Jump to content

Jannie: Hallo daar!!!


Jannie

Recommended Posts

Hallo almal,

Ek was lanklaas so bly om iets op die internet te ontdek soos hierdie forum!!! Ek het so 'n week of twee gelede aangesluit en kan nie genoeg posts lees nie! Die inligting is ONGELOOOOOOOOOFLIK!!!! Dankie vir almal se bydraes, dit maak ons almal wat nog in die proses is se lewens BAIE makliker.

Net 'n een en 'n ander oor myself! Ek is 'n single ou wat so 'n jaar gelede besluit het genoeg is genoeg!!! Ek was een van die gelukkiges sover, my huis is nog net op een sonskyn Maandag middag leeg gedra 20 18 maande gelede, het nog die ongelooflike trauma van geliefdes aan geweld afstaan vrygesping tot dusver, maar my hart huil elke keer as ek die koerant oopmaak en lees van nog moord en doodslag!!! Ek is 32 en het my eie klein rekenmeestersfirma in Pretoria. Ek het verlede jaar April met die immigrasie proses begin en 7 Desember 2006 het ek ontvangs erkenning van my PR136 visa aansoek gekry. Nou is dit vir die GROOT wag! Volgens die forum en die prosseserings skedule is ek in vir nog ten minste 6 na 8 maande indien nie langer nie voor ek in Oz op eindig. So, ek het net verlede week besluit ek wil hier uit wees binne die volgende 3 na 4 maande op 'n 457 werksvisa. Ek het in die laaste twee weke met Reevo Echardt van International Recruitment gesels. Ek verstaan hulle is die ouens om mee te gesels om so gou moontlik 'n werk en visa te kry. Intussen doen ek aansoek vir elke moontlike pos in Australie. As iemand 'n rekenmeester in enige deel van Oz soek, laat my weet. Ek is mobile en bereid om so gou as moontlik te skuif!

My suster en haar man is ook sterk op pad maar hulle gaan die hele proses nou eers begin. Ek kyk daarna om in Sydney of Melbourne te woon en werk, maar op hierdie stadium enige werk enige plek in Australie sal werk vir my. Hoe vinniger ek hier kan weg, hoe beter!!!

Hoor graag van ander forum lede!

Groete

Jannie

Link to comment
Share on other sites

Hi Jannie,

Welkom hier. Die pretorianers word net meer en meer (gelukkig geen kwotas op die forum vir elke stad nie anders sou die helfte van ons seker nie lede geword het nie).

Dis duidelik dat jy nie meer wonder of jy wil gaan nie. Ons sal almal op die forum wat nog twyfel na jou verwys.

Voor jy weet het jy werk, sorg net dat jy jou gesig by die volgende Gauteng koffie klub kom wys voor jy waai.

Jaco

Link to comment
Share on other sites

Beste Jannie,

Baie welkom by die forum :ilikeit: ! Jy gaan tonne inligting hier kry oor Australia! Sterkte met die "groot trek"!

Hou moed, jy sal daar kom!

Groete, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Hi Jaco. Baie dankie! Gauteng Koffie klub?! Vertel my meer ...

Pippa is eintlik die een om hieroor te praat, maar hier is inligting oor die mees onlangse 'coffee club' meeting, wanneer alaml op die forum in 'n sekere area bymekaarkom om mekaar te ontmoet ens.

Irene Coffee Club in February

Groete,

Jaco

Link to comment
Share on other sites

Hi Jannie

Baie welkom hier. Hoop alles verloop goed vir jou en dat jy binnekort hier is.

Ek wil graag aanbeveel dat jy ook self probeer soek na werksgeleenthede in Australie voordat jy kostes aangaan met Konsultante wat dit doen. Baie mense op hierdie Forum het dit al self gedoen met groot sukses.

Groetnis Riaan

Link to comment
Share on other sites

Jaco,

Baie dankie. Ek het geloer. Ek hou my oor op die grond en my oog op die forum vir die volgende koffie klub. Dit is fantasites dat daar so 'n groep mense is wat saam dink en saam voel!

Riaan,

Dankie vir die advies. As jy rook sien trek hier uit Lynnwood Glen se rigting moet jy weet dit is ek wat besig is om self ook op die net en met persoonlike kontakte in Oz werk te soek. Ek probeer net elke moontlike opsie tot my beskiking en die konsultante is een van hulle. Sien een more aand en ek verstaan hy is die beste van die beste, so hou duim vas. Vir my gaan dit oor spoed op hierdie stadium en as dit 'n kosultant is wat my daar kry, so be it! Ek het my 136 visa verlede jaar 100% self gedoen en is ingedien verlede jaar Oktober, ek is net nie meer bereid om te wag nie, dus hierdie boer maak 'n plan!

Maar dankie vir almal se insette! Moet asseblief nie stop nie. Julle kennis en advies is prysloos!!!!!

Groete

J

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...