Jump to content

Sommer net nonsense op 19 Maart 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 19 Maart 2007

Selfs hier in Paradys is daar slange. Nie net het Oz van die giftigste slange in die wêreld nie, hulle het ook twee been slange. B… B…. B…..D,,,,, W,,,,, ens ens. My vloek rympie gaan nog vir twee minute aan. Gister staan my wa ewe onskuldig voor Murray se huis terwyl ons die hogere dinge in die lewe gaan beproef. Ons is na ‘n “Food and Wine Festival” toe in Noord Adelaide.(‘n mens moet kan vertel dat jy saam met die elite vergader het. Hulle weet nie dat jy ‘n arm dinges is nie. Jy hou net jou pose en jy is een van hulle) In elk geval. Toe ons om die draai kom na Murray se huis toe, toe weet ek daar is fout. ‘n B….. het in my deur vasgery en ‘n merse duik gelos as ‘n present. Geen taal of tyding van ta nie. Maar sy nageslagte sal nog steeds van krampe in die agterstewe kan getuig. Hulle gaan dink dit moet maar so wees dat daar gereeld in pyn deur hulle skiet. Hulle gaan nierstene en aambuie hê in lengte van dae. Ek oorweeg dit om vir my ‘n toordokter van RSA in te voer om die blikskottel by te kom.

Laat my dink aan jare gelede. Ek en ‘n maat van my het ‘n aanleg op ‘n klipgroef naby Garankuwa gehad. Een dag sien ek ‘n perd wat soos die “knik knaks” mannetjie aangetrek is wat tussen die masjienerie loop. Hy het ‘n geel pruik opgehad en ‘n rooi jas gedra. Hy gooi toe water uit ‘n emmer oor die masjiene. Ek vra toe die voorman wat maak die mannetjie? Hy toor die masjiene sodat niemand weer daar iets kan steel nie. Ek glo dit natuurlik toe nie maar vra toe sommer vir die wis en onwis dat hy water oor ons goeters ook moet gooi. Ek hoor toe dat dit soos ‘n veldbrand deur Garankuwa trek dat die perd daar is. Of dit gewerk het of nie, weet ek nie. Maar, my spanners het nie meer weg geraak nie. So, ou maat ry weer in my vas, en sê my nie, dan besaai ek jou pad met duwweltjies. Hoop dit trek ook soos ‘n veldbrand deur Adelaide.

Die “World Police and Fire Games” is mos nou hier aan die gang in Adelaide. Ek sien toe die Suid Afrikaanse span deur die strate loop toe ek ‘n aflewering gaan doen. Ek skrou vir toe hulle. “Suid Afrika bo” Mors ek nie my asem nie. Ignore my soos ‘n stop straat. Kry vir julle ook van daai in die agterstewe is my goeie wense aan hulle.

Ons trek toe nie. Na al die “pros en cons” oorweeg is, het ons besluit om maar voorlopig nog aan te gaan op die huidige trant. Die lug is redelik gesuiwer en ‘n paar ooreenkomste is bereik. My grootste oorwinnig is dat ek nog nie hoef te was en stryk nie. As hulle ‘n paartie wil hou, stel hulle ons vroegtydig in kennis sodat ons die pad kan vat en gaan kamp. Ek is nou in beheer van skottelgoed was. Wat dit beteken is dat ek die bleddie goed moet was, want daar is nooit iemand beskikbaar om te order nie. Ek is stadig maar seker besig om al my managing skills te verloor. Ek bestuur darem nog my kar. Gepraat van. Die blikskottel soek ook nuwe bande. $169 stuk vir Michelin’s. Dit is ongeveer R1000 stuk teen huidige wisselkoerse. Wat kos dit nou daar by julle? Ek onthou van so R650 stuk.

Ek was vanaand ook in beheer van kosmaak. Wat kry hulle? Pap en vleis natuurlik. Ek moes die pap toor met suiker mielies, botter en kaas, anders eet Travis dit ok nie. Dit gaan nog jare vat om die perd beskaafd te kry, indien ooit. Sondag by die “Festival” toe wonder ek hoeveel aftrek sou my pap en wors kry. Nie veel nie, glo ek. Hulle is tog nou so gesondheids bewus, dit is om van te kots kameraad. Enige ding wat na vet lyk, is sonde. My oupa het hier diep in die tagtig geword (dink so, kan nie onthou nie) en hy het geweier om skaapvleis te eet as daar nie ‘n duim vet aan was nie. Ek glo ook daaraan, maar by my kan jy dit om my maag en sterre sien. Ek drink egter baie rooiwyn om die cholesterol te neutraliseer. Werk, glo my. Elke keer as ek my weeg, sien ek hoe gesond ek is en ek word net gesonder by die dag.

Groetnis. Plig roep. Moet die skottelgoed gaan organize.

Link to comment
Share on other sites

Jan ! Dankie dat jy ons 'n smile gee op die sonnige Maandag in donker SA want jy weet natuurlik ons president in sy hoedanigheid as hoof van die ANC gee ons alweer die skuld vir die crime. so jou "posts" is baie weklom, moet asb nie ophou nie.

Link to comment
Share on other sites

Lekker medeling Jan!

Ek begin uitsien na jou Sondag Rubrieke! :whome:

Ek hoop jy vang die ou wat jou kar gestamp het sodat jy hom kan donner! :)

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...