Jump to content

Sommer net nonsense op 6 Februarie


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 6 Februarie 2007

Besig, vrek besig. Moeg, dood moeg. Ens, ens, ens. Die afgelope 9 maande het ek seker so gemiddeld van 4 ure per nag geslaap. Nou is my average ‘n bietjie op na omtrent 6 ure per nag. Want ek werk mos, sien. Nie dat ek ooit gedink dat iemand wat net die hele dag op sy blaker sit en dryf, werk nie. Ek change my mind. ‘n Ou mag mos van mening verander. Moet sê ek sluk nog swaar aan daai Generale drywers van vroeër jare wat wou kom voorgee dat hulle ook in die army was. Maar nou ja, alle werk is seker edel en ek weet dat ek hard terug aarde toe gekom het, hier in die land van Oz.

Kry toe vandag weer die skok van my lewe en verlang toe onmiddellik weer terug na die vleispotte van Egipte. Ek laat toe gister ‘n CT scan van my rug doen en hulle jol met die sonar oor my heupe. Raai wat was die rekening? R2500. My deel is amper R700. Sommer my hart ok weer getoets, verniet, toe ek die syfers hoor. Ek het nie ‘n hartaanval gekry nie, so hy is nog sterk en gesond. Kan ook nie anders met al die hoendervleis wat ek noodwendig moet eet nie. Die vleisboere begin nou al glad ‘n duur veldtog om die Ossies weer te probeer oorreed om rooi vleis te eet. Glo goed om 3 keer per week rooi vleis te eet. Dit kon ek hulle ook vertel het.

Saterdag aand toe vier ons mos ‘n 30 ste verjaardag. Met wat? Hoender en dood gekookte vark. Daai vark het nie ‘n kans om nog ‘n bietjie te skrou nie, hy is soos ‘n dooie stuk hout, dood gekook. Ek eet ook deesdae mos net soos ‘n vegetariër. Net groentes en dan kry ek net ‘n reukie van die vleisies. My cholesterol moet laag wees want my bloed begin al groen te vertoon van al die bladgroen. Ek dink nou net aan iets.

Hoekom is Marsmannetjies se bloed altyd groen in die flieks?

Want hulle eet nie vleis nie.

Ek het my potjie saam gebring. Het hom al ‘n keer of wat aan die gang gekry. Met “heatbeads” as brandstof natuurlik. Skande, maar as jy in Rome is… Elke keer as ek ‘n skaap potjie maak, dan eet die “inlaws” uit. Maar as ek ‘n hoender pot maak, wil al wat leef en beef saam gesels. Deesdae span ek die “slowcooker” ook gereeld in, wonderlike uitvindsel. As die lot my kwaad maak, en dit gebeur gereeld, kry hulle skaap potjie. Ek kos hulle baie geld want dan moet hulle gaan uiteet. Ek en vroulief eet dan so 3 of 4 keer aan my skaap pot. As ek hulle weer laaik, dan kry hulle hoender pot en hulle spaar geld, want ek betaal.

Iemand vra nou die dag waar my naam van “Jan Stoof” vandaan kom? Sorry vir die wat die storie ken maar daar is baie wat hom nie ken nie.

Jare gelede koop my pa, op ‘n veiling, ‘n stoof vir my broer wat op Letsitele gebly het. Ek moes die stoof aanry want skoonsus sukkel met ‘n ou stoof. Een Vrydag middag loop ek en Annatjie vroeg weg van die werk af en ons slaat die pad na Letsitele, stoof agterop. Omdat dit vêr is en ek voor donker daar wil kom, gooi ek kole vir ‘n vale. Net toe al die perde van my Vet 6 mooi op dreef is en hulle lekker hol, slaat die moeilikheid my. Net buite Pretoria, op Bon Accord, gaan ek deur ‘n slaggat. In my haas om weg te kom en voor Hammanskraal se verkeer te wees, het ek nooit die stoof vasgemaak nie. Toe ek in die tru spieëltjie kyk, styg daai stoof op. Toe hy bokant die kajuitkap uit kom, skep die wind hom. Daai stoof summersault (tuimel, vir die taal puriste) ‘n paar keer voordat hy op die teerpad te lande kom. Hy bars soos ‘n vrot tamatie in stukke. Daar was ‘n motor agter my, maar hy was gelukkig wakker geskrik toe ek so met ‘n krag by hom verby gegaan het, ‘n minuut of wat gelede. Hy dodge daai stoof asof hy rally ry.

Ek gooi ankers uit, spring uit en hol terug om die stukke uit die pad te kry. Terwyl hy by my verby kom, sien ek hoe sy mond die woorde vorm, “lekker jou blik… skottel”

Om ‘n lang storie kort te maak. Ek laai toe daai stukke op om vir skoonsus te gaan wys. Ek moes toe vir hulle ‘n ander stoof koop. Maandag by die werk vertel ek die storie vir my kollegas. Een doop my toe summier “Jan Stoof” Ek het vir jare by die Stadsraad gewerk en baie mense het gedink my van is “Stoof” Iemand het my selfs gevra of ek vir Jan Stoof ken. ‘n Ander perd wou my aankla omdat ek hom dan kwansuis nie goed behandel het nie. Hy skryf toe ‘n brief aan die destydse Stadsklerk, waarin hy Jan Stoof aankla. Hulle het lank na my gesoek want die personeel rekords het nie so iemand gehad nie. Toe hy my uiteindelik sien, sê die Stadsklerk vir my dat hy nooit geweet dat my van, Van der Merwe is nie. Gelukkig was ek reg vir die aanklaer en almal beskou dit toe as ‘n Van der Merwe grap.

Laat ek vir julle vertel, weerlig slaan twee keer op dieselfde plek. Gister toe kry ek ‘n oproep om twee verwarming stelsel goeters op te gaan laai. Toe ek hulle sien, toe weet ek hier is potensionele moeilikheid. Hulle is op wieletjies en wil met weghol. Maar ek was reg vir hulle. Het mos ‘n tou as standaard courier toerusting in my stasiewa. Ek en ‘n ander perd maak vas vir ‘n vale. Nou, touknoop was nog nooit een van my beste vakke in die Voortrekkers nie. En, die keer het my Vet 6 dubbel soveel perde onder die kap as jare gelede. Ek cruise nog so lekker toe die moelikheid weer sy kop uitsteek. Op ‘n keer moes ek toe weer kole gooi om ‘n “gap” in die verkeer te slaat. As jy die wa van my se perde wakker maak deur die lepel vinnig in te trap, druk hy vir jou vas in die sitplek. Die gevolg is dat die twee apparate beur om los te kom. Erens moes ‘n knoop skiet gegee het, want die volgende oomblik kom daai twee vorentoe gehol om van hulle te laat hoor toe ek weer ankers uit gooi. Gelukkig kon hulle nie verder as die twee voorste sitplekke hol nie.

Nou vra ek julle? Kan ‘n donkie sy kop twee keer stamp? Nee man, dit is plainweg net bleddie onnoselheid.

Groetnis tot ‘n volgende keer.

Link to comment
Share on other sites

Ek het dit nou so geniet. Ek en Jaco het so pas besluit jy moet elke dag ietsie skryf. Teen die einde van die jaar het jy 365 stukke wat jy in 'n boek kan publiseer - noem dit sommer "Jan Stoof se Auskapades"

Jy maak ons dag sommer helderder :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Shoe Jan, jy kan darem 'n lekker storie vertel, ek geniet jou beskrywings, regtig fantasties....ek stem oor die boek....ek sal sommer nou een bestel!

Link to comment
Share on other sites

Jan, jy is salf vir 'n stukkende siel. DANKIE! :cry:

(Moet nou nie vir Annatjie loop vertel dat ek jou gedruk het nie, hoor!) :D

Die boek-idee is great. Die titel is ook onverbeterlik. Plaas maar my bestelling.

Ek vra net mooi: moet asb nie self die ding aanmekaar sit nie. Met een vingertjie gaan dit 'n ewigheid vat! ;)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...