Jump to content

Potgooie


Dedrei

Recommended Posts

Dedrei het jy die een geluister waar hulle oor saaustralia praat? (Ek dink dit is nr 18 as ek reg onthou...) Hulle het 'n liedjie gespeel van 'n RSA kunstenaar en ek wil net met alle mag daai CD in die hande kry! Dit was 'n liedjie van Jan Potter - Altyd Daar. Jy moet die woorde hoor! (Dalk het jy al?):

As jy vir my jou trane gee

En ek vir jou my hand kan gee

Miskien sal jy verstaan...... STUNNING!! DIEP!!! :hug: (Ek wonder of al sy liedjies so mooi is??)

Ek hoor Nicolas Louw is ook 'n fantastiese nuwe Afrikaanse sanger - sal graag na sy musiek ook wil luister - het jy al van sy musiek gehoor? Wat dink jy daarvan??

Ek het omtrent elke liewe Afrikaanse (en Suid Afriaanse) CD tot ons uit RSA weg is, en het so nou en dan by kuiermense nuwes gekry, maar lyk my ek is heeltemal uit voeling met wat nou in die Afrikaanse musiek wêreld gebeur.

O ja, Theuns Jordaan kom in Augustus Aus toe :hug: - hy gaan in Brisbane optree en hulle wil kyk vir 'n optrede in Sydney ook. Ek gaan saam, ek sit voor!!! He He!! (Hy het blykbaar ook 'n nuwe CD uit......)

Link to comment
Share on other sites

Nicolas Louw sing baie nice. Ek dink ons het nog 'n cd van hom iewers.

Het nog nie hier in SA gehoor van die Jan Potter nie, miskien is hy maar nog besig om te begin in die bedryf of iets.

Het nommer #18 geluister, maar hulle het vir my bietjie deurmekaar geklink oor ons website.

Kan mens op die plane jou cd's inpak in jou bagasie. Wat as mens van daai ander cd/dvd's het :hug: Deesdae kan jy enige iets koop en download op die internet, nou met die IPODS en goeters.

Link to comment
Share on other sites

Nicolas Louw sing baie nice. Ek dink ons het nog 'n cd van hom iewers.

Het nog nie hier in SA gehoor van die Jan Potter nie, miskien is hy maar nog besig om te begin in die bedryf of iets.

Het nommer #18 geluister, maar hulle het vir my bietjie deurmekaar geklink oor ons website.

Kan mens op die plane jou cd's inpak in jou bagasie. Wat as mens van daai ander cd/dvd's het :hug: Deesdae kan jy enige iets koop en download op die internet, nou met die IPODS en goeters.

Link to comment
Share on other sites

Jy kan jou CD's op die vliegtuig vat, maar los liewer enige "pirate copies" by die huis - hulle is baie streng hier oor "piracy". :ph34r: Nou nie dat hulle almal se bagasie sal deursoek nie, maar dalk is jy net een van die wat hulle eenkant toe roep om alles uit te pak.... MP3 Player is 100% (wat nie altyd vir my sin maak nie, want as jy "pirate copies" op 'n CD het, kan die musiek op jou MP3 player mos ook "pirates" wees.......?? Hoe sal hulle nou weet? - Dalk kan iemand dit verduidelik). :huh:

Wat die potgooi betref: Ja, ek het ook nogal gedink hulle "klink" bietjie deurmekaar :wacko: , maar hulle hele gesprek was so half "deurmekaar"..... Dalk is hulle maar net 2 deurmekaar ouens?... Het nog nie na ander uitsendings geluister nie, so dalk is hulle maar net altyd so. Ten minste was ons "genoem" :ilikeit: en dit help al baie!!

Link to comment
Share on other sites

Dagse!

Ja, ek is een van die "deurmekaar" ouens. Ek vra omverskoning as ek julle boodskap verkeerd oorgedra het. Ek wil baie graag my potgooi gebruik as 'n medium om afrikaans sprekendes bymekaar te bring. Julle website slaag goed daar in, en ek wil graag vir julle die geleentheid gee om julle eie "advertensie" te maak wat ek op die potgooi kan gebruik.

Dink aan wat julle wil se, en stuur dit vir my. Ek sal dan vir julle so 'n 30 sekonde na 'n minuut advertensie maak van dit, en dit op my potgooi speel, en ons kan ook die ander potgooiers vra om julle advertensie op hulle potgooi te speel.

As ek enigsins kan help, kontak my gerus.

Groetnis!

Phil

Link to comment
Share on other sites

Phil, jy is 'n STER!!! (Al is jy so bietjie "deurmekaar"..... :D ) Ek gaan dit aan Hendie :ph34r: oorlaat om daai 30 tot 60 sekondes saam te stel - hy is die een wat KEN van - ons klomp vrouens is ook maar almal so bietjie "deurmekaar" en party van ons selfs bietjie mal :huh: )!

Jy het gladnie ons boodskap verkeerd oorgedra nie - ons is baie beïndruk dat jy ons genoem het - Baie Dankie!! :ilikeit: Ek dink mens vergelyk julle potgooi met 'n gewone radiostasie waar mens voor die tyd 'n "script" het, maar julle uitsending is eintlik 'n lekker, gemaklike gesprek, in Afrikaans - ek het dit baie geniet, veral die MUSIEK!! (Het jy my email gekry oor waar jy die "We are Australian" liedjie kan kry?? Ek het dit via die "contact us" op julle webblad vir jou gestuur??) Is daar van jou uitsendings waar jy Nicolas Louw goed gespeel het, waarna ek kan gaan luister - ek het nog net gehoor die ou is so wonderlik, maar weet nie waar ek na iets van hom kan luister nie..?? Ai, 'n duisend vrae!! Kan jy nou net DINK hoe Hendie al met ons klomp moet voel?! :wacko:

Dankie Phil, vir jou aanbod van die advertensie - ek gaan dit sommer NOU aan Hendie noem - as hy dit nie alreeds raakgesien het nie! :)

Link to comment
Share on other sites

Dedrei, daai liedjie van Jan Porter (toe nie Potter nie) wat ek jou van vertel het, kan jy hier na gaan luister. Die liedjie se naam is miskien. ("scroll" af tot jy by Jan Porter se lysie kom en kliek op die "play" button langs die liedjie se naam - Altyd daar is ook mooi, maar die een wat ek van gepraat het is "miskien")

http://kraaipromosies.co.za/sapodsafemusic/?page_id=4

Link to comment
Share on other sites

Luister na potgooi se uitsending nr 23 - Phil (een van die deurmekaar ouens ;) ) het met my 'n onderhoud gehad oor saaustralia (het dit nog nie self gehoor nie - hy moes dit nog finaliseer vir uitsending komende Vrydag - dit sal ook eers komende Vrydag 31ste uitgesaai word).

Ek dink dit is wonderlik van Phil om ons forum soveel blootstelling te gee. Hoe kan ons ooit genoeg dankie sê?! Jy is wonderlik!!! ;):ilikeit::ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...