Jump to content

OOK IN PERTH


TANJA

Recommended Posts

Hallo Almal

Ek is weer terug in die land van die lewendes.

Ons is nou twee weke in Perth en watse ervaring is dit nie.

Die is wonderlik ek het nog nie so iets in my lewe ervaar nie. Die parke die mense die veiligheid fotos en woorde kan dit nooit beskryf nie.

ons bly nou nog in die stad totdat my meubels kom. Ons eerste aansoek vir 'n huur huis in Joondalup is goedgekeur, ons eerste aansoek vir ons kar is goedgekeur kan jy dit glo.

Die mense hier ervaar ons baie vriendlik en ons het binne die eerste week nuwe vriend gemaak en al twee keer gaan braai.

En watse ervaring was BOK TOWN nie ek kry nou nog hoendervleis as ek daaraan dink al die SAners wat saam met peona sing.

Dit voel of ek nog van die droom moet wakker word.

Om eerlik te wees ek het nog nie regtig tyd gehad om te begin verlang nie ons praat ook darem gereeld met die familie. Alhoewel ek dink as hubby eers begin werk en die werklikheid tree in sal dinge dalk anders lyk.

Maar vir die oomblik geniet ons dit nog, sal ek ooit terug gaan SA toe..................Op die oomblik NEVER.....

Link to comment
Share on other sites

Tanja,

Baie dankie vir hierdie post :blush: Ek sit hier en wonder of ons die regte besluit maak en lees hoe bang en hartseer almal is voor hulle op die vliegtuig moet klim. Dit help baie om te sien dat mense opgewonde is as hulle daar aan kom.

Ek wens julle alle sterkte toe en ek hoop dat sit sommer altyd so lekker gaan wees daar en dat die verlange nie te erg raak nie :)

Gaan julle huis koop of huur julle? Watse kar gaan julle koop? Dis baie exciting al hierdie nuwe dinge :hug:

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hi Tanja,

Bly om te hoor jy geniet Perth. Boktown was rerig 'n belewenis, was dit nie! Ons was ook daar. Ek het gedink dat dit my sal laat terugverlang, maar dit het nie. Dit was net lekker om weer deel van my kultuur te beleef, en te kan grappe maak wat ander mense verstaan.

Sterkte met al die nuwe ervarings!

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hi julle!

Ek het nie 'n "clue" wat "boktown" is nie.....Help seblief!

Groete

Karen

Link to comment
Share on other sites

Toemaar karen ek brand ook om te weet wat dit is........seker 'n optrede van robbie wessels.......? of het ek die kat aan die stert beet...

bg

Link to comment
Share on other sites

Hi julle,

Boktown is 'n gedeelte van die Leederville hotel, waar die SAners gewoonlik bymekaarkom as een van die SA rugbyspanne in Perth speel. Gewoonlik verkoop hulle Castle, Boereworsrolletjies en biltong daar, en speel SA musiek. Hulle wys ook die rugby op grootskerms vir die wat nie die (gratis) bus vang stadium toe om die rugby live te kyk nie. Die Subiaco Oval waar die rugby gespeel word is nie ver van die kroeg af nie, seker sowat 5 minute as ek reg onthou. Die stasie is ook naby en jy kan met die trein ook stadium toe ry as jy wil. (Of is dit nou stadion??)

Hoop julle verstaan nou beter! Ek sal bietjie foto's opsit van hoe dit daar lyk, moet dit net eers vind.

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...