Jump to content

Greetings good people!


Chris & Susan

Recommended Posts

Welkom by SAAustalia! As jy Australië toe mik is hierdie forum vir

jou! Ons is hier om jou by te staan met raad (en daad) en inligting.

Ons kuier lekker saam, maak nuwe vriende, en gee onderling

ondersteuning aan almal wat nog in die proses of reeds daardeur is.

Maak nie saak waar jy in die prentjie pas nie, ons hoop dat die forum

vir jou ook veel meer sal word as net 'n bron van inligting. As jy

nie 'n antwoord op jou vraag kry in wat reeds hier gedeel is nie, vra

asseblief - ons is hier om te help! Net sodat ons mekaar beter kan

leer ken, gaan loer tog by die Foyer sub-forum in en stel jouself

bekend (as jy dit nie alreeds gedoen het nie)! Geniet dit!

Baie dankie vir die verwelkoming Riekie. Ons het 'n hele paar vrae en sal beslis op julle knoppies druk in die toekoms vir raad. Ons het die afgelope paar dae deur die forum gesnuffel en is besig om al die inligting te verteer. :lol:

Ons beoog om aansoek te doen vir 'n 136 gebasseer op Chris se beroep as prokureur. Ons lei af dat dit nie 'n maklike paadjie gaan wees nie en dat verskeie eksamens afgelê moet word voordat ons eers kan begin met die proses. :whome:

Ek verstaan van die forum dat Pippa en haar man in dieselfde boodjie is - aldus veel verder op die horison as ons wat nog aan wal is.. Sal dit verskriklik waardeer as ons inligting kan bekom oor die eksamens wat afgelê moet word ens. ens..

Baie dankie vir hierdie forum!

Chris en Susan

--------------------

We create our own destiny

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...