Jump to content

Afrikaanse Eredienste Op Die Internet


cristel

  

5 members have voted

  1. 1. Ek hou hiervan



Recommended Posts

Ons is die Here baie dankbaar dat ons uiteindelik 'n diens kan bied vir baie mense (veral in die platteland) om ook nou gereeld Afrikaanse eredienste vanuit die Australiese konteks hier in Perth te kan luister. Die eredienste word elke Sondagoggend op video opgeneem in die Clarkson gemeente van die Gereformeerde Evangelies Kerk van Australie en is gewoonlik later die dag op die intenet beskikbaar. Baie dankie aan Zona Rens wat vir ons hierdie nuwe deurbraak vir die Evangelie bewerk het.

Gaan net na die volgende webwerf http://sermon.net/outreachwa en luister die boodskap terwyl jy die beeld sien op die skerm. Daar is reeds 'n paar eredienste van die afgelope twee maande opgelaai. Aangeheg is 'n powerpoint lêer met duidelike instruksies hoe jy na die boodskap kan luister. Daar is ook instruksies oor hoe jy dit op jou iphone of ipad kan aflaai en selfs 'n opsie om enige vers in die Bybel na te slaan.

Ons vertrou dat die Here hierdie diens gaan gebruik om die Woord by soveel meer mense uit te bring.

Seënwense

Gawie van der Merwe

**************************

55 Mintaro Pde

Quinns Rocks

WA 6030

Tel +61 (0)8 93052740

Mobile + 61 (0) 415846599

Skype: Gawie van der Merwe

E-Mail: ds.gawie@parc.org.au

Link to comment
Share on other sites

AAN ONS GEBRING DEUR OUTREACH WA !

Dit is vir my fantasties ! Ek voel heeletemal vreemd in 'n engelse kerk. Dis so vreemd om engelse woorde op 'ons' afrikaanse liedjies se wysies te sing. Dalk is ek mal, ek weet nie.

Ek werk vir die katolieke kerk, en die eerste mis wat ons as personeel moes bywoon, het ek amper ongeval toe hulle 'n liedjie in latyns of iets sing op die wysie van Praat ek mense engele tale !

Ek hoop hierdie link beteken vir julle ook iets !

Groete

Cristel

Link to comment
Share on other sites

Is daar ander Afrikaanse mense wat ook soos ek voel ?

Link to comment
Share on other sites

  • 5 months later...

Sal defnitief gaan kyk, ons is nou wel in 'n engelse kerk, maar die dominee is afrikaans, so ons verstaan darem sy engels!

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...