Jump to content

Kan ek medisyne saamvat?


bananagirl

Recommended Posts

Hallo almal

Ons LSD is geboek vir 7 mei tot 26 mei. As ek so lees dan sien ek so baie mense wat in daardie tyd gaan. Laat mens wonder hoeveel mense jy op die vliegtuig en lughawe gaan ontmoet wat ook op LSD gaan.

Ek het net gewonder oor medisyne. Sal ons medisyne in OZ kan invat? Ek het gedink aan goed soos kopseer, maagprobleme, verkoue medisyne ens. Dit sal sekerlik goedkoper wees om dit saam te vat as om dalk daar te moet koop. 'n Mens is nie lus om siek te word op vakansie nie en dan al jou geld moet uitgee op medisyne nie. Ek wil nie in die moeilikheid kom oor 'n paar panadotjies en hoesstroop nie.

Watter ander goed moet ons onthou om in te pak? Ons gaan vanaf Sydney na Brisbane toe ry. Gaan dit al koud wees in Sydney? Moet ons warm klere saamneeem?

Lekker dag vir almal

BG

Link to comment
Share on other sites

Jy mag medisyne vir persoonlike gebruik vat - skryf net op jou "Incoming Passenger Card" dat jy 'n "emergency kit" het. As jy voorskrif medikasie gebruik, sorg dat jy die voorskrif ook by jou het, en moenie meer inbring as wat jy vir jou tydperk van verblyf sal nodig hê nie. (Moet bv nie 200 prozacs bring as jy 2 weke gaan bly nie..... :ilikeit: ) As jy 2 weke oorkom, en jou "plaatjie" het bv 30 pilletjies op, is dit OK - dit is nou nie asof hulle dit gaan tel of gaan verwag jy moet die pilletjies een vir een uitdruk en in 'n houertjie saambring nie..... :D - solank dit net nie buitensporig is nie. Wat ookal jy bring, verklaar dit! B)

PS: "On second thought" : los die prozac - jy gaan dit nie hier nodig hê nie!! :rolleyes::):D:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Riekie, wat van medisyne wanneer dit die groot trek is en nie net 'n trip nie. Ek praat ook van die algemende goed, hoof pyn pille dalk 'n hoes stroop vir in geval of keelseer tablette. Die medisyne wat ons almal in ons kas / yskas het vir wanneer iemand begin hoes of opstaan met 'n hoofpyn wat jou kop wil laat bars. Hoeveel voorskrif medisyne kan 'n mens saamvat ? My man drink 'n pil in die oggend om sy suiker te beheer en die gemoed in 'n goeie toestand te hou. Wil juis die Dokter vra vir so 6 maande se voorraad. Sal 'n mens so baie kan saamvat ?

Link to comment
Share on other sites

Hi Mandy,

Volgens my kennis, mag mens 3 maande se voorraad saam met jou neem as jy permanent oorgaan, maar jy moet dan ook ‘n 3 maande voorskrif van jou dokter he.

Nie seker van my feite nie, maar dit is sover my kennis strek :rolleyes: .

Hoop jy kom reg :ilikeit: !

Lovies, Pippa! X

PS. Geniet julle LSD bananagirl

Link to comment
Share on other sites

Dankie Pippa het nog tyd so sal nader aan die groot trek vir defnitief uitvind. Wil nie probleme optel by die lughawe nie.

Link to comment
Share on other sites

Pippa is heeltemal reg! :blink: Enige voorskrif medikasie is beperk tot 'n 3 maande voorraad en jy moet die voorskrif kan wys.

Hoofpynpille en sulke goed, kan jy in jou "container" saamstuur, maar weereens nie massas nie. En dan kan jy natuurlik in jou bagasie ook 'n aanvaarbare voorraad saambring. Ek bestel gereeld goed van RSA (www.springbokpharmacy.co.za) en elke keer het doeane nog die pakkie oopgemaak en dit het die "all clear" gekry. Ek bestel bv 'n houer (100 tablette) Propain en goed soos Valoid, Cataflam, Medikeel A ens - alles in een pakkie - nog nooit 'n probleem gehad nie. :blink:

Link to comment
Share on other sites

Dankie almal,

ja ek is darem nog nie op die prozac stadium nie...... maar ek gaan dalk iets nodig hê om opgewondenheid te onderdruk as ons terug kom. Nog 'n lang wag vir ons , gaan nou eers skills ass regkry

Is iemand dalk lus om die vraag oor winterklere in post#1 te antwoord?

Sabona

BG

oeps

nja bonga

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...