Jump to content

Mandz: Bekendstelling!


Mandz

Recommended Posts

Hallo Almal

Ek het die forum seker so 3 maande terug ontdek en moet bieg dat ek elke dag alles wat nuut is lees! Ek het nou besluit dis tyd dat ek myself bekend stel:

Ek en my man bly tans in Palmerston North wat in die Noord eiland van New Zealand gelee is! (Oorspronklik van George in SA ) Ons is nou al 4 jaar in NZ en geniet die leefwyse baie! Hier kan mens gaan "hike" en "mountainbike" ry sonder om elke slag te wonder wie jou dalk in die bosse kan oorval! Die natuurskoon is iets ongeloofliks en alles is so groen!!! Die Kiwi's is plat op die aarde mense en g'n niks aanstellerig nie!

Ons is albei in ons vroee dertigs. My man is in die siviele bedryf en ek werk in 'n apteek!! Ons het 6 jaar terug besuit om SA te verlaat en die wereld te verken! Ons eerste keuse was Australie, maar ons het nie genoeg punte gehad om te kwalifiseer nie en is dus NZ toe! Ons het Dinsdag volwaardige burgers geword van die land en kan dus nou met ons Kiwi-paspoorte in Aus kom en gaan soos ons wil sonder om te sukkel met Visa's. (sal wel later ansoek doen vir PR as ons reeds daar is).

Hoekom verlaat ons NZ? Dis 'n simpel rede, maar glo dit of nie, die land is net te koud vir my! Die jaar was seker een van die koudste winters nog en ek het nou genoeg gehad! Ons was ook vir 's LSD trip in Aus. gewees laas jaar en het besluit die "Sunshine Coast" is vir ons! Hou nie te veel van stede nie en die plan is om hulle te vermy as ons kan! Tans is ons op die uitkyk vir werk daar en sodra die regte geleentheid opduik is ons op die eerste vliegtuig!

Hoop om lekker saam te kan gesels op die forum!!

Groete

Amanda Alberts

Link to comment
Share on other sites

Welcome to the forum.

We chose Australia because of the weather...we lived in Scotland for awhile and there is no way I could go back to that sort of cold.

Good luck

Gaille

Link to comment
Share on other sites

Kia Ora Amanda

Ons het in 1999 van NZ af oorgekom Aussie toe, en nog nie een dag terug gekyk nie. Ek kon ook nie gewoond raak aan die koue en die nat daar nie. Ons het in 1994 oorgegaan NZ toe en het in Hamilton gewoon.

Die Sunshine Coast.. pragtig. Goeie keuse.

Groete

L'mari

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Lyk vir my dat NZ een van die dae nie meer 4 mil inwoners gaan hê nie, soos die mense nou die sonskyn begin soek hier in die sonskyn-kus :unsure:

Gelukkig was ek nie verlede jaar daar nie, want ek sou dit nie gemaak het nie. Het kwaai aan winter depressie gely vir 5 jaar, voordat ons weg is en ek hoor dat 2006 glad nie 'n goeie jaar was vir sonskynkinders nie...

Sterkte met julle poging om werk te kry. Behoort nie 'n probleem te wees nie, want hier is groot ontwikkeling en uitbreiding aan die kant, het juis nou die dag 'n advertensie op TV gesien waar hulle praat van 40,000 poste wat hulle nie sal kan vul in die komende 20 jaar nie... Hopelik is dit 39,999 een van die dae...

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hallo julle

Die kanse is goed dat ons in Queensland sal opeindig iewers! My man is in die siviele bedryf en ek weet dat daar 'n gweldige "boom" is wat ontwikkeling betref! In finale onderhandelinge tans, so hopelik is ons daar een van die dae!

Nog 'n interresante ding: Het vandag ons eerste "Quote" gehad van 'n vervoermaatskappy! Gaan baie geld kos, maar hulle is vreeslik streng met hulle kwarentynmaatreels in Queensland! " simpel ding soos jou stofsuier- dit moet letterlik skitter van skoongeit! Niks stof nie dankie om nie eens te praat van sport gereedskap soos gholfstokke en gholfskoene en daar beter geen grond wees aan die wiele van jou bergfiets nie!!! Ons het 'n ordentlike braai laat bou hier in NZ (die mobiele braai, deurgesaagte drom op 'n staal raamwerk) en dit sal moet bly, want daar is te veel roes aan die raamwerk en drom en die pype van die raamwerk moet "gefume-igate" word vir goggas en dies meer! Gmf!! Die agent wat die kwotasie kom gee het het ook gesê dat ons selfgemaakte biltong droogkas ook nie die toets gaan slaag nie! Dit het manlief 'n hele naweek geneem om laasgenoemde te bou en ons maak die lekkerste biltong in dit en die lekkerste Chilliebites en als! Ai, die prys wat mens moet betaal, maar dis darem nie te veel gevra nie!

Miskien moet ek 'n besigheid begin in Aus wat spesialiseer in goed soos braai's en biltongdroogkaste aangesien ek nou so expert is.........?

Groete en lekker naweek!!

Mandz

Link to comment
Share on other sites

Welkom, Mandz,

Hoop julle drome word gou waar.

In 'n ligter trant - wees maar versigtig vir Adelaide indien die weer vir jou belangrik is. Ons winters is nou nie altyd SO koud dat 'n mens dit sal agterkom nie ( :lol: ) inteendeel, ons het die afgelope tyd een van die warmste (en droogste) winters in in mense heugenis gehad in Adelaide. Die somers kan soms maar warm wees, en ek persoonlik hanteer koue beter as hitte, terwyl ons Afrikaanse bure 'n paar huise van ons af weer dink Adelaide se somers is fantasties.

Alhoewel, almal sal seker saamstem dat op die ou einde is weer-sake seker nie so belangrik nie, as dit TE warm word skakel 'n mens maar die lugverkoelers aan.

Partrykeer gryp jy jou visstok en skarrel af strand toe, nie omdat jy wil nie, maar omdat jy moet... :blink:

Groete,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...