Jump to content

Sommer net nonsense op 2 Februarie 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 2 Februarie 2007

Noudat ek weer ‘n werkende man is, kry ek nie juis kans om te skryf nie. Dit is mos julle almal se verskoning. Dit is nou Vrydagaand en ek maak tyd. Annatjie is fliek toe. Ek wou nie saam gaan nie want ek sit die hele dag op my alie en dryf. Daai 2 ure in die fliek maak my klaar. Hier by die huis kan ek darem opstaan en rondloop as ek wil.

Wat ek eintlik wil vertel, is van my ervaringe wat ek die week gehad het met die dryf saam. Ek deurkruis die stad elke dag met so ‘n gemiddeld van 250 kilo’s per dag. Ek ry van spelde tot olifante rond. Hulle moet net kan inpas, dan gaat ek. Ek tel iets op by ‘n plek en neem dit dan na sy bestemming. Ek word betaal vir die kilos tussen bestemmings. Ek ontmoet gawes, onbeskofte, mooies, lelikkes van alle kulture en kleure onder die son.

So word ek na ‘n chinaman se klerefabriek toe gestuur om ‘n klomp rokke te gaan oplaai. Oor die radio sê hulle net vir jou jy moet soveel pakkies gaan oplaai. Jy weet nooit eintlik wat jy gaan oplaai of waarheen jy gaan nie. Nogal interessant. In elk geval ek laai toe my wa vol rokke en daar gaat ek. My bestemming was in Glen Osmond na ‘n private adres. Nou, Glen Osmond lyk omtrent soos Waterkloof in Pretoria. Die rykes bly daar. Daar gekom sien ek die 3 vlak huis wat so teen die berg gebou is. Ek worry eers dat my wa nie bo gaan kom nie, maar hy maak dit toe. Hy moes, want ek het nie kans gesien om daai klomp rokke met die voet daar bo te besorg nie. Bo gekom, klim ek uit en sien die mooiste gesig waaraan jy kan dink. Die huis kyk oor die hele Adelaide Metropool uit en jy kan verste uithoeke sien. Ek hoor later dat die huis ‘n ruk gelede so omtrent vir R20 miljoen verkoop is. Die hele onderste vlak is van glas en jy kyk regdeur die huis. As jy daar onder in die straat staan dan sien jy net rokke hang waar jy kyk. Drie vlakke vol. Dit is ‘n modehuis waar hulle klere ontwerp en verander en laat maak na jou smaak. Ek klop toe aan die deurskynende deur. Later toe sien ek die weggesteekte knoppie en lui hom. Nou die van julle wat gereelde teekamer besoekers was, sal onthou dat ek ‘n paar jaar gelede een oggend gesê het dat ek my vrou gaan los en die jong tennis speelster kat wat toe op Wimbledon speel, wil aankeer. Annatjie het my nogal toestemming gegee om die jonge Sharapova te probeer aankeer. Nooit reg gekom nie, sien, ek wou eers aan my gewig werk.

Sharapova kan gaan slaap. Daar kom toe in die glashuis, met die trappe af, die mooiste vroumens wat ek in jare gesien het. Toe sy die voordeur oop maak kon ek nie ‘n woord uitkry nie. Nie in Engels, of Afrikaans kan ek ‘n woord sprak. My mond moes seker soos ‘n vis oop en toe gegaan het. Sy sien toe ek gaan nie gepraat gekry nie en stap by my verby na my wa toe en sê “O het my klere gekom” Op Ingels natuurlik. Ek knik maar net my kop en begin die vrag uit te laai. So met die aflaaiery kom my spraak terug. Ek komplimenteer haar met die pragtige uitsig en ons begin oor koeitjies en kalfies te gesels. Julle ken my mos, as ek eers op dreef kom, kan ek praat. Vergeet skoon dat ek net moet aflaai en dan weer moet vort na die volgende punt toe. Tyd is geld. Die heel tyd hou ek my maag in want ‘n ou het mos jou trots en ydelheid. Later toe ontspan ek en my pens is terug na sy gewone vorm. Ongelukkig bied sy toe nie koffie aan nie, maar gee aan my ‘n pakkie wat ek by haar sussie se boetiek in die stad moet gaan aflaai. Ek is toe daar weg met die belofte aan myself dat ek alle trips soontoe vir myself gaan reël.

Ek haat dit om ‘n pakkie in die stad te gaan afgee. Daar is nooit parkering nie en jy moet kilos loop om by jou bestemming uit te kom. Loop toe na sussie se boetiek toe. Toe ek daar instap, toe kry ek ‘n hartaanval. As glashuis se vrou mooi was, is boetiek sussie beeldskoon. Ek herken haar van die TV af. Ek dink sy was al Mej Suid Oz en dalk Mej Australia. Boys, jy sien sulke tannies net op kalenders en in flieks.

Nou, wat ek eintlik vir julle wil sê is. Ek laaik my job kwaai. Waar kom jy sulke katte tee as jy padbou, hê? My rug is af en my alie complain. Maar die perks maak op daarvoor. Kan nie wag vir die volgende trip na Glen Osmond toe nie. (Annatjie gaan natuurlik saam, want ek wil haar die uitsig wys) Groetnis.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Jan :blush:

Ek het nou lekker gesit en giggle vir jou verhaal. ...Ek kan dit net PICTURE!

Dankie dat jy jou ervaringe met ons almal deel! Dis baie lekker om dit te lees en so tussen die lyne meer te leer van Adelaide.

(PS: laat weet ons asb van enige hiper-oulike asemrowende mans wat jy teëkom - ek weet jy kyk nou nie op dieselfde manier as ons girls na die manlike geslag nie, maar humour ons en let asb 'n bietjie op...doen dit vir die forum!) :ilikeit::ilikeit::P

Sien uit na jou volgende verhaal!

Geniet intussen die uitsig (en die onverwagte perks) in Glen Osmond... en natuurlik die boetiek. :(

Groete tot later

Liza

Link to comment
Share on other sites

Ai Jan Stoof, jy is regtig 'n man wat weet wat om met woorde te doen! Ek het lanklaas so lekker gelag!

Link to comment
Share on other sites

Puik.

Ook maar goed dat Annetjie saam gaan :-)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...