OnYellowBrickRd Posted February 1, 2013 Report Share Posted February 1, 2013 (edited) Hierdie wysheid van 'n Noord-Amerikaanse Indiane-stam word van geslag tot geslag deurgegee. "As jy ontdek dat jy op 'n dooie perd ry, is dit die beste om af te klim en 'n ander perd op te saal."<><><>In Suid-Afrika se korporatiewe-, onderwys- en regeringsinstansies word meer gevorderde strategie gebruik, soos:"As jy ontdek dat jy op 'n dooie perd ry .....1. Koop 'n sterker sweep.2. Verander die ruiter.3. Stel 'n komitee aan om die perd te bestudeer.4. Stel 'n kommissie aan wat ander lande besoek om te kyk hoe hulle dooie perde ry.5. Verlaag die standaarde sodat dit 'n dooie perd kan insluit.6. Herklassifiseer die dooie perd as "lewend gestremd."7. Stel kontrakteurs aan om die dooie perd te ry.8. Span verskeie dooie perde saam in om die dooie perd se vertoning te verbeter.9. Verskaf bykomende fondse en/of opleiding om die dooie perd se prestasie te verbeter.10. Doen 'n produktiwiteitstudie om vas te stel of ligter ruiters die dooie perd se prestasie sal verbeter.11. Verklaar dat aangesien die dooie perd nie gevoer hoef te word nie, dit goedkoper is, laer omsetkoste vereis en dus 'n aansienliker bydrae lewer tot die eindresultaat van die ekonomie as wat met sommige ander perde die geval is.12. Hersien die verwagte prestasievereistes vir dooie perde. 13. Promoveer die dooie perd tot 'n toesighoudende posisie.14. As jy dit alles verstaan, is jy beslis 'n Nuwe Suid-Afrikaner. Edited February 1, 2013 by OnYellowBrickRd 6 Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
HadEnoughofJuju Posted February 1, 2013 Report Share Posted February 1, 2013 Whahahahahahahaha! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
africancowgirl Posted February 1, 2013 Report Share Posted February 1, 2013 What a scream ! Thanks for the laughs! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
jm01 Posted February 14, 2013 Report Share Posted February 14, 2013 15.gee die perd 51% aandele,Sadat dit bookmobile dat dit iets betaken. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.