Jump to content

Michelle M: Hello - nog 'n nuwe een


Michelle M

Recommended Posts

Hi almal,

My naam is Michelle en ek het 'n hubby en 3 kindertjies (6mnde - 6 jaar) Ons is in die baie begin van die hele proses. Om die waarheid te se gaan ons een oomblik volstoom aan en die volgende oomblik stop ons alles en dan bly ons weer :o

Ek het hierdie naweek net besluit dat so moeilik soos wat dit vir my gaan wees om my ma-hulle hier te los gaan dit 100 keer moeiliker wees as my kinders dit aan my doen as hulle groot is, so ek dink ons moet maar die bul by die horings pak en die opoffering vir ons kinders (en ons self doen)

Ek het van die posts hier gelees en sommer gesit en huil saam met al die mense wat hulle familie mis. Hoe los mens iemand agter wat sooo baie vir jou beteken :ilikeit: Ek sou bitter graag my hele familie wou saam vat maar weet dit is nie moontlik nie. Wat my bring by my eerste vraag: Is dit moontlik om jou ouers oor te kry as hulle afgetree is? Ek weet die max ouderdom is 45jr maar is daar geen uitsonderinge nie.

Ek het so baie ander vrae maar sal maar eers alles gaan deur lees voor ek goed vra wat al klaar geantwoord is :ilikeit:

Kan nie wag om almal te ontmoet nie - ek dink ek ken al klaar 'n klompie van die mense hier :ph34r: Wys jou net die wereld is eintlik maar bitter klein.

Link to comment
Share on other sites

Hi Michelle en familie,

As julle van Pretoria is kan julle een van die dae die helfte van die forum ontmoet. Jy ken dalk van ons. :ilikeit:

Baie mense voel maar soos julle voel. Wil gaan en dan dink mens aan die wat agtergelaat word en dan wonder mens of dit regtig nodig is.

Hou maar aan vra en lees hier....

Jaco

Link to comment
Share on other sites

Hi Michelle

I can understand that you are hesitant to leave! I do think that you are wise in accepting that you have a responsibility to your children!

We have been here nine years, and although I still miss my family (who doesn't?) I have never once had any regrets about making the move!

Link to comment
Share on other sites

Hi Michelle,

Ek was ook Michelle M voor ek getroud was en ek kom ook van Pta af. Daar is uitsonderings op die 45 reel. My Pa wat 56 is het werk gekry hier en die werkgewer is besig om vir hom 'n 457 visum te reel. Hopelik teen die tyd wat hulle 2 jaar of so hier is is my broer ook al hier en dan kan ons vir my Pa permanent residence kry op 'n parents visa. Daar is darem so paar maniere om hier te kom! Kyk bietjie na die www.immi.gov.au website as jy nog nie het nie.

Ai jong mens raak maar gewoond daaraan om die familie te mis en as mens besig is pla dit nie te veel nie en die internet help so baie. Ons het 'n hele paar familie lede wat Skype opgestel het en dan kan mens mekaar sommer "sien" ook as jy gesels.

Sterkte met die proses!

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Michelle

Glad that you've joined the Forum. You'll obtain the best advice possible from the Forumites. Will chat to Marcello in the week. :(

Cheers

Carlos & Liza

Link to comment
Share on other sites

Hi Michelle!

Ek het al 'n hoop navorsing gedoen:

Op jou vraag oor jou pa/ouers - dit hang af van "a balance of children" - as die helfte of meer van sy/hulle kinders in Oz is, is die saak reg. Ek is nie seker wat die visa se naam is nie - dit is iets te doen met "dependant".

Mooi bly intussen!

Constant

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...