Jump to content

odette: On my way!


odette

Recommended Posts

hi julle

ek lees al lank die forums maar het nog nooit myself bekendgestel nie.ek is verloof aan n ozzie en vlieg na adelaide die 5de maart om permanent by hom te gaan bly!kan nie glo ek is al amper oppad nie!

sonder hierdie forum sou dit verseker nie so maklik gewees het nie!julle is almal great op die forum en baie dankie vir al die info!en sit aande om en lees al die interessanthede op die bladsye,die goed wat ek al hier uitgevind het gaan my soveel makliker laat insettle daar anderskant!ek hoop om ook n paar mense in adelaide te gaan ontmoet wat op die forum is!

ek sal net gou vir julle vinnig vertel wat my history is:

ek en craig (my verloofde) het in london ontmoet en verloof geraak.ek het toe teruggekom sa toe om biki klaar te kom swot en tyd saammet my fam deur te bring voor ek oz toe trek.

verlede jaar 7 okt was ons toe aangeval in ons huis in menlopark,pretoria, op my ma se verjaarsdag deur 4 swartmans en my pa is geskiet en het toe gesterf...dit het my en my familie toe finaal laat besluit om te immigreer.

ek gaan nou eerste maar is van plan om my ma ook daar te kry en my sussie en haar gesin is ook oppad.

ek het 2 weke terug my prospective spouse visa gekry en vandag my vliegkaartjie gaan betaal!

dit was n moeilike tyd die laaste paar maande maar ek sien baie uit na my nuwe lewe saammet my hubby-to-be!

groete

odette

Link to comment
Share on other sites

Welkom Odette! Jy doen die regete ding

Ek is jammer om van jou pa te hoor. Alles van die beste! Ek dink jy sal Adelaide geniet

Groete,

dax :)

Link to comment
Share on other sites

Hi Odette

Baie geluk met jou visa. Jammer om te hoor wat met julle as familie gebeur het. Julle neem almal die regte besluit. So kan mens nie aangaan nie. :huh: Ek self is 'n Pretorianer en die misdaad ruk hand uit. :)

Sterkte met al jou reelings vorentoe.

Kan jy my dalk vertel hoe kry mens 'n prospective spouse visa. Nog nooit daarvan gehoor nie.

Groete

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Beste Odette,

Welkom op die forum :D ! Ek het dadelik koud geraak toe ek jou post verder gelees het… ek is seker dat ek van julle voorval in die koerant gelees het… En ek is SO jammer om te hoor van jou pa en wat met julle familie gebeur het :) .

My ouers bly baie naby aan Menlopark en ek is net so bang dat iets met hulle gebeur. Ek en my man beplan ook om Adelaide toe te gaan in Augustus, terwyl my sussie ons hopelik later die jaar gaan join.

Ons sal graag my ouers wil sponsor vir ‘n Parent Contributory Visa sodra ons kan.

Sterke met al jou reelings. Ek glo dat alles goed sal gaan! :huh:

Lovies, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Hallo Odette :huh:

(Ek't nou net vir jou 'n PM (personal message) gestuur.)

GELUK met die visa en DUBBEL GELUK met die vliegkaartjie - dis wonderlik en so exciting!!

Ek kan glo die afgelope tyd moes baie swaar op jou en jou familie gewees het. Ek is diep jammer om van jou pa te hoor. Dankie dat jy dit met ons deel. Pretoria (en natuurlik res van SA) het in 'n nagmerrie verander wat misdaad aan betref. Dit slaan my elke keer hard as ek hoor iemand het seergekry - voel asof dit met my eie mense gebeur. :(

Australië bied soveel nuwe amazing geleenthede en nuwe uitdagings! :) Ek glo jy gaan sommer blitsig daar inskakel, veral ook oor die feit dat jou verloofde 'n local is daar...dis net 'n kwessie van tyd dan's jy ook een en dan voel Adelaide soos 'home'!

Anyway, ek sal nog ure hier kan chat maar iewers moet ek seker help om die ekonomie aan die gang te hou :D

Hoop jy kry my PM wanneer jy weer inlog.

Groete

:D Liza

Edited by kangaroo
Link to comment
Share on other sites

Hello welcome , jammer, my afrikaans is nie soe goet nie.

I'm also fed up with the crime in a otherwise wonderful country.

You take care and best wishes for everything

Link to comment
Share on other sites

hi julle

ek lees al lank die forums maar het nog nooit myself bekendgestel nie.ek is verloof aan n ozzie en vlieg na adelaide die 5de maart om permanent by hom te gaan bly!kan nie glo ek is al amper oppad nie!

sonder hierdie forum sou dit verseker nie so maklik gewees het nie!julle is almal great op die forum en baie dankie vir al die info!en sit aande om en lees al die interessanthede op die bladsye,die goed wat ek al hier uitgevind het gaan my soveel makliker laat insettle daar anderskant!ek hoop om ook n paar mense in adelaide te gaan ontmoet wat op die forum is!

ek sal net gou vir julle vinnig vertel wat my history is:

ek en craig (my verloofde) het in london ontmoet en verloof geraak.ek het toe teruggekom sa toe om biki klaar te kom swot en tyd saammet my fam deur te bring voor ek oz toe trek.

verlede jaar 7 okt was ons toe aangeval in ons huis in menlopark,pretoria, op my ma se verjaarsdag deur 4 swartmans en my pa is geskiet en het toe gesterf...dit het my en my familie toe finaal laat besluit om te immigreer.

ek gaan nou eerste maar is van plan om my ma ook daar te kry en my sussie en haar gesin is ook oppad.

ek het 2 weke terug my prospective spouse visa gekry en vandag my vliegkaartjie gaan betaal!

dit was n moeilike tyd die laaste paar maande maar ek sien baie uit na my nuwe lewe saammet my hubby-to-be!

groete

odette

My sus jy kani verkeerd gaan om Oz toe te gani. Groot jammer oor jou pa ek weet hoe dit voel om n familielid te verloor. Hoop die immigrasie proses vir die res v jou familie loop sommer vlot! Laat ons tog seblief weet hoe dit gaan sodra jy ingesettle is. Moibly vi ees!

Tomdoel :)

Link to comment
Share on other sites

Hi Sheila2oz

baie dankie vir jou mooi woorde!

Hier is vir jou n link wat jou al die info sal gee oor die prespective spouse visa:

http://www.immi.gov.au/allforms/booklets/books1.htm

dis verskriklik handig.lees mooi op daai bladsy hoe jy die booklet kan save op jou bladsy - dis omtrent 50 bladsye met info maar stunning!

as jy enige ander vrae het laat weet my asb ek sal baie bly wees as ek jou kan help!

groete

odette

thanks for the kind words!

i will let you know how the big move went!i cant wait...little bit excited...little bit stressed!

cheerio

odette

Hi almal

julle het tien teen een al hierdie gesien maar ek het dit nou met my visa op n inligtings brief gekry...

dis n information link na AL die info wat jy moontlik kan nodig he as jy bv in adelaide aankom !!

hierdie links is amazing!:

http://www.immi.gov.au/media/publications/...exts/sa/eng.pdf

die ander plekke kan jy hier kry:

http://www.immi.gov.au/living-in-australia.../select/eng.htm

dit help my baie!! :blush:

Link to comment
Share on other sites

Hallo Odette,

Baie welkom op die forum! Ai, om van so 'n tragedie te hoor is altyd swaar, sterkte vir julle.

Jy gaan baie makliker aanpas (dink ek) want jou man gaan jou als kan wys en baie vinniger tuis laat voel as al die SA'se families wat oorgaan. Geniet elke oomblik daarvan en good luck met die proses om jou familie ook daar te kry!

Geniet die troue beplanning en die lewe in Oz!

Bye,

Helena G :blush:

Link to comment
Share on other sites

Odette

I heard about your Dad from friends of ours in Sanctuary Cove. My deepest sympathy to you and your family. My parents live in Groenkloof and i grew up in Menlopark,so I know the area well. Unbelievable-it was always so safe....Good luck and Godspeed on your "new" life.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Odette,

Ja baie jammer om van julle nare ondervinding te hoor, daar :angry::) . Welkom ( amper ) in Adelaide, ek is seker jy sal dit geniet hier. Laat weet hoe jou dinge uitwerk hier.

Link to comment
Share on other sites

  • 2 months later...
Guest Mussets

Liewe Odette

Jy is seker nou in Adelaide en miskien lees jy nog hierdie topic. My innige meegevoel met jou pa se heengaan. Saul Barnard (in Kringe in die Bos - Dalene Matthee) het gese die dag toe sy pa sterf was dit asof 'n groot boom omgeval het in die Bos. So was dit vir my toe my pa gesterf het en hy is aan natuurlike oorsake dood. So ek wil maar net vir jou se hier is nog iemand wat vanaand aan jou dink. Wees sterk en as jy nie kan sterk wees nie huil sonder keer. Ons gaan ook Adelaide toe. Hopelik teen die einde van die jaar.

Groete

Antoinette Mussett

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...