Jump to content

Vandag wil ek weer 'n volstruis wees


yolred

Recommended Posts

Jammer vir al die engelse mense, maar die een is in afrikaans (dit is my gedagtes) (en verskoon die spelling ek is nie 'n skrywer van formaat nie)

Vandag voel alles weer ok, alles is mooi. Ek ry verby die skool waar ons kind volgende jaar heen gaan, en ek dink wow dit is regtig 'n mooi skool, mens kan sien hier is geld ingesit, en ek dink my kind gaan lekker daar skool gaan. Dan dink ek dit is 'n jammerte dat hy net vir 'n halwe jaartjie daar gaan wees. Dan gaan my gedagtes verder, sal dit nie maar net makliker wees om te bly nie? Ja dit sal, ons huis kom nou mooi reg, ons bly in 'n lekker buurt, die huis is amper klaar betaal, en die geld wat ons moet spaar om te kan immegreer kan ons die aanbouings doen.

Ons moes toe so verby my ou hoërskool ry en my seuntjie vra my of hy ook na die skool toe gaan wanneer hy ouer is, en net daar besef ek, alles wat so seker was is weg. Hy gaan nie na die skool toe kom nie, hier waar ek en pappa so lekker tyd gehad het nie. Die bekende, die weet dat dit 'n goeie skool is (In my opinie in alle opsigte).

Moes ek vanoggend 'n ander pad gery het? Alles is so mooi, rustig en gekleurd. Of is dit na die reën? Al die vuil is weg gewas 'n blink nuwe môre, en alles lyk beter.

Dalk is vandag net erg. By my seuntjie se kleuterskool besef ek hy gaan nie eers mooi vir sy maaitjies kan baai sê nie. Hulle skei hulle paaie aan die einde van die jaar met die denke, hulle sal mekaar weer raak loop, maar middel volgende jaar is ons nie meer in SA nie.

Is dit die vars bries wat vanoggend my brein so stimmuleer dat ek al hierdie dinge dink, of dalk die min slaap wat my nou begin vang?

Maar die gedagtes vloei, ek het goeie vriende, die tipe wat jy net eenkeer in jou lewe kry.

My kind begin nou regtig sy oumas en oupas geniet. Hy vra nou al of hy vir hulle kan kuier (maar lank sê hy). Dan kry ek hom so jammer, maar ten minste het hy 'n idee wat 'n ouma en 'n oupa is. Wat van nommer 2 wat nooit die voorreg gaan ken nie.

Dan word ek kwaad, hoe kan mense vir ons sê ons kies die maklike pad, ons is lafhards. Hulle weet nie wat dit is nie, hulle weet nie hoe voel ons binnekant, om al die dinge en mense wat ons ken en liefhet net so agter te laat nie.

Dit sou so lekker gewees het as ons, ons huisie so uit die grond kon tel en op 'n stukkie grond in Aus kon neer sit, en so met al ons gelieftes, maar ja hierdie is die lewe, dit werk nie so nie, die goeie saam die slegte is hoe dit werk.

Dit hou net nie op nie! My gedagtes hardloop met my weg. Ek voel hartseer oor my werk ook, ek is nou net op so plek waar mense my opinie respekteer en na my toe kom as hulle hulp nodige het, of nie seker is oor iets nie. Dit is vir my lekker om mense te kan help. Ek word vertrou met moeilike / ingewukelde take.

Dan besef ek, dit kan wees omdat ek die nuus nou al vir so week vermy het. Dit het my begin doodmaak aan die binnekant!

Dalk is dit hoekom ek vandag weer wonder. Of is dit maar deel van die hele proses?

Ek weet uit die diepte van my hart dat ons besluit reg is vir ons, en dat dit is wat ons veronderstel is om te doen, en dat dit God se wil is vir ons lewens. En so seker soos ek daaroor is, is dit nog steed moeilik.

  • Like 6
Link to comment
Share on other sites

Yolred, ek voel saam met jou. Al wat ek wil se is dat die dag as jou seun klaarmaak met skool in Australia en hy kan kies en keur of hy universiteit toe wil gaan en wat hy wil studeer, ook die dag as hy miskien graad kry en jy voel jou bors wil bars, daai is die dag wat jy sal terugkyk en vir jouself se, "ek is so bly ons bly nou in Australia, en dat my kind al hierdie geleenthede gehad het".

Sorry my written Afrikaans is not always of the best.

  • Like 3
Link to comment
Share on other sites

Yolred, we feel your pain. This is certainly not the easy path ... But it is not one that I would go back on now that we have made the journey, it has been worth it even if it has been with its trials and tribulations - you will get back what you are giving up (other than family).

Edited by Sunnyskies
  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

Yip, dit gebeur.

Ek voel weer vandag presies die teenoorgestelde!

Ek sien die verskiklike verkeer as gevolg van die verkeersligte wat uit is. Dit het alweer drie druppels in JHB gereen so elke tweede verkeerslig is uit. Hoe kan honderde stede in die wereld dit reg kry dat hulle verkeersligte werk as dit reen, maar in Johannesburg is dit onmoontlik?

Hoekom moet ek taxis verduur wat geen dooie duid omgee vir die padreels nie en woes en wild in die verkeer tekere gaan?

Hoeveel mense het ek nie vandag op hulle selfone gesien terwyl hulle bestuur nie, weet hulle nie hulle stel hulle lewens en myne in gevaar nie? Ergste nog is om iemand te sien SMS terwyl sy deur 'n interseksie draai! Waar is ons wetsgehoorsaamheid?

Ek kan nie meer die totale "incompetence" en "lawlessness" vat nie, dit wil my laat skree, maar dan dink ek, jy gaan nog vir 'n jaar hier wees, moenie jouself opwerk nie. Ek wens ons kon more op daardie vliegtuig geklim het en vir goed gegaan het inplaas van net 'n validation trip!

  • Like 4
Link to comment
Share on other sites

As much as I love South Africa, it would probably not be possible for me to live there again. Whenever we go back I notice how much strain everyone is under. Some areas seem to be doing well, but we usually stay in Springs, part of Ekhuruleni. Nobody drives at night because it's dangerous and they can't afford petrol. It's a ghost town. The people are so poor and there are so many people struggling there now. Reading the SA news online from here in Aus is so depressing. It's not an option to stay if you have a family and are able to make a better life elsewhere :( imho

Sure, there are lots and lots of rules in Australia, the rain doesn't smell the same, there are no happy smiling black people (well very few), and the accent can be annoying. It costs half a week's rent to take your family out to eat, and the food is average and the restaurant bathroom will usually be 60% clean at best.

BUT I am starting to appreciate that the rules are there for a reason, anything that takes manpower costs plenty of $$, and the people are genuinely nice.

It is a very very hard process, I just want to go back to Pretoria (for a couple of hours) and see the Jacarandas in bloom, but I'm also going to see those cardboard signs plastered on the lamp poles...:(

Do the volstruis/ ostrich thing if you have to, because you're in for a roller coaster ride, and sometimes you have to close your eyes on a roller coaster.

There will be doubts, but you will need to see it through (can't get off a roller coaster) :) so try and enjoy it and when the dust settles, you won't regret it.

Edited by Bronwyn&Co
  • Like 2
Link to comment
Share on other sites

Hi baie dankie almal,

Dit help. Voel darem baie beter vandag. Kry maar sulke dae. Dit gaan darem ook verby.

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

  • 7 months later...

Ons is ook nou in die proses om aansoek te doen vir PR visas, en is besig met die EOI. Toe ons die keuse gemaak het om te imigreer was ek baie opgewonde maar soos die tyd aanloop begin die senuwees van onsekerheid byt. Veral as jy lees van mense wat al verder in die proses is en die emosies waardeur hulle gaan en wat nog vir jou voorlê. Dankie vir almal se wyse woorde en stories wat hulle deel, dit help.

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...