Jump to content

Die Reëls Vir Braai


Annalize

Recommended Posts

Ek het hierdie op 'n ander Afrikaanse forum raakgeloop en dit het my nogal laat lag. Dit is net te komies hoe "sterk" die Suid-Afrikaners oor hulle braai voel.

DIE REëLS VIR BRAAI:

“1. • Doen so ’n bietjie moeite met die koop van jou vleis. ’n Braai is ’n ernstige ding.

2. • As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is, want om die ding aan die gang te kry, kos hitte. Baie hitte.

3. • Met rugby steek jy die vuur tydens halftyd aan.

4. • Daar is nie ’n ding soos ’n te warm vuur nie. Kies dikker snitte vir braai. Dun steak is altyd taai en smaak onaangenaam. As die vuur te warm is, haal jy die vleis net gouer af!

5. • Steaks is vir mediumrou en miskien selfs medium. As jy van jou vleis well-done of cremated hou, gebruik ’n blaasvlam en hou jou vleis van ’n braaier af. Hardloop dan ook sommer in ’n muur vas. Herhaaldelik!

6. • ’n Steak sonder vet is nie ’n steak nie. Fillet het geen vet nie.

7. • Wors moet nog kan buig wanneer dit afgehaal word, dit moenie breek nie. Wors word ook nie vol gate gesteek nie.

8. • Hoender eet jy met die hand. Tjops en wors ook. Gebruik ’n broodrolletjie vir ’n “vatlappie” vir warm wors. Steak eet jy met ’n mes en vurk. Vis word nêrens noord van die Oranjerivier gebraai nie.

9. • Vleis moet gereeld omgedraai word – nie halfpad aan die een kant gaar gebrand word en dan omgedraai word nie. Draai jou vleis kort-kort.

10. • Een slaai by ’n braai is genoeg. Daar hoef nie poeding te wees nie. Nog ’n stuk vleis dien net so goed vir ’n nagereg.

11. • Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sê so! Hoe anders moet hy leer?

12. • As jy jou pap by ’n braai met melk en suiker eet, is jy wanaangepas. Vra almal by die braai om jou teen die kop te klap, maar dit sal seker ook nie eers help nie.

13. • Politiek, godsdiens en babapraatjies is uit om ’n braaivleisvuur. Rugby, jag, 4x4-voertuie en die buurvrou se sonbrandlyne is die norm. Visvangstories word eers gepraat as almal gesuip is, want dan kan dié wat nie visvang nie, saampraat.

14. • Die braaier (die ou met die braaitang in die hand) is baas. Hy kan nie nog sy aandag verdeel om vir almal drankies te bedien nie. Kry sommer self, en sorg ook dat die braaier deurentyd iets te drinke het.

15. • As jy self jou vleis wil braai omdat jy nie die braaier vertrou nie, of as jy net doodeenvoudig vol nonsens is, praat voor die tyd of shut up!”

Kommentaar 1:

Die reels vir braai of "BBQ rules" ens. wat nou oral opduik op die web is erg irriterend wat party goed betref.

Eerstens, julle het REEL NOMMER EEN vergeet:

Nie heeltyd aparte mans en vrouensgroepies nie, KLAAR!

Ten 2de: Moenie met jou snob gewoonte kom en vir my vertel dat "well-done" steak nie goed is nie. Steek jou aangeleerde windgat restaurantgewoontes oor half-rou steak in jou dinges op. 'n Goeie steak kan goed gaar wees en nog steeds lekker smaak en nie taai wees nie. Dit is oor julle nie kan braai nie en daarom is julle skytbang dat julle "well-done" steak taai gaan wees.

Ek is gatvol vir al die steak en pap stories. Die reels is deur 'n klomp Transvalers en Vrystaters geskryf, lyk dit my.

Reels oor snoek, skaapvleis, ribbetjies en geroosterde tamatie-en-kaas toebroodjies is net so belangrik soos julle ou steak, pap en wors stories.

(ek gaan hulle nog neerskryf vir julle kulturele opvoeding)

Moenie vir my vertel dat ek nie politiek mag praat nie. Beskaafde mense kan oor enigiets praat sonder om mekaar te donner. Buitendien is politiek, godsdiens, wegtrek en dwarstrek deel van ons kultuur. Die enigste reel is dat jy ander mense in ag neem. En nog iets: rugby is dikwels donners vervelig!

Daar is beslis iets soos 'n te-warm vuur!! Dit is oor julle net steak en wors braai dat julle niks weet nie!

Mens gooi baie beslis soms sout op vleis by die braai, soos as jy die vet stukkies in ribbetjies lekker wil bros en kaing braai.

Moenie my vertel 1 slaai is genoeg nie. Een is goed, twee is nog beter. En bedank die dames ook, nie net die braaier nie!

En wie is die drommel wat geskryf het dat mens roesvrye-staal roosters elke keer moet was? Mens was geen rooster nie, jy bere hom met vet aan en jy braai hom skoon voor jy begin. Dan roes hy nie en selfs "stainless" roosters hou langer.

Word vervolg - die ware reels kom nog.

Groente, en alles van die beeste.

Egte Afrikaner.

Kommentaar 2 :

Ag snot man "Egte Afrikaner!!!!

Jy is duidelik een van die mense wat NIEMAND langs 'n vuur wil he nie; jou politiek opbringende / gebrande vleis vreetende, party pooper! Laat ek raai dis net jy en jou kinders wat braai - aleen, by jou huis op Sondae... want niemand invite you vir braai enige ander dae en ook nie vir die rugby saterdag nie ne? en jy kan seker nie "M-Net of DSTV" bekostig nie of dit is teen jou geloof or jou sede bewaarder (jou vet vrou!!) weier om dit te he in die huis!!!

Hou op neul en moan jou moroon en trek ver weg oor die see en gaan vertel jou politiese weg trek en jannie jammer gat stories elders vir ander SAFFERS - nie een van ons op die site het lus vir jou nie.. ons LIKE SA en al sy lekker (rare) vleisies en braai vleis, laggies grappies stories en rugby. ONS LOVE DIT.

Ons like braai KWAAI- chops, bibberkas , wors, slaai, broodjies, pap, mielies, sosaties en seekos en visbraai baie !

Maar jy drink seker te veel KVW en DIET coke... en rus die glas op jou dik boepens erens in die Bellville of Kraaifontein. en jou caravan het seker al die 25 of 30 jaar AA sticker op ne???

SIEN en VOEL jy nou hoe voel dit as iemand JOU beledig?? of gaan jy nou nog 'n nasty reply tik en post.... vader behoed ons dit tog...

Lekkker tawwe steak eet mannemerak enjoy!!! EK persoonlik LIKE my skaap rib; chop met 3 boontjie slaai; griekse mengels slaai; en braai broodtjies - dan is ek in die SEWENDE HEME!

Nou toe hou op moan en gaan maak 'n vuur!

Ps net 2 goed is reg in jou post - meer as 1 slaai is lekker en mens was nooit 'n rooster nie - so daar is nog hoop vir jou bok - daar is hoop!

Van: Klokkies

Kommentaar 3:

Hahaha ag ek het my gate uit geniet om julle twee se stories te lees!

Sjoe maar mansmense kan moan, ek wens ek kan nog die gees van SA geniet, julle tweetjies moet maar bietjie saam staan en die Nederlanders kom wys hoe kan 2 Suid-Afrikaners n goeie braai lekker geniet, lag, en n dop drink!

Die mense hier braai op n elektriese braaier as hulle ooit so iets besit en dan is daar absoluut geen sprake van broodjies, slaai of enige iets anders nie! Die braaier staan alleen buite terwyl die ander mense hulleself dik vreet aan die vleis wat stuk vir stuk van die rooster afkom, ek het in my lewe nog nooit so iets gesien nie en moes myself in n koma lag daaroor!

Kom nou man! Die Regte Suid Afrikanse wit nasie is besig om hulle gatte te sien omdat van hulle dink hulle kan rooinekke wees en hulle skaam vir hulle taal, maar dis mense soos ons wat dit sterk moet hou en tenminste om een vuur moet kan staan!

Hey ou klokkies, ek like jou man, ek like jou!

Trotse Suid-Afrikaner uit Nederland.

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...