Jump to content

hallo almal


annelise

Recommended Posts

Hallo almal wat al reeds so lekker saam gesels!

Ek het al so 2 dae terug aangesluit maar noggie myself "aangemeld" nie!! Toe ek nou my koppie tee by kantoor kry, dog ek: dis nou 'n baie goeie tyd!

My naam is Annelise en my man is Wim (hy is ook doenig op die forum onder sy eie login!) en ons is beide in ons vroeë 40's. Ons is nou maar net meer as 6 maande getroud (beide se 2de poging) en hierdie is vir ons soos 'n nuwe begin saam. Ek het 'n seun van 17 wat hopelik :-) hierdie jaar matriek gaan klaarmaak - hy gaan sekerlik saam met ons kom. Wim het 'n dogter van 19 wat tans in Skotland in 'n hotel werk (dis haar 2de jaar daar maar hopelik kom sy ook saam met ons Aussie toe, maar sy gaan beslis nie terugkom SA toe nie). Ek sit met 'n "useless" SA regsgraad wat ek nooit gebruik het nie. Ek gaan dus op my werksondervinding (finansieël en kantoorbestuur) moet staatmaak vir 'n ou joppie daar - 'n regte Jack of all trades ...

Ons het nou ook begin om ons OZ planne te smee! My man se kwalifikasies is reeds in Januarie 2007 by die National Institute for Accountants (NAI) ingedien vir hulle "assessment" - sal baie help met die bymekaar maak van punte. Hy gaan die hoop aansoeker wees. So ons is nog maar by stap 1! Maar ons het klaar besluit - whatever it takes....!! In ons koppe is ons klaar in Aussie-land en ons hoop die pad is nie te vol duwweltjies en te uitgerek nie (hoop ons nie maar almal so nie!!)

Dinge is maar op die stadium baie onseker en die vrae oneindig baie, maar ons is baie opgewonde! Ek vat dit maar stap vir stap en is seker ons gaan nog ure saam met julle kuier op die net.

Ek is regte ou langasem babbelkous en die vrae en kletspraatjies gaan nog uit my pen stroom.

tot later

annelise

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom by die forum Annelise! :ilikeit:

Jy is beslis op die regte plek as jy baie vrae het en wil lekker saam klets! Hierdie is maar 'n laaaang paadjie wat die meeste van ons moet loop voordat ons by ons "beloofde land" uitkom - hou moed en kuier lekker saam!

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Hi Annelise and a big welcome to you!

Hope your path to Aus is smooth, and trust a lot of your questions will find their answers here.

Where in Aus are you planning to settle?

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...