Jump to content

Bremmer bay vakansie


legrange

Recommended Posts

Ons bly op ‘n plaas paar km van Albany af en dit is ‘n wonderlike boere gemeenskap. Hier is nie baie Suid-Afrikaaners tussen ons nie maar ons kuier lekker saam die Aussies.

Ons het vakansie gaan hou saam 2 Aussie gesinne in Bremmer bay. Lieflik! Bremmer bay is ‘n baie klein dorpie teen die suidkus. Maar in die Desember vakansie oorstroop die dorpie van vakansiegangers. Dit is nou ‘n regte BCF vakansie. 4x4 uit die boonste rakke, genoeg plek om vis te vang, lekker golwe om te surf en die mooiste plekke om te snorkel.

Ons het die baas so ou karavaan geleen, hom bietjie gewas en gefix en stadig die pad af gevat see toe. Is net 150km, so dit was nie ‘n lang pad nie. Die ipod is in en ons luister na Nicholis Louw, Boby van Jaarsveld, MoniQue, Lianie May ens. Die kinders kyk DVD met oorfone en kla so nou en dan oor die musiek wat te hard is.

Hoe nader ons aan die kus kom hoe groener word dit en het meer bossies as gras, amper soos die kaap. Ek jik om my nessie te skrop myself goed sonbrandroom te smeer en dan alles gaan verken. Al die herrineringe van oos-transvaal se vakansie oorde kom weer terug en Cornelis moet maar maak of hy luister oor hou oulik Swadini, Blydepoor, Aan-de-Vliet en al die ander plekkies was.

Australië se karavaanparke is nie baie mooi nie maar goed ingerig en die kinders is mal daaroor. Ons kry die karavaanpark baie maklik en kry ‘n staanplek by die swembad . Nelis kry die karavaan mooi in getrek. Alles moet mos presies wees! Ons slaan die tent langsaan op en pak alle uit en reg.

Saaligheid. Hoë bome groen gras en die weer is perfek. Ons groet gou ons vriende wat al ‘n week uitkamp en wil net nou by die see uitkom. Pak die handoeke, sonbrandroom, surfborde en duikbrille. Hoekom al die kinders met duik brille swem maak nie sin nie. As kinders het ons goed sonder brille klaar gekom. Ons is oppad na die strand.

Lekker golwe, wit sand en blou water. Mense maar nou is dit tyd vir lyf natmaak. Brrrrrrr die water is koud veral as daai golf jou so bietjie ontydig slaan en jou droë bolyf word sop nat. Gou is daai koud verby en swem ons lekker. Daar is baie mense in die water want die windjie is maar koud, so is beter om in die water te bly. Die sonnetjie het ook al gaan lê.

Terug by die kamp is almal pootuit. Die hele karavaanpark is rustig, net die badkamer is so bedruiwig soos ‘ n meisies koshuis sin voor ‘n sokkie. Staan tou voor die badkamer en hoor hoe die kinders kla want die mamma’s skrop hulle bietjie hard. So in die wag kuier jy met die vreemdeling wat saam jou wag en gesels oor die weer en jou kinders.

Die kinders kon nie wag om te gaan slap nie. So hulle is in die bed en ons sit saam met die Aussies om die vuur en praat oor die plaas en sy dinge. Maak vir hulle elkeen ‘n springbokkie en sluk hom weg. Leer hulle om eish te sê.

Ons word die oggend wakker met die bedrywighede in die kamp. Is 7:00am so ons het lekker geslaap. Die Bure se dogtertjies kom sê more en vra met mooi groot oogies of hulle Milo kan kry. Kinders mag mos nie koffie kry nie. So sit die vier dogtertjies in ‘n ry en drink Milo, praat oot Justin Bieber en zhu zhu pets se guinea pigs. Sulke oulike kinder en oor paar jaar is daar kat gevegte op facebook.

Ons ry met ‘n 4x4 padjie na ‘n strand. Ons het sommer ‘n ou 4x4 wat lieflik deur die haal geslaan is. Ons het hom vir ‘n appel en ‘n ui gekoop. Net reg vir die Aussie 4x4 roetes. Nou vir die wat nie weet nie. Die Aussie voertuig is vir hulle ‘n ding wat hulle van punt A na punt B toe vat. Wat ek nou eintlik bedoel is dat hulle nou nie omgee as die kar ‘n krappie, duikie of bietjie beskadig word nie. So as jy strand toe ry op ‘n sanderige bos padjie dan gaan jou kar krap. Maar jy sien die mooiste strande so.

Ons ry nog deur die bosse toe is ons op die strand. WOW! is dit nie wonderlik nie. Daar is dolfyne in die glowe en hulle speel, klap die stert op die water . Ons parker die bakkies langsmekaar , slip slop slap die kids en hulle is in die water. Vir die wat nog in Suid-Afrika is. Slip(glip) in ‘n lanmou hemp, Slop (tjorts) klomp sonblok op jou lyf, Slap (slaan) ‘n hoed op jou kop. Dan is jy beskermd teen die son.

Middig ete is sand toebroodtjies. As jy saggies kou kom mens dit nie agter nie. Die mans duik vir ons perlemoen uit vir aand ete. Snorkel so bietjie terwyl die kinders sandkastele bou en daar het die dag ook sy gat gesien.

So gaan dit vir ‘n week en 2 dae. Elke dag gaan ons na ‘n ander stand toe en elke dag is die plek vir my weer beeldskoon.

Ons het nie een keer ons karavaan by die park gesluit nie. Ons het nie eenkeer hare droog geblaas en gesiggies geverf nie.

Was moeilik om op te pak en weer huis toe te gaan. Maar Bremmer bay sien ons gou weer.

post-7468-1296722676.jpg

Link to comment
Share on other sites

Wow, nou wil ek ook gaan. Dankie dat jy die tyd gevat het om alles neer te skryf.

Link to comment
Share on other sites

Jou vakansie klink wonderlik. Ons is wil ook weg gaan later in die jaar. Net 'n paar vrae as jy gee nie om nie. Wat was die tariewe vir die karavaan park? Was dit 'n duur vakansie? En dan jy sê dat die karavaan park was nie baie lekker nie. Hoekom was dit nie lekker nie? En die laaste vraag: is Bremmer Bay geskik vir mense wat nie 'n 4 x 4 het nie?

Link to comment
Share on other sites

Australië se karavaanparke is nie baie mooi nie maar goed ingerig en die kinders is mal daaroor.

Jordy, hy het nie gese die karavaanpark was nie lekker nie. Hy se die karavaanpark gaan nie juis pryse wen vir mooi nie, maar het alles wat jy soek.

Link to comment
Share on other sites

Jou vakansie klink wonderlik. Ons is wil ook weg gaan later in die jaar. Net 'n paar vrae as jy gee nie om nie. Wat was die tariewe vir die karavaan park? Was dit 'n duur vakansie? En dan jy sê dat die karavaan park was nie baie lekker nie. Hoekom was dit nie lekker nie? En die laaste vraag: is Bremmer Bay geskik vir mense wat nie 'n 4 x 4 het nie?
Jordy, hy het nie gese die karavaanpark was nie lekker nie. Hy se die karavaanpark gaan nie juis pryse wen vir mooi nie, maar het alles wat jy soek.

Ja die karavaanpark is baie lekker.

Die staanplekke met krag was $60,00 per nag vir 4 van ons. Dit was nou mooi in "Peak" tyd. As jy die meeste van jou kos saam vat en jou drank, is dit nie 'n duur vakansie nie. Mens spandeer die meeste van jou tyd op die strand. Daar is 'n pub wat baie lekker kos maak maar is baie duur. Daar is 3 mooi strande wat mens kan beryk sonder 'n 4x4. Dan is daar 'n groot rivier wat in die see loop. Mens kan roeiboodjies huur en daarop gaan roei. Die dorpie is baie klein. Mens moet van die see hou om die plek te geniet.

Link to comment
Share on other sites

Ag, man ek is so jaloers. Ek kyk by die venster uit, die wind waai en dit reen. Op die oomblik is dit 3grade en dan lees ek so storie. Ek sal sommer in trane uitbars hier by die werk! :)

Al waaraan ek kan dink is dat dit nie vir ewig gaan wees voor ek ook daar sal wees nie!

Bly julle het dit geniet, klink na 'n droom!

Link to comment
Share on other sites

  • 7 months later...

Kyk ne die storie was nou sowaar lekker om te lees.

Ek is n rukkie all in Aus en geniet dit vreeslik! Ons het hierna toe getrek vir die vryheid waarvan jy praat en dit is sooo lekker om so dinge to kan doen.

Lekker vakansie hou pel.

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...