Jump to content

Lotters van Centurian: emigrasie


Lotters van Centurion

Recommended Posts

hallo daar.

dit is zack en chantal lotter van centurion sa.na jare se oorweging het ons besluit om te emigreer,om sodoende vir ons dogtertjie van 6jaar oud,'n beter toekoms te verseker.ek(zack) is 'n spesialis(nie-medies),werksaam by telkomsa al vir 25jaar.ek is ook bereid om myself in enige-iets te bekwaam.ek stel ook baie belang in verkoeling,alhoewel ek nog nie daarin gekwalifiseer is nie.

my vrou(chantal) vervoer tans skoolkinders vanaf die skole na ouerhuise,en is ook baie bereid om dieselfde dienste daar te verskaf.

is daar iemand daar buite wat ons asseblief kan help met die regte inligting en proses wat gevolg moet word?

ek het my volledige cv,indien ek dit moet aanheg.

groete

lotters van centurion

Link to comment
Share on other sites

Hi,

welkom by die forum. Hier is baie inligting. Julle moet maar net `n bietjie rond krap.

Gaan kyk op sites soos www.seek.com.au en www.mycareer.com.au ens, dalk kan hulle jou met `n werk help.

Groete en sterkte

Johan

Link to comment
Share on other sites

Hi

Doen solank aansoek vir julle unabridge geboorteserifikate en huweliksertifikaat en natuurlik die paspoorte by die centurion se binnelandse sake. As julle nie alreeds dit gedoen het nie. Vra maar vrae dis die vinnigste wat dinge gaan begin beweeg. :D

Die "koffiekroeg" wat die 7 de April gehou word (as ek reg is, kyk bo op die forum) sal julle ook baie help want dan vra julle links,regs en center vir almal, wat julle wil weet. Kennis versamel is die eerste stap. Net soos Johan se begin al die vorige posts te lees, dit sal baie help.

Groete :ilikeit:

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Hi daar, Aniena

Baie dankie vir die info.Is tans besig met al die papierwerk.

Groete

Lotters van Centurion

Hi Johan

Ons gaan defnitief op die sites rondkrap.

Baie dankie vir die info.Is tans besig met al die papierwerk.

Groete

Lotters van Centurion

Link to comment
Share on other sites

Welkom Lotter familie en sterkte met die papier werk, dis baie en dit vat lank !

Link to comment
Share on other sites

Hi daar Lotters van Centurion,

Welkom by die forum, julle sal sien hier is net vriendelike mense en hul help graag met raad ens. :ilikeit:

Gaan kyk by die Coffee Clubs Pretorianers ons is besig om 'n braai te reel vir die 7e April.

Kyk of jul dit kan maak en leer so baie van ons ken. Ons kyk uit vir julle

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi almal,

Julle is almal 'n great hulp. Ek en my man het vir 'n geruime tyd gepraat oor emigreer sonder om regtig ernstig te raak daaroor. Vrydag het ek besluit om so bietjie op die internet te speel vir info en nadat ek en my man dit oor die naweek bespreek het, het ons nou besluit dat dit IS wat ons wil doen. Die vraag is of en hoe dit kan realiseer. Ons is self baie onseker oor waar en hoe om te begin. Probeer jy eers werk kry? Doen jy eers aansoek vir die visums? Moet jy deur 'n agent werk of is dit moontlik om dit alles op jou eie te doen?

Ons hoop om so veel as moontlik van die antwoorde op hierdie vrae te kry by die braai die 7de. Ons sien vreeslik baie daarna uit om almal van julle te ontmoet.

Maar as iemand ons intussen wil voorsien van enige tips en idees, ons sal elke input geweldig waardeer.

Groete

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Lindie

Dis makliker as jy eers werk het want meeste van die tyd stel hulle vir jou 'n agent aan. Ons het 'n agent gehad en al wat ons moes doen was om "scans" van ons paspoorte en geboortesertifikate te stuur, 'n vol CV en nog 'n paar klein goedjies. Dit was vir 'n 457 visum. Die hele proses, van Sa tot in Perth, het 3 maande geneem.

Vriende van my doen die visum aansoek self, hulle het ook eers die werk gekry, en volgens hulle is dit ook nou nie so erg en morbied en f-en verskriklik soos almal se nie.

Pas op vir mense wat 'n fooi (meer soos 'n arm en 'n been) vra om vir jou werk te kry.

Elk geval, trek maar net vinger en doen dit. Jy sal nie spyt wees nie.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Hi

Dit lyk in elk geval nou of ons 'n paar punte kort gaan wees vir die 136. My man is in finansies / ekonomie / statistiek wat, alhoewel dit op die SOL is, net 'n 50 punte job is. Verder is hy ook alreeds 40 so ons kry ook maar 'n lae punt daar.

Ons is dus nou verplig om maar eers werk te probeer kry voor ons kan kwalifiseer.

Groete

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Dit lyk vir my partymaal of sommige Suid Afrikaners hulle neus optrek vir werk in die Australiaanse platteland en wil net stede toe gaan of onmiddelik voortgaan met die lewenstyl wat hulle gewoond was. My ondervinding is dat werkgewers oor die algemeen baie gewillig is om mense met skills te sponsor vir 'n 457 in die Australiaanse platteland waar tekorte hoog is. Dit is 'n baie goeie manier om vinnig in te kom, ondervinding op te doen, permanente verblyf te kry en vandaar te gaan waar jy wil. Ek noem dit maar net vir diegene wat erenstig opsoek is na ander migrasie opsies.

Edited by Rison
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...