Jump to content

5 punte nodig


Recommended Posts

Hi daar

Ons (ek en my vrou) het soos baie van julle besluit dat die tyd is nou ryp om te gaan. Ons het gehoor dat dit makliker is vir Onderwysers om Aansoek te doen vir Permanente verblyf en het ons aanvanklik besluit om onder haar naam aansoek te doen. Die probleem het egter opgeduik dat sy nou 30 jaar oud is en dat ons as gevolg daarvan 5 punte benodig om onder haar naam aansoek te doen om te emmigreer. Die 5 punte sou ons kon opmaak as sy haar studies in Afrikaans gedoen het, maar het sy net haar eerste diploma( 3jaar) in Afrikaans gedoen en haar 2de diploma( 1jaar) in Engels onderig ontvang. Die ander manier is om $100 000 in 'n Staatskorporasie vir 12 maande te bele. Hoeveel van ons het nou $100 000,00. Sal maar die Lotto moet speel!

Die alternatief is dus nou dat daar onder my naam aansoek gedoen moet word. Ek is 'n Prokureur in SA en moet ek eers 'n Oorbruggingskursus doen om as 'n Prokureur te kan werk in Australia. So 'n Kursus neem omtrent 'n jaar en sal ons eers daarna kan aansoek doen vir Permanente verblyf. Dit sal beteken dat ons in effek eers volgende jaar Junie, dalk later, onder my naam sal kan Aansoek doen vir permanente verblyf wat tot gevolg sal he dat as alles volgens plan op grond van die veronderstelling verloop ons eers oor 2 jaar in Australia sal wees. Ek gaan intussen met die kursus begin.

Dit sal vir ons baie tyd spaar as ons die nodige 5 punte kan kry wat ons onder my vrou se Aansoek benodig. Is daar dalk een van julle wat weet hoe ons die 5 punte kan opmaak?

Groete aan almal!

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Peet,

Hoekom oorweeg julle nie die Sponsored Indepent Regional visa vir jou vrou nie? Jul kan gerus vir Aneldari (ook 'n onnie), een van die members 'n "pm" stuur, hulle het sommer blits vinnig met 'n sponsor oorgegaan na Suid Australië! Die onnies kry baie lekker sponsors. Gewoonlik as jy nie na die hoofstede gaan nie, benodig jy net 115 punte bv Adelaide. Dis net Brisbane, Sydney, Melbourne en Perth waarvoor jy 120 punte benodig.

As jy nog jou oorbruggingskursus moet doen, gaan dit beslis nog 'n rukkie wees voordat jul in Australië gaan uitkom :ilikeit: .

Sterkte met jul besluite

Tania

Edited by Tania
Link to comment
Share on other sites

Hi Peet,

Die 5 punte sou ons kon opmaak as sy haar studies in Afrikaans gedoen het, maar het sy net haar eerste diploma( 3jaar) in Afrikaans gedoen en haar 2de diploma( 1jaar) in Engels onderig ontvang.

Waar het jou vrou studeer :grads: ? Ek is seker dat die betrokke Universiteit of Kollege vir jou vrou 'n brief kan gee wat bevestig dat sy haar eerste diploma in Afrikaans voltooi het. Ons het die briewe aangevra vanaf ons Universiteite en hulle het ons onderig medium (Afrikaans) bevestig in 'n brief :blush: .

Indien jy van plan is om jou "conversion" eksamens te doen :ilikeit: , kan jy gaan kyk na Skill Assessment for Legal Professionals vir meer inligting.

Sterkte en hou ons op hoogte :( !

Groete, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Hi Peet

Gaan kyk bietjie op die immi.gov.au website. In Victoria val sommige onderwysers (pre school en secondary school met sekere vakke) onder die State Territory Nominated Independent Eligibility List en kan hulle aansoek doen vir permanent residency met 'n state sponsored visa.

http://www.liveinvictoria.vic.gov.au/ViewP...=1&contentId=-1

Ek oorweeg dieselfde roete, so ek het nou eers daaroor begin lees. Weet enigiemand iets meer hieroor? Ek weeet 'n mens moet vir 2 jaar by 'n staatskool werk in victoria.

Laat weet my asseblief wat jy uitvind.

BG

Link to comment
Share on other sites

Hi daar

Ons (ek en my vrou) het soos baie van julle besluit dat die tyd is nou ryp om te gaan. Ons het gehoor dat dit makliker is vir Onderwysers om Aansoek te doen vir Permanente verblyf en het ons aanvanklik besluit om onder haar naam aansoek te doen. Die probleem het egter opgeduik dat sy nou 30 jaar oud is en dat ons as gevolg daarvan 5 punte benodig om onder haar naam aansoek te doen om te emmigreer. Die 5 punte sou ons kon opmaak as sy haar studies in Afrikaans gedoen het, maar het sy net haar eerste diploma( 3jaar) in Afrikaans gedoen en haar 2de diploma( 1jaar) in Engels onderig ontvang. Die ander manier is om $100 000 in 'n Staatskorporasie vir 12 maande te bele. Hoeveel van ons het nou $100 000,00. Sal maar die Lotto moet speel!

Die alternatief is dus nou dat daar onder my naam aansoek gedoen moet word. Ek is 'n Prokureur in SA en moet ek eers 'n Oorbruggingskursus doen om as 'n Prokureur te kan werk in Australia. So 'n Kursus neem omtrent 'n jaar en sal ons eers daarna kan aansoek doen vir Permanente verblyf. Dit sal beteken dat ons in effek eers volgende jaar Junie, dalk later, onder my naam sal kan Aansoek doen vir permanente verblyf wat tot gevolg sal he dat as alles volgens plan op grond van die veronderstelling verloop ons eers oor 2 jaar in Australia sal wees. Ek gaan intussen met die kursus begin.

Dit sal vir ons baie tyd spaar as ons die nodige 5 punte kan kry wat ons onder my vrou se Aansoek benodig. Is daar dalk een van julle wat weet hoe ons die 5 punte kan opmaak?

Groete aan almal!

Dankie vir al julle replies. Sal beslis kyk na die Sponsored Independent Regional visa. My vrou is juis 'n Pre -School Onderwyser en lyk dit nou meer positief.

Groete daar en sterkte met julle planne. Sal julle op hoogte hou!

Peet

Link to comment
Share on other sites

Die beauty van die 495 is dat jou vrou net 1 van die 2 jare MOET werk en sy hoef ook nie onderwys te gee, kan iets alternatiefs doen solank dit net 30 ure per week is.

Link to comment
Share on other sites

Preschool teachers are extremely valued and in demand in Victoria. Am busy with my visa application on an STNI visa to Victoria as I am also Pre-primary and Junior Primary trained. Good luck! The future looks rosy....

Link to comment
Share on other sites

Hoe luk julle punte-profiel onder die Independent Visa?

Soos ek die Independent Visa (I.V.) onthou waarmee ons oorgekom het (10 jaar gelede), het ek en my vrou wat albei onderwysers is, heel maklik die punte opgemaak.

Die een nadeel van dieI.V. is dat jy is op jou eie, jy moet maar self sien en kom klaar, daar is geen sponsor wat na jou sal omsien nie.

Groete,

Dax.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...