Jump to content

Hardekool: Ons wil dit doen


Hardekool

Recommended Posts

Dag sê almal.

Ek het aangesluit by forum om soveel inligting te kan kry as wat ek gaan nodig hê. Hier is so baie mense wat hulle stories vertel en planne gee dat dit net ongelooflik is.Dit help met die beplanning in alle aspekte.

My naam is Stephan. Ek en my vrou en 2 kinders is heel aan die begin van die hele proses. Nog besig om CV's reg te kry en solank die admin reg te kry. Die hulp wat mens op die forum kry is net ongelooflik. Van trane to lekker lag. Ons was nog nie in OZ vir LSD trip nie en weet ook nie of ons dit sal kan doen nie ( :ilikeit: geld bietjie min). Maar my broer en sy gesin klim hierdie sondag op die vliegtuig vir die laaste keer.Hy gaan in Goondawindi boer.Hoop ek kan dalk bietjie vir hom gaan kuier voor ek gaan.

Ek sal maar my vrae vra en maar mooi lees van ander se dinge en hoop al my planne werk uit.Ek en my vrou doen dit vir ons kinders in die eerste plek. hulle is nou 1 en 3. Hier het hulle geen toekoms nie.

Dankie vir almal se goeie raad

Groete

Stephan

O JA MAG ONS DAREM IN AUSTRALIA LUISTER NA BOK SE "DE LA REY" ?

Link to comment
Share on other sites

Hi Stephan en familie

Baie welkom hier by ons.

PRETOORS loop wraggies leeg! De la Rey welkom-net na jy Waltzing Matilda gesing het!!

Link to comment
Share on other sites

Hi Stephan en gesin,

Baie welkom hier! Ek en my man is ook nog in die begin fase (al is ons reeds a tydtjie deel van die forum). Jy gaan verseker hier regkom met AL jou vrae, as iemand nie weet nie sal hulle die moeite doen om namens jou uit te vind! :ilikeit:

Ek's nuuskierig om te hoor hoe jou broer gaan boer? Het hy 'n plaas gekoop of gaan hy vir 'n boer daai kant werk? Watse tipe boerdery? Hier waar ons bly is ongelooflik baie boere en hul almal sê hulle sal nooit kan immigreer nie want wat gaan hulle doen daar anderkant......ek sê waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!

Sterkte met jul proses en skree as ons met iets kan help.

Groete,

Helena G :whome:

Link to comment
Share on other sites

Hello Stephan & kie

Welkom by die forum. Ek het dit voorheen gese, hoe gelukkig almal van julle is om al die inligting te kan kry.

Toe ons 13 jaar gelede uit SA uit is, was die internet maar baie min en onbekostigbaar. Ons het nie veel geweet van wat aangaan nie. Ons is die vreemde in, met baie min kennis. Dit was soms taai soos 'n toffie. Maar vandag 13 jaar later, kyk ek nie terug nie.

Gandi,(Goondawindi) is 'n pragtige plattelandse dorp. Daar word baie groot geboer. Ek glo jou broer hulle sal gelukkig wees daar.

Groete

L'mari

Edited by Lmari
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...