Jump to content

Sommer net nonsense op 13 Maart 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 13 Maart 2007

Uit eindelik pak die skryflus my weer. Moet sê my dreigement om nie weer te skryf voor ek van baie mense gehoor het nie, het vrugte afgewerp. Maar, daar is nog baie blikskottels wat te lui is om van hulle te laat hoor. Die wat my vloek rympie ken weet, ek het hom vir julle opgesê. En, as julle daai gout in die groot toon kry en die brandpyn in die agterstewe, dan weet julle hoekom.

Daar het baie water in Adelaide se groot dam geloop vandat ek laas geskryf het. Al is dit vrek droog hierlangs, kry die see nog sy kwota. Die soutpanne gooi soos gewoontlik hulle massas sout. Dit is verbasend hoeveel sout so uit die seewater kom. Ek ry elke dag by die panne verby en sien hoe die panne droogword en die sout net meer en meer word.

Die groot nuus is dat ons huis laat bou. Ons sit Sondag 3 Maart in die Kerk, ja ek gaan weer kerk toe, toe my gedagtes afdwaal. Dit gaan ook maar moeilik om te konsentreer as die predikant sy hogere Ingels gooi om ons op die regte pad te hou. In elk geval, ek sit nog so en dink oor die week wat verby is, toe strip my moer net daar in die kerk. Die Ingelse predikant kon toe maar vergeet om my op die regte pad te hou. Ek besluit net daar en dan. As die kerk uit kom gaan soek ek huis. Maak toe ook so. Ry reguit na ‘n maatskappy wat pakkette aanbied en kry toe twee moontlike proposisies. Ons ry toe na die leë erwe, of “blocks” soos die lotte hier sê, Al twee pas ons en twee ure later sit ons die wiele aan die rol. MAAR. Murphy het ook ‘n sê. Ons moet toestemming by een of ander raad kry omdat ons nog nie permanente verblyf het nie. Sonder daai toestemming kom jy nêrens. Dit neem ‘n maand om daai toestemming te kry, as jy gelukkig is en hulle nie iets in jou verlede kry wat jou ongeskik maak nie. My gewete en lewe is redelik skoon. Gelukkig kan hulle nie gedagtes lees om te weet wie ek al hel toe gestuur het nie. So nou wag ons vir daai toestemming.

Ons moet ook eers ons permanente verblyf reg kry om te kwalifiseer vir die “First Homeowners Grant” van $7000. Daar is nog ‘n dinges in die drinkwater. Ons “case officer” het bedank en hulle moet nou ‘n ander een vir ons aanstel. Wagtyd? Enige iets van ‘n maand tot ‘n jaar. Hopelik is die burokrasie hier beter as in die RSA. Ek twyfel. Hulle kry HONDERDE DUISENDE aansoeke elke jaar en weet nie meer waar is kop of gat nie.

MORAL OF THE STORY. Ons huis bou is eers op die waglys.

Maar toe slaat ‘n ander luck ons. Ons kuier een aand by Annatjie se hoof se ma en sy hoor van ons huis bou petalje. Sy maak een oproep en sê sy het vir ons ‘n huis te huur op ‘n golfbaan. Speel ek golf wil sy weet? Ek sê nee, nie meer na my beenbreuk nie, maar ek laaik om dit te kyk. Sy gee vir ons die adres en die volgende dag gaan kyk ons. Dit is ‘n ou reuse huis wat in twee gedeel is. Ons deel kyk op die golf baan uit en is in ‘n prime spot gelee. Drie kilos van ‘n gewilde strand af. Omring deur parke. Idilies. 5 kilos van my kantoor af en 7 na Annatjie s’n. Huidig ry ons altwee ongeveer 25 kilometer werk toe.

Ons slaap nie in die nagte nie want ons gaan nou vir Ilse en Travis net so los en gaan hulle heel waarskynlik net een maal ‘n maand sien. Maar, miskien is dit die wegbreek kans wat moes kom. Moet voor die naweek besluit. Op die stadium voel Annatjie netsoos toe ons uit die RSA is, onseker. Maar, ek trek. My moer het gestrip en ek moet hom weer regmaak.

Kry toe nou die dag ‘n e-pos van ‘n girl uit RSA. Toemaar Annatjie weet van haar, julle grinnik verniet. Sy kom vinnig vir ‘n blits besoek na Oz. Sy wil ons almal ontmoet. Ou girl, ek sal nie name noem nie, jy gaan suffer. Jy vergeet van “Oom Jetlag” Hy maak jou size. Jy gaan vir ‘n paar dae in ‘n waas wees. Moenie te veel planne maak nie, jy gaan hulle nie kan nakom nie. Nie omdat jy nie wil nie, nee, omdat jy pap gaan wees. Gesels nou die dag met ‘n ander perd. Twee keer so groot soos ek. Ek kyk toe sy agterstewe so, en sê vir hom jy suffer seker met die vlieg want ek vrek elke keer. “Nee man, seg hy. Ek vra hulle net ‘n handvol Vodka, hulle gee dit met ‘n smile, en ek is die hele vlug op ‘n stasie” Ek het ook al daai een getry. Maar Boetie, as jy Babalaas en nog Jetlag saam het, dan vrek jy eers.

Ons het gister die Adelaide Cup gehad. Vakansidag. Wys jou hoe fanaties die mense oor hulle perde is as daar ‘n vakansie dag moet wees as die perde hol. Amper soos die Rothmans July. Ek en Murray het soos gewoontlik weer ons dinges gesien. Ek het darem die eerste en derde perde reg gehad. Maar die bleddie donkie wat tweede was het tussen my en rykdom en roem gekom. Darem ‘n erge babalaas op die lyf gekry. Het maar swaar gedryf vandag. Nou wag ons vir die krieket.

Ek sien Graham Smit is nog net so groot bek soos altyd. Moet sê, dit lyk asof hy en Ricky Ponting met mekaar wil kompeteer oor wie nou eintlik die grootbek is. Ek kry al klaar moelikheid van alle kante af oor my verdeelde lojaliteit. Sal maar vir die wenspan skreeu. Wie dit ookal is. Hier by ons gaan al die wedstryde uit gesaai word. Maar, in die middel van die nag. Hier kom groot moelikheid. Weet nou al ek gaan party dae maar liewer moet siek speel as om vaak vaak te bestuur. Ai, ai. “No Work No Pay” Waardeer julle siek verlof boys.

Hierdie stukkie kom van ‘n oud kollega en is tog so waar.

A man and his dog were walking along a road. The man was enjoying the scenery, when it suddenly occurred to him that he was dead.

He remembered dying, and that the dog walking beside him had been dead for years. He wondered where the road was leading them.

After a while, they came to a high, white stone wall along one side of the road. It looked like fine marble.

At the top of a long hill, it was broken by a tall arch that glowed in the sunlight.

When he was standing before it he saw a magnificent gate in the arch that looked like mother-of-pearl, and the street that led to the gate looked like pure gold. He and the dog walked toward the gate, and as he got closer, he saw a man at a desk to one side.

When he was close enough, he called out, "Excuse me, where are we?" "This is Heaven, sir," the man answered. "Wow! Would you happen to have some water?" the man asked. "Of course, sir. Come right in, and I'll have some ice water brought right up."

The man gestured, and the gate began to open. "Can my friend," gesturing toward his dog, "come in, too?" the traveler asked.

"I'm sorry, sir, but we don't accept pets." The man thought a moment and then turned back toward the road and continued the way he had been going with his dog.

After another long walk, and at the top of another long hill, he came to a dirt road leading through a farm gate that looked as if it had never been closed. There was no fence. As he approached the gate, he saw a man inside, leaning against a tree and reading a book.

"Excuse me!" he called to the man. "Do you have any water?" "Yeah, sure, there's a pump over there, come on in."

"How about my friend here?" the traveler gestured to the dog. "There should be a bowl by the pump." They went through the gate, and sure enough, there was an old-fashioned hand pump with a bowl beside it.

The traveler filled the water bowl and took a long drink himself, then he gave some to the dog. When they were full, he and the dog walked back toward the man who was standing by the tree.

"What do you call this place?" the traveler asked. "This is Heaven," he answered.

"Well, that's confusing," the traveler said. "The man down the road said that was Heaven, too." "Oh, you mean the place with the gold street and pearly gates? Nope. That's hell."

"Doesn't it make you mad for them to use your name like that?" "No, we're just happy that they screen out the folks who would leave their best friends behind."

Soooo...

Sometimes, we wonder why friends keep forwarding jokes to us without writing a word.

Maybe this will explain.

When you are very busy, but still want to keep in touch, guess what you do? You forward jokes.

When you have nothing to say, but still want to keep contact, you forward jokes.

When you have something to say, but don't know what, and don't know how, you forward jokes.

Also to let you know that you are still remembered, you are still important, you are still loved, you are still cared for, guess what you get?

A forwarded joke.

So, next time if you get a joke, don't think that you've been sent just another forwarded joke, but that you've been thought of today and your friend on the other end of your computer wanted to send you a smile.

You are all welcome @ my water bowl anytime

Link to comment
Share on other sites

Dankie Jan! :D

Jammer om te hoor van die FIRB oponthoud en ook julle case officer wie bedank het. Sterkte met die trek-planne; hou ons op hoogte van wat jy en Annatjie besluit! Die huis op die gholfbaan klink na 'n wonderlike opsie :D

...Beautiful e-mail storie van die hemel en hel en vriende daai...darem geweldige waarheid daarin.

Dankie dat jy ons so lekker entertain hier op die forum ;) - dit voel asof ek elke keer 'n bietjie meer 'leer' oor Adelaide so tussendeur die lyne.

Link to comment
Share on other sites

Wel gedaan Jan - wat 'n "lekker storie" Ons word dalk een van die dae "bure" my man het 'n onderhoud met 'n maatskappy van Whyalla. Adelaide is die naaste groot bure vir ons

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan

Dankie vir nog 'n Sommer net Nonsense, :) kan nie wag vir die volgende een nie. Ek dink jy is 'n "undercover "skrywer jy wil ons net nie sê wie jy regtig is nie. :( Ek het nou weer lekker gelag.

Die storie van die hemel, hel en vriende is so waar. Wil dit vir al my vriende mail dat hulle kan sien hoekom ek hulle nou eintlik mail.

Die huisie op die golf baan klink vir my na die regte ding om te doen. ;) Ek hoop jy en Annatjie sal baie gelukkig wees daar. :P

Skryf vinnig weer asb.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Lekkerr sous! Soos altyd, jou post baie geniet - dankie!

Groete van huis tot huis

Tania

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan,

Ek was bietjie afwesig die laaste tyd, en het eers vandag op jou geskrewenis afgekom. You had me in tears and in stitches....

Hou so aan!

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

:whome: Uitstekend
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...