Jump to content

Afrikaans


Lynnie

Recommended Posts

DIE duisterfluisteraars wat Afrikaans se dood voorspel, is van hul
breinselle beroof.

Dit is die gevolgtrekking waartoe 'n mens kom ná 'n
gesprek met mev. Joey Basson, die baasbrein agter die Hoërskool
Richardsbaai se Wilde Woordeboek. Basson, vakhoof van Afrikaans by dié
skool, het in 1993 met 'n projek begin om kinders aan te moedig om nuwe
woorde in Afrikaans te skep. Dié nuutskeppings is in 1997 in 'n Wilde
Woordeboek opgeneem. Die projek het sedertdien gegroei tot 'n landwye
wedstryd waarin oud en jonk nuwe asem in die taal blaas. ``Ons het
vanjaar 587 nuutskeppings aangeteken en ons is besig om te werk aan 'n
nuwe Wilde Woordeboek. Volgende jaar wil ons twee nuwe afdelings vir die
wedstryd skep waarin deelnemers idiome en intensiewe vorme moet
uitdink. ``Baie van die huidige idiome, soos agteros kom ook in die
kraal, het geen betekenis vir vandag se jongmense nie. En wat beteken
spierwit en potblou? ``Die uitdaging is om nuwerwetse, eietydse
nuutskeppings uit te dink,'' sê Basson. Baie van die woorde wat in die
vorige wedstryde geskep is, word reeds in die algemene spreektaal
gebruik.

Een van die woorde wat veral gewild is, is vloermoer.
Dit is die Wilde Woordeboek se antwoord op die Engelse ``to throw a
tantrum''. Onder die nuutste Wilde Woordeboek-werpsel is selfs 'n
Afrikaanse verklaring vir die ``raves'' waar jong mense hul lywe
rondpluk. Van die voorstelle sluit in 'n raaswals, 'n zombidans, 'n
maltrap, 'n kopspin of 'n hottentotsgoddans. 'n Oplossing word ook
gebied om die Engelse ``longdrop'' te beskryf. Noem dit liewer 'n besoek
aan die plonsput, die dieptroon, die gemakgat of die plaaspardoems.
Wanneer u volgende keer ``spare ribs'' wil bestel, verras die kelner met
'n versoek vir evabeentjies, vleiskitaartjies of otgenot. Hoe gemaak
met die lekker Engelse woord ``stapler'' waarmee 'n mens papiere bind?
Probeer draadjiedrukker of papiervampier. Wat van iemand wat ongeskik
verklaar word vir werk? Pleks om te sê hy is ``geboard'', laat die man
liewer sagte plankies kap, sê hy werk by die suikermyn, hy is onklaar
verklaar of hy is gerak.

Die Wilde Woordeboek is 'n goudmyn van lekkersê-woorde wat soms onverwags verras met raakvat-beskrywings. 'n
Wilde Woordeboek-boodskap om iemand se Blou Maandag op te beur (met
verklarings in hakies) kan byvoorbeeld só lui:

Is jy in 'n perdebui (bad mood) omdat iemand besig is om jou handvatsels glad te vat
(jou rond te shunt)? Jy is mos nie 'n sponskind (softy) nie jy met
daardie natuurlike noedelhare (spiral perm). Of word jy nou 'n tannetjie
hekel (oulady). Onthou jy nog hoe jy druktyd (sweet sixteen) beleef
het? Miskien moet jy maar 'n ou loslooitjie (affair) aanknoop om jouself
op te beur. Nooit gedink my blindederm sal lank genoeg wees (ek sal die
guts hê) om dit voor te stel nie, né? Wat van daardie oulike moerjoggie
(appy)? Of verkies jy eerder 'n fundivakie (nerd)? Wie se
sjokoladepoppie (sweetie) wil jy wees? Spin jy jou driewiel (gooi 'n
tantrum) omdat jy vanoggend weer besef het jou vriend is 'n
onrehabiliteerbare skouervlieg (back seat driver)? Dit sal my ook
ystervarke laat vang ('n gasket laat blaas) as iemand heeltyd soos 'n
koopsebliefie (rep) sy stembande om my ore rek (nag). Hy het seker maar
vanoggend weer 'n effense bewerlewertjie (hangover) ná gisteraand se
gekuier oor die polisiekoffie (halfjackie). Komaan, klim uit die
streskas (unwind). As hy weer iets sê oor jou bestuursvernuf en jy trek
holrug (kry creeps), sê vir hom hy soek vir gips en steke (watch it)!
Gaan huis toe, groet die bure se brommerboel (brandsiek brak) en tooi
jouself in jou mooiste saterdrag (informele klere) vir daai mog dit trof
(blind date). As dit 'n petofferige (flashy) ou is wat met 'n
sardyntrein (taxi) voor die deur stop, sê vir hom jy is poegemoeg
(lights out) en wil liewer vanaand alleen wees. Slaan 'n vleismolessie
(stew) aanmekaar, haal die jeugdeeg (make-up) van jou gesig af en snik
jou sorge weg in 'n bloplappie (tissue). Hou sommer môre 'n
vakbondvastrap (toi-toi) voor jou werkplek en vra vir 'n verhoging om te
betaal vir die hysbakkies (face lift) waarvan jy droom. Jip-jip?
(okay?).

  • Like 2
Link to comment
Share on other sites

Very entertaining. Many years ago I worked for Fiat SA. We received a letter, complaining about his car, from a professor at the University of OFS. I had to translate it from Afrikaans to English and the bosses secretary then translated it from English to Italian. The boss answered, she translated, then back to me to put it into my best Afrikaans. Well suffice it to say, I had to go and buy an English/Afrikaans dictionary, for motor vehicle terms, in order to do both translations. The only one I remember is "knormoer" which was the starter motor. We did get a letter back from the professor complimenting us for answering him in such excellent Afrikaans....yeah right, he just did not know the trouble we went to in order to do so.

  • Like 2
Link to comment
Share on other sites

Baie interesant.

Ongelukkig stem ek saam omtrent die uiteindelike dood van Afrikaans. Nie in die volgende 10 of 20 jaar nie, maar teen die huidige trant gaan dit een of ander tyd gebeur.

Meer en meer mense verlaat die land, en ongelukkig lyk dit asof SA 'n soortgelyke paadjie as Zim gaan loop. Ek hoop nie so nie, maar dis hoe dit lyk.

En soos ek self kan se, as 'n mens eers uit die land is en jy amper nooit Afrikaans praat nie, gaan jou taal agteruit - soos julle dalk van my spelling kan uitmaak. Ek het die ander dag so gesukkel om 'n artikel in die Beeld te lees. En jou kinders se Afrikaans is nog erger, en teen die tyd wat jy kleinkinders het, gaan die taal maar basies dood wees in jou gesin. Dis slegs my gesin, maar daar is duisende sulke gesinne en uiteindelik gaan daar bitter min Afrikaans in SA oor wees.

Nou, as ek verkeerd bewys word sal ek bly wees, maar dit is my eerlike opinie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...