Jump to content

Afrikaanse Skeppingsdoel Kamp


Coertzen's CRcc

Recommended Posts

Drie jaar terug het ek en my gesin aangekom in Australie. In hierdie tyd het ek deur diep waters gegaan en baie bevraagteken hoekom ons regtig hier is. Uit hierdie plek van totale hulpeloosheid het ek die Here begin soek soos nooit vantervore nie. Die groot vraag agter my soek was: "Here hoekom is ons regtig hier?" Ek het ontdek dat God waarlik n amazing plan het met Australie en sy mense, en ek glo dat ons n rol te speel het daarin. Daarom is ek so opgewonde oor die skeppingsdoel kamp wat Tom Gouws van ElijahAfrica kom aanbied in Brisbane die naweek van 19-21 Augustus.

Sien aangeheg die pamflet met alle inligting rondom die kamp.

Vir meer inligting rakende ElijahAfrica kan julle na hulle website gaan kyk by:

www.ElijahAfrica.com

Vir meer inligting rondom die beplande ander bedieningsaksies die week van hulle besoek sien die volgende link:

http://www.facesunveiled.com/?page_id=319

Julle is ook welkom om my te skakel om meer inligting te bekom.

Charl Coertzen

elijah1camp.pdf

Link to comment
Share on other sites

Wat 'n jammerte dat dit nie ook aangebied kan word in Sydney nie. Ek weet my man sou baie baat kon vind by so 'n kamp. Toe ons drie jaar terug hier aangeland het, het my man ook deur baie diep waters gegaan en ek moes letterlik toekyk hoe hy elke dag 'n bietjie meer van homself verloor - dit was deur die genade van die Here alleen dat ons vandag kan terugkyk na daardie moeilike dae en kan sê dat ons sterker aan die ander kant uitgestap het.

Link to comment
Share on other sites

Ons het in 2005 nog in Pretoria gebly en die Elia 1- kamp net buite Krugersdorp bygewoon. Wow, Vader het hierdeur ons lewe radikaal geraak en die opwindende (soms erg challenging) pad vir ons het begin om sy volmaakte wil in al ons besluite te soek en soos Abraham van ouds Hom te volg maak nie saak waarheen of waarvoor. Ons het twee maande later die Elia 2-kamp gedoen, twee weke voor ons na Caledon in die Wes-Kaap verhuis het. Dit was vir ons heerlik: stunning berge, landerye, oop voortuin sonder hoë heinings en geen veiligheidshek voor die voordeur wat heeltyd oopstaan, die kids het skool toe gestap, het my huishulp smiddae voor haar deur in die township gaan aflaai. Waarom sou ons wou trek?

Dit was daarom vir ons 'n groot skok toe ons albei in Julie 2008 uit die bloute by Vader hoor: "Gaan na Australië". "Maar hoekom dan nou, wat van ons rol in Afrika?, ons is so gelukkig, ons voel so veilig, bly so lekker". "Gaan na Australië", het ons baie duidelik weer gehoor (en het die Here presies gesê hoekom ons moet kom...miskien 'n ander post hieroor ;)). Uit ondervinding, weet ons die veiligstse en greatste plek om te wees, is IN SY WIL. En so het Hy die pad vir ons gelyk gemaak en teen Januarie 2009 het ons reeds voet aan wal gesit in Australië. Ons weet selfs dat Hy vir 'n baie spesifieke rede Kalgoorlie gekies het en ja, soms wonder ek hoekom ek aan die gaaikant van die kontinent moet sit en mis ek die Kaap se berge, mis ek beskawing, great eetplekke, shopping malls, die see, meer ondersteuning vir ons outistiese seun, sport en akademiese geleenthede vir die ander, ens, ens. MAAR ek weet dat ek weet dat ons vir nou hier moet wees en dat ons in ons posisie en skeppingsdoel leef en dit het ons anker geraak hier in die vreemde en in die moeilike tye en ook wanneer ons vrae vra.

Ons hele gesin van ses vlieg Augustus vanaf Kalgoorlie na Brisbane om die seminare by te woon en by die kamp te gaan help, en ons doen dit uit en uit omdat ons kan getuig van wat dit in ons lewe beteken het en ook om ander by te staan in die opstaan in hul posisie binne die Bruid van Christus! Sien uit om van jul te ontmoet :D

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...