Hier hang ‘n perd agter die scrum rond en sy houding lyk vir my bekend. Kan nie mooi sien nie, die oge julle weet. Met ‘n nader skoot sien ek wragtig, dit is Bobby Skinstadt. Kan jy nou meer. Die afgetrede Blou Bul se naam is op die punt van my tong, sal hom nou nou kry, die restaurant besigheid was seker nie ‘n goeie bet nie.

Gepraat van ‘n goeie bet. Hulle het altyd gesê. Daar is ‘n paar maniere om verseker jou geld te verloor. Bo aan die ranglys is vroumense. Dan drank. Dan dobbel. Dan laaste, boerdery. Laat ek vir julle vertel ek ken boerdery. Ek het ‘n paar neefs wat boer. Gaat baie goed met hulle. So goed dat hulle nie eers meer kans kry om te skryf nie. Hou ‘n mens besig, die geld tellery. Ek sien my dinges enige dag liewer met boerdery. Ek ry gereeld in “The Hills” rond. Paradys, sê vir julle. Hoe die mense geld maak, weet ek nie want ek sien nooit iemand werk nie. Seker defnitief “Die Paradys” Geld val uit die lug uit.

Moet nou ry. Daars a call. In die sweet van jou aangesig…..

Groetnis. (sien nou eers ek het my datum verkeerd)

Link to comment
Share on other sites

Gie gie...ummm Kobus Wiese? dalk is hy te oud dink ek....ek weet hy het koffie shops gehad... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Sommer net nonsense op 24 Maart 2007

Hallo Jan

Lyk my jy sien so uit na Saterdag se groot krieket tussen Oz en RSA dat jy al sommer Saterdag se datum vir jou skrywe gebruik!

Trek net jou been, hou so voort asb, ons geniet dit.

Die ou wat so agter die Bulls skrum rondhang moet seker die gryskop Anton Leonard wees. Die ou wat altyd so om die skrum wegbreek net om eers bietjie te stoei .... en dan die balbesit te verloor!

Groete en onthou die 2007 wêreldbeker krieketkampioen sal nie Saterdag al die kaarte speel nie!

Link to comment
Share on other sites

Jan ! dis vet pret om jou staaltjies te lees. Jy moet gerus daaraan dink om jou skryf werk te laat bind. Ek loer altyd om te sien of jy ons nie weer gaan vermaak nie. Baie dankie en geniet die krieket ek hoop nie jou beurse is leeg na saterdag nie maar vol soos jou pens !

Link to comment
Share on other sites

Hello Jan.

Lekker gegiggle oor die voorman en die pens. :) Ja dit kos baie geld om die pens so te hou. :lol:

Geniet die Krieket en die rugby, Ek hou baie van die Aussie span maar ek hoop die Suid Afrikaners

doen die ding morê. :ilikeit:

O ja en moenie te veel met Koos wye voete kuier nie :lol: anders gaan jy nie kan wakker bly vir die krieket nie.

skryf gou weer.

Cheers vir eers

sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Dankie Jan, so entertaining soos altyd :ilikeit: ...voel skoon asof ek op 'n ander planeet is as ek jou stories lees! :)

Yes, ek sien net so uit na die krieket! Mag die beste span wen....! :o Ons almal weet wie dit is! :lol::lol:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...