Jump to content

'n Terugblik Oppie Jaar Verby.


DannyBoy

Recommended Posts

8 Mar 2010 sit die boerseun sy voete aan wal in Melbourne om die lewe hier in Australie aan te pak, was ook die voor reier om voorbrand te maak voordat mammie en die kinders en die meubels hulle opwagting maak. Moet se ek het dinge dalk bietjie te fyn gesny met net n week "verlof" in SA om al die laaste goete af te handel en 'n week week aan die Aus kant om dinge aan die gang te kry....maar soos hulle se waar daar 'n will is, is daar 'n weg. Een vd dinge wat ek wel geleer het is om nie 'n week voor jy vertrek te probeer baie buitelandse valuta by jou bank te kry nie...hulle is nou maar net nie so vinnig nie. Die eerste maand was gespandeer in die middestad in 'n woonstel reg oorkant my kantore. lekker vir laat opstaan maar nie as jy moet verduidelik hoekom jy laat is nie, want jy bly 3 minute se stadige slenter stap van die werk af.

Nou almal se altyd jy het daai wittebrood tydperk maar ek dink myne was maar aan die kort kant....ek was gelukkig in die opsig dat my werk my oorgeplaas het van ons kantore in SA, maar die nadeel was dat ek nie daai voete vind tydperk gehad het nie en die bietjie tyd wat mens gewoonlik kry totdat hulle nou mooi weet wat om met jou aan te vang nie....so dit was sommer hardloop vd wegspring af en as mens hardloop sien jy nie altyd al die goete om jou nie...want jy moet kyk vir klippe en gate innie pad.

lewens les nommer 1. moenie annvaar goete werk soos wat jy dink nie. 25 april 2010 was dit ANZAC day. ek het die week voor dit na die dood van honderde bome die ja woord gekry om in ons huurhuis in te trek en wat is nou beter om dit sommer daai naweek agter die rug te kry. So na die tassies gepak is en die woonstel mense hulle pond vleis gevat het, spring ek in 'n Taxi na die nuwe woning. Daar aangekom kry ek die sleutels, bedank alle belanghebbendes vir hul hulp en samewerking en stap in. nou 'n nuwe woning is lekker maar mens het 'n paar goedjies nodig....terug by die les...moenie beluit om in te trek en 'n paar meubels te koop op 'n dag wanneer al die winkels toe is nie.....nodeloos om te se die eerste nag was nou nie die beste nie....

Behalwe vir die uitdaging, verloop die res vd maand in die nuwe huis goed. essentiele meubels word aangeskaf en dinge by die werk loop nog goed en in die verte is mammie besig om die huis te verkoop, en te sorg dat die mense nie haar goete breek terywl hulle dit in die bokse vir die trek pak nie. huis verkoop bly maar 'n nonsies, maar die koeel is uiteindelik deur die kerk en die prokureurs glimlag breed oor die duisende rande wat hulle gemaak het uit 'n paar aandtekenings en die dood van nog 'n boom.

lewens les nommer 2. die voordeel om jou SA foon op roaming te sit en hier te gebruik vir al daai dinge wat jy nog moet opklaar by die huis, klink na 'n goeie idee...totdat jy die rekening kry....twee maande van rekeninge rakende aan R4000, besluit ek toe dat ek liewer van 'n hart aanval wil doodgaan op veertig as van honger oor 'n week en sit toe maar my MTN vriend af.

Die aankoms vd familie op 4 April was 'n vreugde. Na 'n maand van alleen bly en wonder of alles nog in die haak is aan die annerkant wereld is daar niks lekkerder as om jou vrou en kinders te kan vashou nie. Niks. Die vlug was vir hulle lank en dit was donker toe ons terug by die huis arriveer. Nou op die stadium is die basiese goete gekoop om ons aan die gang te hou, meeste vd kamers is nog leeg en die kinders kannie glo dat daar soveel rondhardloop plek in 'n huis kan wees nie. Maar die hoof metode van vervoer is of die voet of publieke vervoer....altwee ablbeit bietjie moeilik met tye.. werk nogals goed...gelukkig bly ons naby 'n winkel sentrum so die dames se uitstappies winkel toe verloop goed.

lewens les nommer 2. moenie die vriendelike hallo in afrikaans onderskat nie. die eerste afrikaners wat ons ontmoet gebeur net buite 'n Target winkel en daai middag word ons sommer kom oplaai by ons huis vir 'n kuiertjie by ons nuwe vriende..en ek hoop ons sal nog lank vriende bly.

Die wiele word uiteindelik aangeskaf en die stem word deur die hele huis gedra dat wiele wel 'n wenner is veral vir die dae wat dit reen en/of koud is wat uitdraai om meeste vd dae in Melbourne te wees. Nou hier moet die jakkals so bietjie sy eie stert prys oor die vorrbereiding wat hy in die veld gemaak het. die laaste weke voor ek weg is ek 'n kortlys gemaak van al die karre wat binne ons prysklas is dit aan die tesourie van die huis voorgele vir goed keuring en na dit een naweek na die uitverkorenes by agente in Pretoria van nader af bekyk. so op die manier het ek die aankoop proses baue verkort in die sin dat ek net nodig gehad het om na een handelaar in Melbourne toe te gaan of die finale wenner aan te skaf..

Wiele het ons ons uitkyk op die lewe in Melbourne aansienlik verbreed, skielik kan ons na plekke toe gaan waar treine en busse nie loop nie. en dit was nou lekker. die kinders begin kleuterskool toe gaan en ons begin ons ritme vir die plek kry. Ek gebruik slegs publieke vervoer deur die week so mammie en die kinders is nie afhanklik van my vir vervoer nie en kan doen wat hulle wil en moet om die wiele van elke dag lewe glad te laat verloop.

nog 'n ding wat ek gelerr het is dat mens afrikaners net kan uitken as jy eers gehoor het hulle kan afrikaans praat of as hull 'n drimac dra...vir die res lyk hulle nes anner mense. nou ek is al 'n paar maande aan die gang met my publieke vervoer werk toe dat ek nog 'n nou goeie vriend ontmoet. nou ons ry al die afgelope 2 of 3 maande dieselfde bus trein toe die selfde trein werk toe en dan stap ons nog na die selfde gebou vir werk toe ook...ja hier is nog 'n afrikaner wat ek eers as ene herken toe hy my vang afrikaans praat met mammie op die foon. nou as ek hom sien weet ek dadelik hy's afrikaans, mens kan dit mos sommer sien, 'n boer erken mens orals.

so met die tyd het ons meer en meer mense ontmoet, en ons ken nou al 'n klompie wat die naweke help vol maak met kuier, rondloop en goete om te doen. nou mens moet seker maar verstaan daar is baie redes hoekom mense die lewe diekant aanpak en ek het mense ontmoet wat die bietjie van huis in hulle hart hou en deel met almal om hulle, en mense wat voel dis uit met die oue en in met die nuwe en die dinge en mens van die ou lewe liewer los. en ek gun hulle dit want om hierna toe te kom vat baie en jy los baie en jy verlang baie. so ek volg maar die basiese reel ek is met almal vriende wat met my vriende wil wees. en as hulle nie wil nie, dis hulle keuse en more is nog 'n dag...en wie weet wie hoor jy afrikaans praat in die gange in coles.

Desember arriveer skoonma vir 'n bietjie kuier, en ek dink my kinders het dit nou baie geniet, en ouma is vir 'n tydperk van 2 maande nie vir 'n sekonde uitgelos nie, dink toe sy huistoe gaan het sy 'n maand geslaap net om weer bietjie in te haal. Januarie ariveer skoonpa en daar kry ek kans vir my eerste bietjie visvang in aussie land, man dit was nou lekker... wel ons het niks gevang nie maar dit was lekker. het my oudste leer visstok ingooi, maar ek dink sy sal beter doen in 'n Leon Schuster film want sy gooi oor al wat 'n lyn is, so ons werk nog aan die rigting. hier is dan ook die geleentheid met desember vakansie en alles om met die hulp van skoonpa vir die jakkals homself 'n voertuig aan te skaf..en in die opsig moet ek my kop seker so bietjie in skaamte laat sak...soos enige boerseun het ek my huiswerk en sommetjies goed gemaak die lys van wat ek kan bekostig en wat ek nie wil he nie en waarna ek nie mag kyk nie opgestel en ek en skoonpa is die handelaars in...ons bekyk alles ons sit in

alles ons gesels met alles wat lyk asof hy wil kar verkoop... en toe die fout, toets bestuur iets op die moenie eers kyk nie lys.....ja wat kan ek se 'n man kan enige ding regverdig as hy rerig wil. gelukkig was mammie nie te kwaad nie en ons ry nou lekker rond as ons gaan kamp en ons kon darem al 6 in een kar rondry die januarie naweke ipv om lootjies te trek om te kyk wie bly en wie ry...

die skoon mense verlaat ons 25 januarie en ons het 4 rustige dae voor my ouers arriveer op die 29ste januarie. die maand van februarie volg ons omtrent dieselfde patroon. ek maak langnaweke van al die naweke in februarie, so elke naweek vat ons die pad en gaan kyk na die wereld om ons. na nog 'n maand se lekker kuier en ouma en oupa wat seker al vroeg die maand al opgehou verlang het is die huis weer terug na normaal en kan ons weer in ons ritme van dinge inkom.

nou een vd minder lekker dinge van australie is die afstande. as 'n konsultant doen ek baie werk van die huis af, en hier kan jy nie vir die dag brisbane toe ry en vanaand weer huistoe kom nie, nee dis vlieg maandag en kom donderdag terug....so vir die laaste 6 maande het ek gevoel hoe dit

moet wees om geskei te wees en jou kinders net op naweke te sien, maar gelukkig is ons al gevestig en die vriende maak dat dinge nie te alleen in die huis word nie vir die familie nie.

naweke bly 'n wenner as jy in 'n huis met plastiek gras bly. die onderhoud is min en jy kan naweke ander dinge doen as net gras sny. ons het ons heel eerste kamp nou al agter die rug... nou sal julle vra, wat? het jy nooit gekamp in jou vorige lewe nie? en my antwoord is ja ons het, baie, maar die was die eerste kamp waar net die jakkals sy vrou en sy 2 rooi miertjies allen gaan kamp het sonder vriende of familie...dit was ons nooiens vlug en was baie lekker. een ding wat 'n vaalie mos van hou is die see en nou is die ding sommer 'n oggend se ry vd huis af....man dis te lekker. moet se die aussie idee van 'n karavaan en kamp park is nou nie heeltemal hoe ons hom ken nie, maar ek moet se ek is seker ek sal hom gewoond raak. al wat ek mis 's my venter, ja as jy ene het bring hom saam doen die moeite want jy gaan hom nie hier sommer sien nie. en soos ek agter gekom het om hom te vervang is nie die goedkoopste speletjie nie.

so ja hier is nou al 'n jaar in die pad af, my oudste praat nou al mooi engels en die jongste wat nou net eers begin praat moet mens maar mooi luister of die dame jou nou in afrikaans of engels aanspreek..gewoonlik as ek weet nie glimlag ek en se ja...lyk my dit werk nog.

as ek terug dink dan kan ek nie glo hoe lank ons gewag het om die visas klaar te kry nie, en hoe vinnig die tyd vlieg as jy eers hier is nie....sover is dit nog 'n avontuur, net as jy dink jy is nou in die ding in dan sien jy iets wat jy nog nooit gesien het nie.... as jy tot hier gelees het dan net die volgende; as jy die pad gestap het, hoop ek dit was 'n goeie ene sover en hoop vorentoe gaan dit net beter. as jy nog wag om te begin...vasbyt, en as jy arriveer sterkte en geniet...die moeilike dae is daar, maar die res kan nogals lekker wees.

Groetnis.

Link to comment
Share on other sites

baie dankie, dis 'n wonderlike brief om te lees :)

Link to comment
Share on other sites

Fantasties!!!!!!! Baie mooi vertel...Hoop ons hoor nog in die toekoms :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Great post!! Dit laat my amper terug verlang na daai eerste paar weke in Melbourne. :ilikeit: :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Heerlike joernaal om te lees, baie dankie - gaan so voort !!!

Link to comment
Share on other sites

Ag dit was nou lekker ! Hou aan skryf asb

Link to comment
Share on other sites

Dankie dat jy dit met ons gedeel het, dit was lekker om te lees. Ons wat nog in SA is waardeer dit as ons bietjie kan lees oor hoe julle dit daar ervaar, ons wonder maar senuagtig hoe dinge vir ons sal uitwerk en dit is lekker om van 'n sukses te lees.

Het julle 'n container oorgevat? Ek lees julle het meubels daar gekoop? Ons sit en wonder of dit 'n opsie is om alles daar aan te koop...Die raad oor die kar uitsorteer die kant is 'n goeie een, ons het nooit daaraan gedink nie!

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hallo PtaDaisy

Ja ons het 'n container oorgebring, maar was maar selektief met wat ons ingepak het, as ek dink aan al my garage goete wat ek nie saamgebrink het nie, kan ek myself skop, maar nou ja...gedog ek is heel slim toe ek beluit het om dit te los...lol. Die goedjies wat nou al bietjie oud was soos ons yskas, mikrogolf, tv, ens het ons nie saam gebrink nie...daar was ook 'n anner paar goedjies wat ma besluit het ons sal moet vervang aan diekant. Met die wat ek eers so bietjie alleen was het ek maar die basics gekoop wat 'n man nodig het om homself aan die gang te hou....'n bed, 'n klein kombuis tafeltjie met stoele, 'n ketel, 'n pan...mans kan enige kos in 'n pan maak, die basiese eetgerei, en 'n 42" tv...jy weet net die nodige.

Groete

DB

Link to comment
Share on other sites

Ag dankie vir die lekker lees en al die goeie raad. Plastiek gras?! My man sal dit geniet...

Hoe verskil die Aussie kampgeriewe van SA s'n, ek is baie nuuskierig?

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Dankie vir die deel van jul ervaringe. Ons kom dv Desember 2011 na Adelaide. Ek het lekker gelag,veral oor die drymacs!

Voorspoed met jul nuwe lewe daar!

Karen

x

Link to comment
Share on other sites

  • 1 year later...

Hehe, lekker gegiggle nou! Skryf nog!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...