Jump to content

Kobus-Patti: Hallo vanuit Rayton, SA


Kobus-Patti

Recommended Posts

Hallo almal :unsure:

Wat 'n wonderlike voorreg om al die handige inligting te bekom op die forum! :unsure: Ons het ook die groot besluit 3 weke gelede gemaak om ons tassies te pak en te immigreer.

Ek werk in die Trauma eenheid by Wilgers hospitaal en nadat ek die soveelste slagoffer van misdaad sien, het ek besluit genoeg is genoeg!

Ek het toevallig my hond vanaand veearts toe geneem en toe hoor ons hulle is ook oppad Australie

toe...Marchelle hulle het sommer al klaar haar Australie t-hemp aan met Adelaide daarop geborduur.

Ons het ook baie oulike inligting by hulle gekry oor wie, waar en hoe.

Ek is 'n verpleegkundige en my man 'n stelsel ontleeder en ons het 4 kiddies: Chenelle (8jr), Erich(12jr), Wynand (13 jr) en Ashley (18jr).

Hoop om julle gou daardie kant te sien! :unsure:

Kobus en Patti

Link to comment
Share on other sites

Welkom Kobus, Patti en gesin!

Ons hoop dat ons die antwoorde sal kan verskaaf aan die baie vra wat ons weet julle nog gaan vra!

Het julle al enigsins besluit op 'n area?

Link to comment
Share on other sites

Hi Patti en Kobus

WELKOM!

Ek is n oud Pretorianer en ken julle kontrei goed. Ons het 3 kinders (18,16,14) so kan help met daai tiepe inligting. Woon al 5 jaar in Ozz.

My skoonsus wat om die draai van my bly hier op die Gold Coast, het op die hoewes in Boschkop/Donkerhoek gebly. Sy is ook al 5 jaar in Ozz.

Die besluit om te waai is amper die moeilikeste. As dit eers gemaak is, dan het mens rigting. Beste wense

Link to comment
Share on other sites

Hallo julle

Baie welkom en sterkte met die proses. Nie 'n maklike besluit nie, of laat ek dit so stel. Die besluit is maklik, maar dit is baie moeilik om dit deur te voer, veral as jul familie/vriende bande sterk is. Dit is egter die moeite werd, glo my. :cry::unsure:

Ons was weg uit SA vir 5 jaar en almal het op ons "case" gelê om terug te gaan. Na 6 maande terug, kon ons net nie weer aanpas nie...soos die dieretuin springbokkie wat skielik na jare weer losgelaat word in die wildtuin...nie werklik 'n kans op oorlewing nie, want dit het verleer om rond te kyk die heeltyd vir roofdiere... :whome:

Kinders gaan dit baie geniet hier en moenie worry oor die "Brits" nie, ons almal tel dit die een of ander tyd op. Het juis gister weer gehoor dat ek 'n "friskriklike" swaar aksent het, maar hulle verstaan darem mooi wat ek te sê het... :unsure:

Ek het hierdie forum baie behulpsaam gevind en dit het bygedra tot 'n spoedige en smooth oorgang vir ons... :unsure: Julle het by die regte deur kom aanklop.

Link to comment
Share on other sites

Welkom Kobus, Patti en gesin!

Ons hoop dat ons die antwoorde sal kan verskaaf aan die baie vra wat ons weet julle nog gaan vra!

Het julle al enigsins besluit op 'n area?

Hi Almal,

Baie dankie vir die goeie wense!!

_________________________________

Mara,

Jong nog nie so seker nie :o

Aanvanklik het ons gedink aan Wes-Australia (Mandurah, 74 Km suid van Perth) hoofsaaklik maar omdat ons iemand daar ken en al baie navorsing oor daardie area gedoen het. Maar die laaste tyd kyk ons ernstig na Adelaide omdat dit meer sentraal is, nie so duur soos WA nie, 'n plattelande atmosfeers ens. (Hierdie is ook maar net alles goed wat ons by ander mense hoor!)

Nee-wat, om eerlik te wees... ONS WEET NOG NIE! ;)

My man sê ons sal maar gaan waar ons werk kan kry :hug:

Enige voorstelle van plekke wat ons kan navors sal baie welkom wees!

Julle gaan nog moeg raak vir al ons vrae op hierdie forum!

Kobus & Patti

Link to comment
Share on other sites

Hi Kobus & Patti.

Welkom en lekker lees. Hier is ure se lees werk op hierdie forum en hier kry jy al jou antwoorde en as jy dit nie kry nie, VRA net, hier is oor as genoeg kundiges.

Ons is nog In SA - Pretoria en wag dat hulle aan ons aansoek vir permanente verblyf begin werk. :hug: Dit is 'n vreeslike tydsame proses. :o

Sterkte met julle aansoek.

Groete

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...