Jump to content

Mrs Ball's Se Chutney Storie


chester

Recommended Posts

Ek het net gou daar by Home and Heath gaan kuier en toe sien ek mos 'n Mrs Balls se storie en recipe. Toe dog ek as iemand dalk wil probeer, julle dis easy peasy. Ek het ge experiment met die recipe so hiers my 2cents worth.

Droe perskes kry 'n mens net nie hier in OZ nie, appelkose geen problem nie.

So ek het maar vars "Queen Peaches" gekoop $2.99 per kilo, (dis net geel perskes)net 'n fancy naam. 1 1/2 checkers sakkies vol, skil en sny in klein stukkies. maar eers moet jy die droe applekoses in die wyn asyn soak. Dan gooi jy alles by en kook dit.

My eerste batch ( die verkeerde een) het ek te veel cayenne pepper ingegooi en toe sny ek sommer ook 'n paar droe chillies, pitte en all vir good measure by, kyk ons like van hot maar nie so hot nie. Die pepper het 'n bietjie te veel gelyk vir my en ek het minder in gesit as wat die recipe gese het. En toe verander ek die recipe en gooi rosyne by, Kyk dit is lekker maar vrek warm.

Die volgende naweek koop ek weer perskes om weer te try, minder cayenne pepper en net een droe chilli en rosyne, man nou proe dit lekker en dis net reg. Ek stuur sommer vir Nilo 2 bottles extra hot en med.

Kyk ek is toe al so geoefen, ek try sommer nog 'n batch, die keer soos die recipe se en dis great ek het genoeg chutney vir die hele jaar en volgende jaar. Ek's op 'n rol hier en besluit ek gaan sommer perske jam ook maak, dis nog 'n ding wat jy sukkel om te kry hier, lekker stukkies perskes. Man alles gaan goed, jam kook stadig en is amper reg, maar dis al laat hier op die sondag aand (10.30pm) en more moet ek nog gaan werk, sien ons staan 4.30 op om al die diere te voer voor ons werk toegaan, 45 mins drive in Sydney toe, en ek kuier nog gou op die computer. Ja ek het die jam verbrand! Ek sukkel nou nog om daardie swart brandsel af te kry op my mooi rooi dik emanel pot.

Beste tyd om geel perskes hier in OZ te kry is so Jan/Feb se kant.

Lekker dag vir almal en stay safe

Rina

post-1557-0-26443900-1299749498.jpg

post-1557-0-31925400-1299749522.jpg

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...