Jump to content

Gholfdag (Brisbane)


Rudolph

Recommended Posts

Boodskap van Jannie Bloem <bloem@iprimus.com.au>

Voorsitter van Afrikaanse Klub in Australie

Beste Vriende

Baie welkom by die Familie Golfdag in 2007. Baie dankie vir die spelers wat reeds my laat weet het en inbetalingsbewyse aangestuur het.

Met julle deelname gaan hierdie ‘n grote wees.

Baie dankie by voorbaat aan die klubbestuur en al die helpers en besighede wat die dag moontlik maak.

Dankie sover aan HITMAN en die AKA Klub wat borge beskikbaar gestel het.

Ek het dringend die volgende inligting nodig:

Inbetalings bewyse van alle spelers en borge.

Elke speler moet asb. laat weet of hy/sy

1.

Lid is van die klub

2.

18 of 10 gate speel.

3.

Golfstokke gehuur moet word.

4.

Golfkarretjie gehuur moet word.

5.

Die Braai en Dans bywoon.

6.

Alle borge moet asb. A0 borde afgee voor of op Vrydag 23 Maart 2007 by Dirk/Arno of die golfbaan ProShop voor 16h00. Indien julle nie borde het nie sal die name op die telkaart aangeheg word.

Ek het besprekings, maar nie alle inbetalings bewyse nie. Die afsnydatum is die 17de Maart 2007 vir inbetalingsbewyse.

Onthou asb. 18 gate spelers slaan om 10h00 af.

10 gate spelers slaan om 12h00 af.

Golfhempde en T-hempde

Daar is golfhempde en T-hempde beskikbaar by Ben/Thea Prinsloo 0401 770 900/0439 845 031 of thea.prinsloo@optusnet.com.au. Laat hulle asb weet watter groote julle wil he.

Dis 'n baie mooi golfhemp met die AKA logo op die bors en 2007 op die moue geborduur.

Die hempde is $35. Hempde is beskikbaar in mans en dames snitte en die vrouens se groottes gaan 8 - 20 en die mans van S - XXXL.

Die T-hemde is $20. Voor op die bors is die Logo en "Afrikaners is plesierig" en op die moue 2007.

Die Golfdag besonderhede is as volg:

Datum: 24 Maart 2007.

Plek: California Creek Public Golf Course (Refidex MAP 244 F18)

of kyk ook op http://www.whereis.com/whereis/confirmedMap.do?nref=homeMap en klik op "Golf Courses" en "Show".

Tyd: 10h00 afslaan vir 18 gate en 12h00 afslaan vir 10 gate. Daarna kuier ons tot baie laat op die 11 of 19de putjie

Koste: Lede : Geen ekstra koste. Lede vorms is beskikbaar op die webwerf www.afrikaans.org.au

Nie-Lede: $20 Bo-koste

18 gate - $18 per speler.

10 gate - $15 per speler

Vorm van spel: "American Scramble" - In kort, speel altyd van die beste bal tot in die

gat.

Ons speel 10/18 gate. 10gate is om die jongeres ook kans te gee om dit te geniet.

Ekstras: Golfstokke kan gehuur word teen $5

Golfkarretjies (Ongelukkig net 8 beskikbaar) teen $30.00 vir 18 gate

$20.00 vir 10 gate.

PRYSE:

Beste span (1 prys) en wissel trofee.

Span wat die dag die meeste geniet het (1 prys)

Langste dryf (1 prys)

Naaste aan die pen (2 pryse)

Beste “putter” (1 kontant prys) (Die koste om in te skryf vir die kompetisie is $5)

BRING & BRAAI MET DANS

Na die tyd sal daar ‘n bring & braai met ‘n dans wees

Elkeen bring sy eie vleis, groente, vrugte en eetgerei saam.

Die koste hiervan sal $10 per gesin (lede) en $15 per gesin (nie-lede), beloop.

Die idee is dat ons gesinne inskryf of ten minste Pa/Ma en seuns/dogters.

Dis nou die dag waar jy jou dogters/seuns kan saamvat sonder

dat hy/sy hoef te vra: "Pa/Ma wanneer kan ek 'n bal slaat?"

Die baan is ongelukkig beperk tot 'n totale aantal spelers van 100. (25 gesinne/vriende van 4.) So bespreek asb vinnig om jou plek te boek.

Bespreek by Dirk/Elsabe Joubert (m) 041 036 8453/0422015282 of (h) 07 38065615 of epos/"email": dtjoubert@yahoo.com

Betaal asb. julle gelde so vinnig as moontlik direk in die klub rek om teleurstelling te voorkom.

Stuur asb julle betalingsbewyse na dtjoubert@yahoo.com

Commonwealth Bank

Afrikaanse Klub Australie

BSB no: 064000

Rek no: 10760540

Ons sal baie bly wees vir nog BORGE vir pryse.

Advertensieborde kan ook per gat gereel word, $50 per gat.

Die spesifikasie is hier ‘n A0 grootte bord in ‘n A-raam wat by elke afslaanbof geplaas gaan word.

Teen $100 per gat kan jy jou eie “bemakingspan” by die bof beskikbaar maak.

Kom besighede hierdie is die geleentheid om jou network te bou.

Ek het alreeds goeie belangstelling so speel vinnig. Die advetensie borde gaan vinnig uithardloop.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...