Jump to content

Dit kon erger gewees het.


Lynnie

Recommended Posts

'n Pa loop verby sy seun se kamer en tot sy stomme verbasing sien hy die bed is netjies opgemaak en die kamer is aan die kant.

Toe sien hy 'n koevert op die kussing.

Dis gerig aan Pa.

Met beklemming om sy hart tel hy dit op, skeur dit oop en lees die briefie :

Liewe Pa, dis met groot spyt en verdriet dat ek vir jou skryf.

Ek moes wegloop saam met my nuwe meisie omdat ek nie met jou en Ma wou rusie maak nie.

Ek en Santie het ware passie ontdek. Sy is so oulik.

Ek weet julle keur haar nie goed nie, omdat daar so baie ringe deur haar lippe, neus en ander plekke is,

En omdat sy vyf jaar ouer as ek is.

Maar dit is nie net passie nie, Pa. Sy is swanger.

Santie se ons sal baie gelukkig wees.

Sy het 'n woonwa wat iewers in 'n bos staan en daar is 'n hele hoop vuurmaakhout vir die winter.

Ons wil sommer nog baie kinders he.

Santie het my ook geleer dat dagga nie sleg is nie.

Ons gaan sommer self 'n bietjie daarvan in die bos kweek en dit aan die ander mense in die kommune verkoop.

Dan kan ons met daardie geld ander, duurder drugs soos COKE koop.

Intussen hoop en bid ons dat die wetenskap 'n kuur vir VIGS vind sodat

Santie gesond raak. Sy verdien dit !!!!!!!!

Moenie bekommerd wees nie, Pa.

Ek is darem al vyftien en kan na myself kyk. Ontspan, en geniet die kleinkinders wat nog kom.

Met liefde

Jou seun, Johan.

NS !!! Pa, niks hiervan is waar nie!!!! Ek is by Jannie.

Ek wou Pa maar net daaraan herinner daar is baie erger dinge in die lewe as 'n swak rapport.

Bel wanneer dit veilig is om huis toe te kom !!!!!

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...