Jump to content

Vakansie Mt Buller VIC


legrange

Recommended Posts

Ons Vakansie.

Cornelis het al lekker in geburger in sy nuwe werk by die myn en ons is al gewoond aan die nuwe roetiene. Met sy vyf dae by die huis en sy nege dae weg het my koppie begin oortyd werk, planne gemaak en planne gemaak. Vyf dae af is baie, veral vir ons wat maar alles uit Cornelis se af tye moes druk.

Dis winter maar nie meer vir lank nie. Ek wou nog altyd ski en my kinders droom oor sneeu soos ek maar altyd oor sneeu gedroom het, daar doer in die bosveld. Die naaste wat ons aan sneeu gekom het was, as my ma die vrieskas ontdooi het. Of daai groot vrugte ysies lemoen en perske. Jy suig mos die sous uit en dan bly net die ys oor.

Wel nou moet ons dinge begin reël. Ons kan nou wel in Australië ski maar dis aan die anderkant. 3300km. Wat weet bosveld plaasjaapies van sneeu of ski af. Het baie geleer van gatski (gatskuur) hier in Ausieland. Ek ry 1100km ‘n week. Het al geysskaats en waterski en lynskaatse. Hoe moeilik kan dit wees.

So die Hotel is geboek, na gesukel met flight center is ons vliegkaartjies geboek. Ek weet waar om ‘n kar te huur waar om sneeu klere te huur en waar om ski toerusting te huur. Hierdie vakansie is groot, miskien is die rekening baie grootter, dit sal ons moet uitvind.

Die beste besluit wat ek geneem het was om die hele affêre ‘n geheim te hou vir die kinders. Ons het hulle vertel dat ons op vakansie gaan en dat ons in ‘n Hotel gaan bly, en net om hulle heeltemal van die spoor af te gooi het ek genoem dat daar ‘n swembad by die Hotel is. Ek het nie gesê dis ‘n verhitte binnehuise swembad nie.

Ons het waterdigte handskoene gekoop en ‘n paar warm klere. Die kinders groei mos so vinnig alles is so duim te kort. Ek het die tasse gepak en hulle mag nie oor 20kg nie. Die tasse is oorvol maar nog nie naby 20kg. Mens dink nie hoeveel plek vat opgestopte winters klere nie. Corline het haar klere mooi netjies op die bed gesit en dit lyk of sy na ‘n tropiese eiland toe gaan. Somersklere en sommer al haar swemklere. Ek het hulle maar so stil-stil weer terug gepak.

Ons is reg om die lang pad aan te pak. Ons gaan vir Cornelis by Boddington oplaai want dit is oppad Perth toe. Die kinders is gereed om Kimberley toe te ry want ek het mos gesê dit gaan BAIE ver wees. Ons stop in Boddington en laai vir Cornelis op en pak nog so bietjie warm klere vir hom ook in. Nou moet on nog die nege dae se kuier ook inhaal. Maar soos dit ook in enige ander gesin werk doen ek die meeste praatwerk. Kort-kort glip die woordjie sneeu en ski uit my of Cornelis se mond. Gelukig kyk die kinders ‘n DVD agter in die kar met hulle oorfone .

Ons het ‘n paar minute op diehorlosie so ons stop gou by Cape to Cairo, dis ‘n Suid-Afriaanse winkel in Perth. Ons koop braaipap en mayonnaise maar was moeilik om by die Biltong en droëwors te stap. Ek weet nie hoeveel biltong in SA kos nie. Ons het die laaste 4 jaar in Suid-Afrika ons eie biltong gemaak so ons het 8 jaar laas biltong in SA gekoop. Die Biltong was R320,00 ‘n kg. Eina! Ons koop vir die kinders vrugterolle en LiquiFruid. Kou-kou gaan ons lughawe toe en Cornelis raas met die kinders omdat hulle nie die biltong mooi stadig eet nie. “Jullemoet darem proe wat julle eet”

Ons stop by die lang termyn parkeering en dis ‘n ent van die lughawe af so die kinders het nog nie ‘n idee dat ons gaan vlieg nie. Ons laai die tasse uit en Corline vra al “ Are we there yet” toe weet ek die besluit om die vakansie ‘n geheim te hou was baie meer wys as wat ek gedink het. Hulle sou my al gek gehad het teen die tyd as hulle regtig geweet het. Nee Corline Ons gaan eers vanaand 12:00 daar aankom. Ek het haar nou nie vertel Melbourne is 2 ure voor ons nie. Ons nader die bus wat ons lughawe toe vat en die kinders is baie opgewonde. Ons het nie geweet ons gaan met ‘n bus hotel toe ry nie.

Toe die bus ons voor die groot gebou aflaai het Hannes snuf in die neus gekry. “Mum, are we gona fligh toe the Hotel?” Hannes jy sal maar moet sien. “Sister we are gona fligh toe the Hotel! Aha I love flighing, I never thought that we are gonig toe fligh. . . . . .” Waar is daai skaam seuntjie wat nooit sy mond oop gemaak het nie?

Tasse ingeboek handbagasie deursoek, hier gaan ons. Ook nie lank nie toe is ons op die vliegtuig. Was dit nou vir jou ‘n lang vlug. Ons is meer opgewonde as die kinders en dis soos Sondag aand voor jy koshuis toe gaan. Jy weet jy moet more oggend vroeg opstaan so jy moet nou slaap maar jy kan net nie aan die slaap raak nie. Die vliegtuig het nie tv’s nie maar jy kan ‘n ipad huur. Nee kids julle kan nie een kry nie want julle moet slaap. Ai tog plaas het ek maar vir elkeen een gekry.

Na ‘n glade landing kry ons, ons begasie. Ons ligblou tasse is ‘n treffer, Almal het swart, vlootblou of rooi tasse maar ons is die eenigstes met ligblou tasse. Ons kry ‘n taxi en ry tot by die Hotel. Dat ‘n taxi rit nou vir kinders kan lekker wees. Mum we never did ride in a TAXI before. Ja, toe plaasjaapies. Moeg en taai vang ons elkeen ‘n stort en is in diebed.

Cornelis huur vir ons ‘n Mitsubisi ASX en die kar lyk groot maar jy kan nie 4 tasse in hom kry nie. Met een tas tussen die kinders ry ons die lang pad. Ons het ons betroubare TomTom ingepak en hy wys ons die pad, sonder dat ons hoef te stry oor aanwysings. Vinnig is ons uit die Stad en in die mooi groen berge van Victoria.

Corline het so ernstige vraagteken op haar gesiggie. “Dad is this Hotel on ‘n farm?” “Ja my pop, jy weet mos ons is plaas mense.” “But we live on a farm, we see the farm all the time.” Ek moet gou inspring want ek weet hoe die kinders al gedroom het oor dié vakansie. “Corline ons gaan ‘n baie lekker vakansie hê, moenie bekomerd wees nie. Dis is nie sommer enige plaas nie.” Sy lyk mar nog baie skepties en loer by die venster uit. Ek skut net my kop, hoe kan ‘n kind nou dink dis lekker om in ‘n stad in ‘n hotel te bly? Plaasjaapies ook niks gewoond nie.

Ons volgende stop is Mansfield. Dis ‘n dorpie net voor Mount Buller. Ons huur ons ski klere hier en vertel vir die kinders dat ons nie warm genoeg klere het nie. Hulle het nog nie agter gekom ons gaan sneeu nie. Maar soos meeste mense, dink hulle ook dit sneeu nie in Australië nie. Met nog ‘n sak vol klere en kettangs vir die wiele vat ons die bergpas.

Om julle ‘n idee te gee hoe dit lyk, dis hier waar The Man From Snowy River geskiet is. Die hut is by Mount Stirling net langs Mount Buller maar meeste van die fliek is in Merrijig geskiet. The specific area of the Victorian high country in which much of the movie was filmed is Merrijig and the area around Mt Buller. Ons het deur Merrijig gery en dit is nie regtig ‘n dorpie nie maar baie B&B en oorslaap plekkies. Ons het heelpad lang die rivier gery en die water was helder en asemrowend. Die padjie het nouer en styler geword maar nog niks sneeu nie.

Skielik sien ons ys lans die pad. Dit is sneeu wat hulle van die pad af skraap. “kyk daar.” sê Cornelis

“ Dit is vuil skaapwol.” Glo my dit lyk net soos vuil skaapwol wat natgereën het. Ons sien baie skaapwol wat nat gereen het.

Maar na 2 draaie sien die kinders dit. “Its snow! Mum is it realy snow? I can’t believe it! I didn’t know it snow in Australia! We don’t have skis! I’m gona build a BIG snow man. And make lots of snowballs!” Ok OK kinders ek moet julle waarsku dat sneeu balle baie hard kan wees en baie seer kan gooi.

Ons parker die kar en kry weer ‘n Taxi na ons hotel. Die Hotel is nie baie luuks nie maar alles is mooi skoon. Ons tasse is neergesit en ons is met ‘n streep na die ski huur plek om ons toerusting te kry. Die kinders kry hulle skoene, ski’s, ski-stokke en valhelms. Cornelis kry vir hom ‘n sneeuplank en ons is reg vir die geveg. Al probleem is dat die ski-hysers oor ‘n halfuur toemaak en mens moet kaartjies koop om die ski-hysers te gebruik.

Ag dis mos nou nie ‘n problem nie ons Plaasjaapies stap mos sommer so entjie op. Ons wil mos net die water toets. Mens moet mos darem die gevoel kry voor die groot ski begin. Niemand het my gewaarsku dat die ski skoene so ongemaklik is nie. Dink ek sou beter gevaar het met hoëhakskoene. Ek besit net Rossie boots en tekkies. Dit voel soos ysskaatse. Plaas het ek maar ook ‘n sneeu plank gevat hulle skoene is BAIE meer gemaklik.

Ons het so platterige plekkie gekry mens kan sien dit is vir die kleintjies. Hoe moeilik kan dit nou wees. YOUTUBE het my mos mooi geleer. Ons begin op stap, en bo aan gekom (seker so 60meter) tap die sweet letterlik af. Oeps ons het dalk so bietjie dik aan getrek. Whap. . . . Sneeubal teen die kop. “My magtag het ek nie vir julle gesê die sneeu is hard nie.” Ek is sommer vies want die bal het my bietjie ontkant gevang. “But Mum on the movies. . . . “ Ja ja ja julle het mos al in Mithbusters gesien alles is nie waar in die flieks nie.” So moes ek hulle wys om die sneeu nie so styf teen mekaar te druk en dan ook nie so hard te gooi nie.

Ek staan bo en sien my 60meter stukkie sneeubedekte helling wat maar baie platterig is. OK so jy sny ‘n Pizza met jou ski’s dan briek jy. So jou punte moet namekaar toe wys en jy druk jou hake na onder. Daai ou op Youtube het nie so baie swaartekrag gehad soos ek nie, hy was so maer soos ‘n stok. Ek briek glad nie ek gaan net minder vinnig. Die plek is nie so plat nie hoor, dis ‘n sneeubedekte helling!!!! Ek moet maar ‘n ander Gim afrigter kry. 100 squads ‘n weeg was glad nie genoeg nie.

Ondergekom en neergeslad. Die sneeu is ook nie sag nie. Hoe staan jy nou op? Ek het nog nooit ‘n Squad aan die kant van my voete gedoen nie, en dan is jou enkels 90º aan die ski’s vas. Daar is nie ‘n manier om hulle te buig nie. Glo my om te lag maak dit ook nie makliker nie. Wag wat het die Youtube ou gesê, Jy druk jou ski stok daar op die klip en dan spring jou ski van jou skoen af. Sjoe dit voel beter.

Die kinders het gou gevoel die briek-briek teen die helling af is sommer tydmors en hulle verdwyn om die hoek. Dis nie eers ski plek nie dis ‘n pad na die Pub. Die vakansie gaan my gryshare gee. Ons loop terug Hotel toe. Verbeel ek my of loop die skoene nie meer so sleg nie. (Later het ek agtergekom jou voete voel net nie meer die pyn nie)

Ons het te warm gekry in die kamer en onder net ‘n laken geslaap. Dis net van ondervloerse verhitting. Ons het weer ons klere aangetrek en skoene en die staptog weer aangepak. Ons het so 300 meter van die lifts af gebly en kon 150meter met die bus nader ry. Elke keer sê ek, nee ons loop dis vinniger. Maar elke keer net so halfpad kan ek my eie gat skop. Die ski’s is ook nou nie die maklikste ding om te dra nie.

Kaarjies is gekoop en ons is reg. Waar kom al hierdie mense vandaan? Die dorpie (Village) is piep klein. Of druk hulle mens in die hotelle soos die Nigeriens huurders in kantoorblokke druk in Johannerburg se middestad?

Ons het toegang na al die ski-hysers en ons het elk ‘n 2ure ski lesse. Cornelis se les begin oor 5 minute en ons sin oor ‘n uur. Reg wat sê die ou van Youtube nou weer oor die ski-hyser, dit het so maklik gelyk ek het nie baie tyd daaraan spandeer nie. So skuifel ons maar in die ry en probeer langsmekaar bly. Ons kan darem 4 op die hyster sit. So die hyster gaan al in die ronte. Baie soos ‘n kabelkarretjie. Die kabelkarretjie stop nie, so jy moet jou sit ken en jou sit sit. So jy wag dat die stoeltjie voor jou verbygaan, dan skuifel jy met jou ski’s tot by die rooi lyntjie wat hulle vir jou uitgemerk het en jy draai jou bolyf om want jou voete is in jou ski’s geplant en kyk vir die stoeltjie wat van agter af kom. Dan kom skep die stoeltjie jou, so jy gryp die rugleening vas en sit. Oeps. ek het nie die kinders gewys op youtube nie. Hulle het nie geweet wat kom nie, so met die rugreeling gryp en sit, gryp jy maar een van die kinders ook.

Sjoe ons het nogals nie sleg gedoen nie. Ons skuif reg en bring die veiligheids pyp af sodat ons nie van daarbo afval nie. Die ski’s is so swaar dit voel of ek my vette afgeskrik het en dit hang nou aan my enkels. (later het ek agter gekom die veiligheids pyp het plekkies vir jou voete om op te rus). Die afklim is heel eenvoudig. Hulle het die sneeu mooi glad gemak en bietjie van ‘n helling af so jy staan net op en ski af. Ons lig die veilgheid pyp op toe die aanwysings ons wys, maar toe was daar nou nie tyd om jou sit reg te kry vir die afgooi nie. Corline verdwyn en ons is nog nie op die regte plek nie. So met sneeu stokke in een hand gryp ek vir Corline aan die kraag. Gelukig het sy ‘n overall aan. So ski sy op die sement en die ski-hyser kontroleerder sê vir my. “Its fine she’s OK” Fine se gat ek moet ook nog hier af. Corline en Hannes besluit om kortpad te vat en sny voor my in, so moet ek net my belaans ken of ek slat neer. Die neerslat is niks nie, die probleem is dat die hyser nie stop nie so hy laai die volgende ouens af. Hulle val bo-op jou.

Familie vergadering! Corline jy moet sit tot die einde. Hannes as jy af gaan, gaan jy reguit voorentoe. “Yes, MUM” Cornelis verlaat die vergadering want sy les begin nou. Ons het 500 meter berg op gery met die ski-hysbak. So gekonsentreer oor dit sit en afgooi dat ek nie veel gedink het dat jy op ‘n manier weer onder moet kom nie. Kinders sien julle daai klomp mense daar onder ons moet soontoe gaan. “No worries, mum” en daar gaan hulle. In ‘n oogwink het hulle verdwyn. Daar is ‘n magdom mense en almal het rooi en blou aan. Nie net moet ek af nie, ek moet gaan kinders soek.

Ek gaan so Pizza-Pizza teen die berg af. Hoekom gee hulle die lesse in die middel van die begin en einde van die hysbak? Nee wat ek was verniet bekommerd, ek kry dit nogal reg. Jy gaan skuis hou jou ski’s parralel en draai na onder en gaan weer skuins anderkant toe. Dankie Youtube. By die georganieseerde gaos aangekom kry ek die kinders. Nou is ons te vroeg vir die lesse. Wel kids kom ons gaan maar tot heel onder en ry weer die ski-hyser maar julle wag vir my voor julle in die ry staan vir die hyser.

Daar gaan ons. Die kinders het my ver gewen maar ek kon hulle in die oog hou. Die keer is die tou voor die hysbak in spits verkeer. Ons beweeg maar stadig en die tyd vlieg. Skuifel skuifel skuifel. Ons het later uitgevind Saterdae is die besigste tyd. Daar kom ‘n klomp busse van Melbourne af. Suksesvol op die hysbak en Suksesvol af. Nou is ons mos ervare skiërs.

Heel wintie sê ek vir die kinders, so kom ons gaan. Ek gaan nou nie met spoed nie maar kom heel gemaklik reg. Ek wens Cornelis kon my nou sien. Whap. . . . . daar lê ek. Eers op my sy en toe op my maag en toe op my rug. Simpel Asiërs, hulle is vrot van tegnologie. Kan hulle dan nie balaans op youtube leer nie. Een het my volspoed van agter getref. Die probleem met ski’s is, is dat hulle lank is en jou voet is vas aan hulle. So as jy in die teenoorgestelde rigting beweeg as jou ski’s kry jy seer. Seer knieg probeer ek opstaan. Eina deksels, ek probeer weer eina, eina. Nog vyf baie stadige skuins, squads en pizza ski’s is ek op en my bene is lam.

As pyn by die voordeur instap, stap selfvertroue by die agterdeur uit. Skielik is ek weer die plaasjaapie wat bult af Pizza. Gelukig sien Cornelis my nie nou nie. Ek kry die kinders tussen die gaos.”Mum, wat took you so long.” “Hi, Corline moet jy nie so voorbarig wees nie!” sommer nou vies vir almal. Staan en wag vir die lesse en sien groepies beweeg ront. Ek dink ons is op verkeerde plek. So soek ek tussen die mense en vind die vlae Level 7, nee jong dit is ons nou glad nie. Level 6,5,4,3,2,1 en dan is daar level Snow discover. Met my ego diep in die sneeu begin ons maar hier. Ons is laat vir die les maar ons staan reg. “Ze kids go zhere” Sê die ou toppie. Verward kyk ek op en vra”Pardon?” weer sê hy vir my “Zte kids go zhere” en hy wys na ‘n klien oranjeboks. Toe ek mooi kyk sien ek dat daar geen kinders in een van die groepe is nie. Kom julle, ons is weer op verkeerde plek. Die outoppie het seker ook al baie op die sneeu geval want sy rigting is mooi 20grade uit. Maar ja die vlag is groot en daar staan groot op geskryf Discover skiing Children. Die mense is baie vriendelik en vat die kinders met ‘n groot glimlag.

Die groepie waar ek nounet was, staan op plat sneeu en leer om in die ronde te draai en Pizza. Nee wat ek gaan nie my tyd so mors nie. Sal maar kyk hoe die kinders vorder. Nie lank nie en die kinders gaan op die mat hyser. Hy is plat op die grond en jy staan net op hom. Corline is lankal verveeld en gooi haar instrukteer met sneeu balle. Ek sit maar so bietjie uit en sit bietjie sneeu op die knieg.

Na die lesse kry Cornelis my so bietjie jammer en vra iemand watter helling is die stilste. Halfpad soentoe verstaan ek hoekom dit die stilste is. Dis ‘n ver ent se stap. More trek ek beslis minder klere aan. Natgesweet stap ons die resturant in en drink en eet iets. Toe is dit weer ski. Die kinders is soos vuurpyle daar af en ek kyk meer wat gaan agter my aan as voor my. Stadig kry ek my selfvertroue terug maar die bene wil net nie meer nie. Dis amper dieselfde met die Wii, jy wil die kinders se rekort breek maar jou bene is te moeg. Waar was die tyd wat jy op jou boude gesit het en “TV games” gespeel het.

Ek sit maar weer bietjie uit en hoor dat dit nou die laaste is. Die kinders klim lang gesig af en vertel my dis nou klaar. So stap ons nou weer die lang pad terug. Kom ons bou ‘n sneeuman. Cornelis sê ons moet ‘n sneeuman bou daar anderkant waar almal ‘n sneeu man bou. So ons span ons laaste kragte in en stap verder. Die sneeu is ook al ‘n paar dae oud so dit is hard. Die sneeu man is gebou maar waar kry jy nou ‘n wortel vir die neus? Ons soek maar vir bottel proppies en ‘n tak vir die neus. Met die gesoek kry ek wragtag ‘n wortel in die sneeu. “Julle ouens ek het ‘n wortel gekry!” “Dis hoekom ek gesê het ons moet die sneeuman hier bou.” sê Cornelis.

Toe ons afski verby die middestad van die sneeubedekte hellings. Was dit soos ‘n middestad wanneer al die winkes toe is, hier en daar is ‘n kar en dan wonder jy hoekom daar 3 lane is om in te ry. Die pad af is breed en amper niemand op nie.

Ons stap weer Hotel toe en gaan hang ons klere en skoene, veral handskoene in die droëkamer. Dit ruik soos my boetie se skoene en na twee minute tap die sweet weer af. Hoop dis vet wat so smelt want water is daar nie meer nie. Corline gaan lê op die vloer en het nie eers krag om haar uit te trek nie. Ons gaan trek ons swemklere aan en gaan sit in die borrelbad. Die borrels maseer al die seer spiere.

My knieg is vandag baie seer. Kon ook nie lekker slaap nie. Loop die trappe af soos ‘n krap. Daar is net nie ‘n manier dat ek gaan bly nie. Seer of nie ek gaan ski. Ons het vinnig geleer om nie in die droëkamer aan of uit te trek nie. Jy gryp jou goed en kom daar uit. Nou maak hierdie skoene seer. Ek het nie besef dat hulle my blou om die enkels gedruk het nie maar na 2 ure voel jy dit nie meer nie. Die ski-hysers is ook nie meer so besig nie en ons gaan hoog oop.

Ons kies maar nog ‘n paar “family runs” en die kinders gaan net vinniger. Corline vertel my: “Mum, the Wii told me, if you lay forward, you wil go faster.” Simpel Wii. Kan die ou wat die speletjies geskryf het, nie dink dis kinders wat dit speel nie. Kinder sielkinde, Corline as jy heen en weer gaan dan ski jy dubbel so lank en dubbel so ver, so dan kan jy dit dubbel meer geniet. Voel baie trots op myself oor die een. “But mum. its Funner to go fast.” sê sy met ‘n uitdruking op haar gesig wat sê, hoe kan ma dit nou nie verstaan nie. Ma se kind sê Cornelis so in die verbygaan. “en Corline daar bestaan nie ‘n woord soos funner nie.” ek moet darem die laaste woord inkry.

Cornelis besluit toe die helling is nie vinnig genoeg nie. Kom ons gaan na die een langaan toe. Toe ons daar aankom val daai selfvertroue weer. Ek hou nie daarvan as jy nie kan sien wat voor jou aangaan nie. Na ‘n hele paar Pizza hellings is my bene lekker moeg. Gaan julle maar ek sal die een uitsit. Sê my maar as hy nie te rof is nie. Boude en knieg op die ys wag ek geduldig. Hulle kom terug met blink ogies. Sjoe dis nou ‘n lekker een jy moet kom. “Is dit nie te styl nie my knieg wil nie meer nie.” Glad nie lus vir val nie. Nee die sneeu is los so mens gaan lekker stadig. Wel hier gaan ons. Is bietjie versigtig en ek kan sien ons is nou in Sneeuplank vallei. Hulle vlieg verby my en dit maak my net senuagtig. Toe my bene moeg is, is ek op die top van die stylste gedeelte. Ek probeer tot op die einde van die breete te gaan sodat ek kan stop en rus maar die sneeu is te dik en my ski hak vas en my knieg gee net weg. Die keer val ek sommer uit my ski’s en bo-op hulle.Die trane is vlak, baie vlak. Cornelis kom vra baie besorgd of ek darem reg is. Ek was so ongelooflik kwaat ek smelt amper ons vakansie in sy maai. “ Nee ek is nie! Ek het jou gevra of dit styl is en NEEE dis fine” Ek tel my ski’s op en sê: “Julle moet my daar onder kry ek loop.” En daar stap ek. Ek pik maar ‘n traan en die lewe kom in my heup terug en ek weet die was ‘n grootte.

So wals ek die bult af bly mooi aan die kant. Die Marshall kom aan geski en skielik loop ek nie meer mank nie en smile breet. “ Are you OK” Vra hy en ek verseker hom ek is 100% my bene is net moeg. Hy bied aan om my ski’s tot onder te vat. So mars ek weer voort en baklei in my gedagtes met Cornelis. Whap. . . . . . Weer ‘n Asiër agter in my vas. Die keer het ek nie ski’s nie so niks het weer verstuit nie maar my wind is uit. Nou is ek eers kwaat. My tree is sommer grotter en die heup en knieg moet nou maar pyn. Ek kry my ski’s en sien dis nie die einde van die helling nie. Ski gaan ek nou ski, en ek hoop ek ski ‘n Asiër plat. Bang om weer op my heup te val, maak dit makliker om regop te bly. En om vinniger te gaan is minder erg op die knieg of bo-bene. So Corline was reg, dit is meer “funner” on vinnig te gaan.

Ek kry die kinders en vir Cornelis by die einde van die helling. Ons besluit om te gaan eet en ons moet weer snelweg af gaan. Die keer is dit nie te besig nie en ek vat dit maar rustig. Ek sien weer ‘n groep sneeuplank skiërs met ‘n spoed afkom en gaan staan ver uit hulle pad. Te ver. Sonder om dit te besef het ek mooi onder die hyser gaan staan. So het iemand se sneeu van sy sneeplank afgegly en op my kop geland.Hulle is so ongeveer 3 meter hoog. Eers het ek gedink dat iemand my met ‘n groot sneeubal gegooi het. Nou wat kan ek nou anders doen as om te lag. Ons stap in die resturant, honger, dors en fisies moeg. Die harde hou het my toe bloedneus geslaan. Ek haas my uit die resturant en wag maar vir hulp.

Daai aand het ek die borrelbad verdien. Die kinders baljaar in die swembad, mens sal sê hulle het heeldag geslaap. Maagies vol oggies toe.

Dis ons laaste dag op die sneeu. Vandag moet ons terug gaan. Ons beplan om tot so 1uur te ski en dan terug te ry Melbourne toe. Ons het soveel pret gehad ek het geen voorvalle gehad nie en 1uur toe sê ek vir Cornelis kom ons bly tot so 3 uur. Ek het minder gebriek en my spiere laat rus en dit was “funner”. Ons het Mount Buller met hartseer gesigies agter gelos.

Die vlug terug was ook nie so lank nie. Al was dit ‘n uur langer.

Ons spaar al weer vir volgende keer.

Cheers

Jacqueline

post-7468-0-40662100-1343571987.jpg

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die vertelling, het my baie aan my eerste (en enigste so ver) ski ervaring laat dink. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...