Jump to content

Sommer net nonsense op 11 Februarie 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 11 Februarie 2007

Was gister by ‘n pieniek. Ons was seker so 10 pare SAners wat kom stories uitruil het. My tong was weer lekker los met die hulp van Oom Jameson. Annatjie moes die stokke vat om ons by die huis te kry. Gelukkig het ek darem my Tomtomkat in die kar gehad en sy kon die pad huis toe kry sonder my hulp. Was baie moeg sien. Harde werk die gepratery.

Was by Belair Nasionale Park. Pragtige plek. Dit is nou een ding van die Ossies. Hulle het voorsiening gemaak vir parke reg deur die stad. Ek wil sê daar is seker ‘n honderd sulke parke regoor die stad. Sal dit later tel. Niemand kan sê hulle het nie geleentheid om ‘n bietjie weg van die huis af te kom nie. Ek is baie seker ek lieg nie baie as ek sê dat jy kan honderde kilometers in parke hol om van jou oortollige energie ontslae raak nie. Daar is groen stroke, hoofsaaklik langs die riviere, met voetpaadjies, te kus en keur. Jy hoef eintlik nooit in die strate te hol soos wat Annatjie noodwendig in Pretoria moes doen nie.

Agterna toe was ons weer by ‘n familie byeenkoms van die Renshaw Clan. Was seker so honderd mense wat kom Goebaai sê het vir Kira. Sy vlieg more Argentinië toe om as uitruil student daar te gaan studeer. Was maar moelik om my oë oop te hou na die lang dag. My diet het ook weer ‘n onherstelbare knou gekry. My metabolisme wonder al waar kom al die kos en voggies vandaan wat ek gedwing word om te eet. Kan mos nie die mense in die gesig vat en nee dankie sê nie.

Gaat nou eers weer ‘n bietjie lê. Die skryfwerk is net sulke harde werk. ZZZZZZZZZZZzzzzzzzz.

Wakker. Moet nou nog net inspirasie kry. Nog geen inspirasie. Sal maar die parke tel.

Groot verrassing. Daar is oor die 500 parke in Adelaide en omgewing. Nee, ek lieg nie en ek sit ook nie 50% by vir die wis en onwis nie. Ek het geweet dit moet baie wees. So in my omswerwinge deur die stad elke dag sien ek baie van hulle. Daar is ook omtrent ‘n honderd Ovals. Hulle het ek nie getel nie maar dit is ‘n geleerde raaiskoot. Dit is groot areas waar hulle Footy, sokker en krieket op speel. Die ovals is wyd versprei regoor die hele stad. Hier waar ons bly is daar 2 wat binne ‘n kilometer van ons huis af is.

Totdat die inspirasie terug keer, ‘n staaltjie uit my verlede.

Ons was ‘n groupie ouens, partykeer tot 8 op ‘n slag, wat op ‘n jaarlikse jag trippie gegaan het. Dit het gewoontlik so 3 of 4 dae geduur en het gewoontlik op een van Jan Mossie se plase gebeur. As ek vandag daaroor dink, dan besef ek dat ons gelukkig was om by hom te kon jag. Ons het gewoontlik so Donderdag 12 uur of wat afgesit na Marken se kant toe. Omdat ons van wyd en Suid af gekom het, het ons gewoontlik op Vaalwater gewag totdat almal opgedaag het. Om die tyd om te kry het ons dan snooker in die hotel gespeel. Wat daar gebeur het is baie, maar ek maggiesê nie. Gebruik maar julle verbeelding. As almal dan daar opgedaag het, is ons verder na die plaas. Langs die pad was daar die gewoontlike “pitstops en parades” Ons kom dan gewoontlik baie slim op die plaas aan. Dan word daar kos gemaak en stories uit geruil, want party van die ouens het jy net jaarliks gesien. Vooraf word die beplanning altyd goed gedoen en elke persoon was verantwoordelik vir sekere dele van die proviand. Op ‘n keer het die verantwoordelike persoon vir “coke” nie sy pligte nagekom nie. Vr hom het ons so gevloek dat die see hom nooit sal afwas nie. Maar die stukkie gaan eintlik oor Jan Cronje. Ek vertel dit met ‘n traan in my oë, want Jan het ons onlangs verlaat nadat hy sy stryd teen kanker verloor het.

Jan was “fighter” in alle opsigte. Hy was een van daai ouens wat jy net nooit kon onder kry nie. Hy was dan ook altyd die perd wat die laaste in die kooi was. More oggend kan jy hom net aan die gang kry met ietsie roois in ‘n glas. Op ‘n keer toe “dare” ander ouens hom dat hy nie die “Comrades” sou hol nie. Hy het ‘n bietjie geoefen en dit voor die afsny tyd gemaak. Ek onthou nog die foto wat in sy kroeg gehang het wat die tyd aanwys toe hy deur die eindpunt gaan. Hy het 2 Comradese gemaak as ek reg onthou.

In elk geval. Jan was een keer verantwoordelik vir die vleis want hy het vir “Pine” geken wat ‘n slaghuis gehad het. Toe hy die vleis moes braai, kom hy terug van sy bakkie af, leë hande. “Boys, julle kan my maar dood d…., ek het die vleis by die huis vergeet” Ons was honger honger. Ons dreig toe om hom te skiet as hy nie ‘n plan maak nie. Jan Mossie het nie toegelaat dat ons in die nag op sy plaas jag nie en ons wou nie ons jagplek in gedrang bring nie, so daar moes ‘n ander plan gemaak word. Jan Cronje sê toe hy sal een van die mak boerbokke gaan vang en slag. Hy sou vir die bok betaal. So gesê, so gedaan. Hy wou hê dat ons moes saamgaan om die bokke vas te keer sodat hy een kan vang. By die bokke gekom, is hulle nie mak nie, maar lekker wild. Hulle hol alle kante toe en Jan kan nie een gevang kry nie. Hy smeek ons om te help maar ons lê soos ons lag en los hom uit en hy sweet bloed. Uit eindelik kry hy een geduik en wou net die bok keelaf sny toe die bok losruk en daar gaat sy. Hy weier toe om weer agter die bok aan te gaan voordat hy nie iets vir die keel gekry het nie. By die kamp gekom besluit ons toe dat ons sal maar brood en voggies eet, sonder Jan. Die van julle wat boerbokke ken sal weet dat daai tannies kan stink. Iets uit die bose sê ek vir julle. Ek gaan nie vertel nie, lees maar tussen die lyne. Ons jaag toe vir Jan uit die kamp uit om te gaan was en hy sou nie weer sy voet in die kamp sit voordat hy gewas het nie. Hy het toe in die koue dam gaan was. Die volgende dag, sit ons nog so om die dag te beplan, toe die bokke verby die kamp kom op pad water toe. Iemand skreeu toe vir Jan dat Zola Budd nou net daar verby is. Zola was daai tyd toe in die nuus oor haar hol prestasies en arme Jan moes vir jare hoor dat Zola die bokooi vir hom weg gehol het.

Ons drink op jou Jan, daar waar jy ookal is.

Link to comment
Share on other sites

Hello,

Baie interessante storie, ek het lekker gelag. :whome:

Ek het groot geword op Marken - daar is nie te veel mense wat van die plek weet nie. My pa-hulle boer nou nog daar. Waar op Marken het julle altyd gaan jag?

Groete, VP

Link to comment
Share on other sites

Goeie storie, Jan :whome: Dankie!

Dis great om te hoor van Adelaide se baie parke! Klink belowend!

:lol:

Link to comment
Share on other sites

Stem saam, die parke is besonders. Melbourne het ook baie nice parke, maak amper nie saak waar jy bly nie, daar is altyd 'n park naby. :whome:

Edited by Vanie Plaas
Link to comment
Share on other sites

Hello,

Baie interessante storie, ek het lekker gelag. :D

Ek het groot geword op Marken - daar is nie te veel mense wat van die plek weet nie. My pa-hulle boer nou nog daar. Waar op Marken het julle altyd gaan jag?

Groete, VP

Link to comment
Share on other sites

Daar was so 'n klein plaas winkeltjie langs die teerpad. Daar het 'n grondpad uit gedraai. Op die grondpad was daar 'n vieslike haarnaald draai. Ons dorpjapies het vele kere amper 'n voetuig daar afgeskryf. So 'n paar kilometer aan op die linkerkant was die plaas. Kan nie meer die naam onthou nie. Daar was so baie rooibokke dat jy net 'n halfuur in die veld geloop het met 'n gids, dan kon jy pick en choose. Jan Mossie het op Albastergat (Marble Hall) gebly. Hy het daar slaghuise gehad. Hy het ons ook almal daar geleer hoe om 'n bok ordentlik af te slag en te bewerk. Ek onthou nog een ram wat ek geskiet het het soos 'n jong koedoe gelyk. Sy horings was Roland Award gehalte. Later jare het ek op 5 ster jagplase gaan skiet, maar dit was nooit so lekker as daai eerste jare nie. Toe het 'n ram ook nog R30 gekos. Vandag moet jy jou voertuig verpand om hom te bekostig. Ek hoop om nog jaarliks te gaan jag in die RSA. Ek is gelukkig om neefs te hê wat nog wild op hul plase het.

Link to comment
Share on other sites

Hi,

Ek weet presies van waar jy praat... Dit klink my dis moes by Attie Strydom op Murchison gewees het waar julle gejag het. Ja-nee, daai draai is baie erg, daar was al vele ongelukke. My pa-hulle bly so 'n kilometer van daai afrit af, daar op die hoek waar die Baltimore pad uitgedraai het, oorkant die boeresaal.

Klein wereld, ne. Jag bly altyd lekker, nie net die skiet nie, maar die kampvuur en stories in die aande ook. Hoe verlang ek nou...

Groetnis.

Link to comment
Share on other sites

Jisaaik Jan, maar jy kan darem 'n lekker storie spin... :blink: Belair is ons plaaslike "park" en ons gunsteling... 'n fantastiese plek om te gaan uitspan.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...