Jump to content

Jackie En Die Hoenderhaan ...


chester

Recommended Posts

Jackie en die Hoenderhaan (Ek het maar vir julle 'n storie gaan haal daar by my blog, so gaan maak gou vir jou 'n koppie tee en geniet)Ons het by Durbs by the see gebly, dan kom pak mos al die family daar af vir holidays ...

Skoonouers kom kuier mos vir so 'n paar maande op 'n keer en dan gaan wys ons mos vir hulle hoe mooi Durban en ongewing is (was) Ons hou piekniks in Mitchell's Park met sy mooi blomtuine loop by die hoeke klein diertjies en voels verby en geniet die mooi sunskyn. Wonder of dit nog so mooi is? Anyways ons besluit om suidkus toe te ry so verby Toti is daar mos sulke oulikke pad stalletjies waar jy grassmattjies, avokadoes en piesangs, kraalle en goedjies kon koop, alles so uitgestal orals. Die dag besluit ons om Jackie sy 'n mooi swart spaniel, saamtevat vir die uitstappie. Daar gekom klim kinders uit en voor ons Jackie se lead kon aansit is sy uit by die deur, en sien net hoenders en daar trek sy weg met 'n spoed, roep help niks. Manlief en kinders agterna. Daai hoenders sien gevaar aankom en sit 'n keel op en vlap daai vlekke jy sien net verre trek soos hulle hol agter die gebou om, Jackie en dan Manlief en kinders agterna. Na 'n paar omblikke sien ons hulle weer maar nou is dit Jackie voor manlief op haar hakke met een groot omgekrapte hoenderhaan agter hulle. Dit was nou snaaks almal het hulle vrek gelag.

Daardie tyd het ons mos naby Indiers gebly en hulle hoenders het gereeld hulle kanse gewag en oor die heining gevlieg vir so freerange wandeling, so 'n paarjies het in die slaggebly. Jackie kon hoenders vang. Ag ons wou so graag puppies van Jackie kry maar niks werk, sy het sou 'n mooi swart spaniel kerel wat daar gekuier het en ons dink nou gaan ons ouma & oupa word. Kom mos terug van die winkles af en sien net stukkies gordyn by die venster uithang soos sy nes maak, maar weer niks.

Dankie vir jou mooi storie Betsy, George klink te oulik, dit het my herhinder aan Jackie.

Hi Rina,Wat het geword van Jackie? My hart verlang vreeslik na Tyson vandag. Mens wonder altyd of hulle ok is. Groete,Betsy.

Sad storie daai een, my skoon sus wou ons spaniels x3 graag aanneem maar hulle was weg vir die naweek en ons het die honde kennels toe gevat, gereelde gaste daar, koste betaal vir die naweek ens. Maar oppad het Jackie glad nie goed gelyk nie, maar daar was geen opsy, ons vlieg daai dag nog. Daar aan gekom hulle vat die 2 hond in maar Jackie was nie meer nie, net so het haar hartjie gaan staan as of sy geweet het ons kom haar nie meer haal nie. Miskien was dit vir die beste

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die storie, ek kon sommer vie Jackie een jou man sien met die hoender haan agterna. Net jammer als moes so sad geeindig.

T

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...