Jump to content

Sommer net nonsense op 9 Maart 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

So nou en dan stuur van my vriende vir my 'n stukkie puik skryfwerk. Hier is nog so een met erkenning.

By voorbaat om verskoning vir die wat gaan aanstoot neem.

Dis laat Saterdagmiddag en Herman en twee jong ontwikkelaars sit op die braaistoep van sy huis in die Mooikloof Estate. (Die huis is vir R2,3 miljoen gewaardeer.)

Hulle het pas na die wedstryd tussen die Bulls en die Western Force oor Hennie se nuwe plasma-TV gekyk. Die Bulls het verloor en hulle drink Johnnie Walker Black en praat rugby.

Later, onafwendbaar, begin hulle oor landsake gesels: oor die De La Rey-liedjie, oor misdaad en Zuma, en wat gaan in 2010 gebeur.

Tussendeur maak Herman vuur in die Firemaster-braaier wat heuphoogte bokant die egte terracottateëls geïnstalleer is. Die Weber gaan vanaand nie groot genoeg wees vir al die vleis wat hy by die Hokaai-slaghuis gekoop het nie: T-bone, skaaptjops, wors en skilpadjies.

Die gesprek raak al driftiger.

“Luister julle manne nou mooi na my,” sê Herman en vat-vat aan die Rolex om sy pols. “Luister na my.”

Die twee jong ontwikkelaars kyk grootoog na hom. Hulle bewonder Herman. Herman het Joost se nommer op sy selfoon en het Tokyo Sexwale, Johann Rupert en Marthinus van Schalkwyk al vlugtig ontmoet. Teen die muur in sy kroegie hang foto’s van hom saam met Kallie Knoetze, John Berks, Brumilda van Rensburg, Jurie en Hestrie Els, en Ricky Roberts, Ernie Els se gewese caddy. Die meeste van die foto’s is op gholfdae geneem, want gholf is een van Herman se passies. Hy het al op Suid-Afrika se Top Tien-bane gespeel – en het die telkaarte gehou en laat raam as bewys daarvan. (Op die Sun City-baan is hy elke jaar ’n VIP-guest in die Nedbank-tent.)

Hy beplan reeds weer vroeg in April ’n trippie af George toe om op Oubaai – Ernie het die baan ontwerp – te gaan speel. Miskien sal hy George toe vlieg. Of dalk besluit hy om Linda en die twee seuns saam te neem en die quad bikes op die waentjie te laai en sommer met die Jeep Grand Cherokee af te ry. Maar hy vermoed Linda-hulle wil eerder na die strandhuis op Balito gaan. Hulle het ook ’n huis by die Vaaldam.

Herman het ook ’n huis in Woodhill, een in Silver Lakes, en twee woonstelle in Groenpunt. Maar dis bloot vir beleggingsdoeleindes. (Hy het ook aandeel in ’n huis by Leopard Creek naby Malelane.) Hy en die twee jong ontwikkelaars is tans besig met ’n ontwikkeling oos van Pretoria. Die muur rondom die ontwikkeling is klaar gebou en elke dag sit twee van hul agente in die Woodhill-sentrum. Meer as helfte van die eenhede is reeds verkoop, hoofsaaklik aan eiendomspekulante. Dinge lyk uitstekend. Hulle soek net nog grond om te ontwikkel, daarom het hulle oral in die ooste van Pretoria borde opgesit wat lui: We’re cleaning up, contact us.

Herman het 3 500 RMB-aandele in sy portefeulje en is byna elke Sondag in die NG-gemeente Moreleta se kerk. Herman dra slegs Levi-denims en rook by geleentheid Cohiba-sigare. Herman skiet elke jaar drie koedoes op ’n wildplaas naby Alldays en gaan vang gereeld forel op Dullstroom.

Herman staan op sy braaistoep en hy kyk oor sy glas Johnnie Walker Black na die twee jong ontwikkelaars. Hulle hang aan sy lippe.

“Kom ek sê julle een ding,” sê hy. “Luister nou mooi na my: Hierdie land is in sy moer in. Daar is geen hoop nie.”

Link to comment
Share on other sites

Jan, ek dink ons moet gouerig daai ou hout vuurtjie pak en die medisyne uitkry. Dis moes nie meer fireban tyd nie en mens moet darem medisyne neem so teen die aankomense koue. PM of e-mail dan reel ons iets.

Link to comment
Share on other sites

Gie Gie Gie :D

Ek het al gehoor van kla met 'n witbrood onder die arm, maar 'n mens kan seker maar kla met 'n glas Jack Daniels in jou hand ook? :blink::lol:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...