Jump to content

Sommer net nonsense op 9 Februarie 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

ommer net nonsense op 9 Februarie 2007

Dankie vir die positiewe terug voering oor my nuutste skrywes. Ek laaik dit dat daar nog mense is wat ‘n bietjie humor kan waardeer. Julle sal opmerk dat ek nie veel te sê het oor die Nuwe Suid Afrika nie. Dit is verby en in die verlede vir my. Soos ‘n broer in die tronk waaroor jy nie praat nie. Die Ou Suid Afrika het net goeie herhinneringe vir my en ek sal nog so nou en dan staaltjies uit my verlede vertel. Weereens as jy nie van my skryfwyse of manier van sê hou nie, sê so. Ek vra weereens om verskoning as ek iemand te na kom. Dit is nie my bedoeling nie en is bloot toevallig.

Ek word nou soort van “premature” gedwing om my hand te wys. Die bedoeling is om my stories te boekstaaf. Die keer datum is so 13 Mei 2007, dan is ons ‘n jaar hier. Julle sal dit nie glo nie maar daar is blykbaar al genoeg stof om ‘n boekie saam te stel. Een van my ou buurmanne het voorgestel dat ek dit die “Kronieke van Yarn Down Under” noem. Ek laaik ook die voorstel van “Jan se Auskepades” Maar dit is nog vêr in die toekoms voordat ek by boekvorm uit kom. Buitendien, ek is nou weer ‘n werkende man wat in die “sweet van my aangesig my brood verdien” Al gedink ek moet weer Lotto begin speel, baie makliker as werk. Betaal net sleg. In elk geval. Met die werk saam kom ek moeg in die aande by die huis en is nie juis lus vir skryf nie. Tel darem so deur die dag nogal baie idees op. Moet ook sê ek laaik nie van die Ossie gewoonte om Vrydae tot 5 uur te werk nie. Jissie, ek was ‘n mannetjie wat al vroeg op Vrydae ‘n biertjie geniet het. Nou is ek te bang om by ‘n “bottle shop” verby te ry.

Hoor gister hoe roep hulle ‘n ander perd oor die radio om by my uitsig adres in Glen Osmond, rokke te gaan optel. Ek klim toe ook vinnig op die lug en bied toe aan om die joppie by hom oor te vat. “No mate, we all know about the scenery over there. Give a chappy a chance” Nou ja, ek het getry. Wonder of ek ooit weer daar gaan uitkom (met Annatjie natuurlik)

Ek kry toe ook gister ‘n call om ‘n TV by ‘n herstel plek te gaan oplaai. Daar gekom, verduidelik ek vir die man agter die toonbank waarom ek daar is. “Talk to that lady over there, mate” Die dame staan toe so agterig in die shop. Sy het my hoor praat. Sy wink vir my en ek stap soontoe. Daar gekom, praat sy met my. “Hier is die goed wat jy moet oplaai, meneer” Kry toe weer ‘n hart aanval. Sy praat Afrikaans met my en dit is lanklaas dat iemand my meneer genoem het.. Sy lag toe ek haar vra hoe het sy geweet ek is Afrikaans. Sy sê my aksent staan soos ‘n paal bo die water uit en wys duidelik eks ‘n expat. Ek het nogal gedink my Ingels is goed. Sy sê ja, maar ek praat te vinnig. Dit is die dat baie Ossies my so aanstaar asof ek Grieks praat. Hulle verstaan my nie altyd nie. En ek het gedag, hulle praat snaaks.

Onthou julle nog vir “Siener in die Suburbs? Hoe Marius Weyers gesê het “die operators pay weer vandag” Wel die oom pay weer more. My tweede in Oz. Gaan dit vier by ‘n hotel in Gawler. O ja julle wat nie weet nie. Hier eet ons nie juis in restaurante soos in RSA nie. Nee boetie. Die hotelle is respektabel hier en die kos glad nie sleg nie. Ek dink Travis hulle se band speel weer more aand in die hotel. Dit is heel waarskynlik hoekom ons soontoe gaan.

Verder droom ons nog maar oor ons huisie by die see. My boot, my karavaan, ai ek verlang julle. Sug. Sal maar weer more moet lotto speel. Groetnis tot volgende week.

Link to comment
Share on other sites

Weet jy Jan...as ek so jou stories lees dan sien ek vir Jan Spies so voor my.... ;)

Jy het 'n gawe gekry om 'n storie te kan vertel...skryf daai boek broer. Dit kan nie anders as 'n wenner wees nie :cry::D

wag angstag op die volgende storie

Baie dankie

Lindy-Lee

:P

Link to comment
Share on other sites

Ek stem!!! ;)

Ons sien uit na die boek, Jan, maar wil asb hê jy moet intussen (en daarna) steeds ons skrywer bly hier op die forum!

Liza :cry:

Link to comment
Share on other sites

Cannot wait for next week and the next instalment!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...