Jump to content

457 visa - verstaan ek reg?


bananagirl

Recommended Posts

Ek is nog 'n leek met al hierdie visa dinge. Is ek reg as ek die volgende aflei:

Om te kwalifiseer vir die 457 visa moet jy basies net 'n werk kry in OZ by 'n maatskappy wat "geregistreer" is. Jou beroep hoef nie op die SOL te wees nie so jy kan enigiets doen?

En dan, almal sêjy moet jou resume op die internet adverteer. Hoe doen 'n mens dit? By die websites waar 'n mens werk soek? Gee 'n paar asb.

Dankie

BG

Link to comment
Share on other sites

Om die eerste deel van jou vraag te antwoord: ja, jy is reg - alhoewel die maatskappy wat jou "sponsor" nie noodwendig alreeds goedgekeur hoef te wees nie - hulle kan dan ook aansoek doen om as "sponsor" goedgekeur te word. Baie vd groter maatskappye is reeds goedgekeur, dit is die kleineres wat dit gewoonlik vir die eerste keer doen. Al nadeel daarvan is dat die proses dan bietjie langer kan vat en ook dat die maatskappy nie altyd al die antwoorde oor die proses sal hê nie omdat hulle dit nog nooit voorheen gedoen het nie. Hulle werk gewoonlik deur 'n geregistreerde immigrasie agent, wat jou wel sal kan help met al die regte inligting. Hoop dit help.... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Dankie Riekie

Net nog 'n ding. As my man sou werk kry maar dis nie een van die gelyste beroepe nie, sal hy mos nie vir PR kan aansoek doen nie...of wat?

Link to comment
Share on other sites

Sodra julle hier is op 'n 457 visa kan julle vir PR aansoek doen. Daar is baie maniere, die beste is as die selfde werkgewer wat julle vir die 457 sponsor julle ook vir PR sou sponsor, soos die 857 visa onder andere wat ek nou vir ons finaliseer. Anders kan julle enige van die ander PR visas aanpak van hier af aangesien julle 4 jaar tyd op die 457 tydelike visa het. Kyk ook na www.immi.gov.au vir spesifieke visa klasse en vereistes. Tesame daarmee bly op die forum doenig en ek is seker julle sal alle info kry wat julle nodig het. Sterkte en laat weet hoe dinge verloop.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...