Jump to content

Kalm Oupa


Lynnie

Recommended Posts

Die Kalm oupa in die Supermark

'n Vrou loop agter ‘n oupa en sy kleinseun in die supermark en merk op die seuntjie is verskriklik stout. Die oupa het sy hande behoorlik vol, want die kind skree vir lekkers en gryp aan alles op die rakke Die oupa werk stelselmatig sy pad tussen die rakke deur en die vrou hoor hom in ‘n beheerste toon sê:

"Kalm bly Jannie, dis nie meer lank nie, wees net kalm."

Ná nóg ‘n uitbarsting merk die oupa weer saggies op:

"Dis oukei Jannie, dis oukei, nog net ‘n paar minute dan is ons klaar, wees net rustig'"

By die betaalpunt gooi die laaitie die goed wild en wakker uit die trollie, en weer hoor die vrou hoe die oupa net stilweg onder sy stem se:

"Ontspan net Jannie, moet jou nie so ontstel nie, ons is oor 5 minute by die huis, bly nou net koel."

Die vrou is baie beïndruk met die oupa, en toe sy hom buite kry waar hy die inkopies in die kattebak laai, sê sy aan die omie:

"Dis niks met my te doen nie, maar ek wil darem net noem dat ek vreeslik beïndruk is deur oom se selfbeheersing. Maak nie saak hoe stout die karnallie was nie, het oom net sag gepraat en kalm gebly. Jannie is baie gelukkig om oupa soos oom te hê."

"Dankie," merk die oupa op,"maar ek is Jannie,die klein blik*em se naam is Kosie."

:ilikeit: :ilikeit: :ilikeit: :ilikeit:

  • Like 2
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...